Serfontein reageer oor “motorfietse” durf waag om aan moord-optogte deel te neem en is myns insies behep met sy eie posisie as “megaboer”. Ondermeer is hy deel van die advieskomitee van Ramaphosa oor grondhervorming en -onteiening. Dit wil voorkom of hierdie “megaboer” die hele monopolie van landbou wil behartig. So ‘n tipe “hoofseun” oor miljoene en kan verseker gevra word, hoeveel van diegene wat by hom direk koop besit en ry motorfietse, wat hul enigste vervoer is? Motorfietse is nie ‘n minderwaardige vervoermiddel nie en nog minder spreek ‘n motorfiets wat presies daardie persoon se edel beroep is. Wie is die megaboer om neerhalend en ietwat snobisties praat. Het sy besigheid om ‘n megaboer te wees uit die blou lug op hom neergedaal? Eens het hy onder op die trapleer begin – megaboere en ander besighede begin nie van bo af nie, behalwe as hul hulself ryk steel of erf.
*
Deur harde werk en deursettingsvermoë begin enige besigheid van onder af groei – om te boer is ook ‘n besigheid. Dit geld vir diegene wat voertuie, trokke en motorfietse bestuur. Verseker gebruik boere ook motorfietse, nes enige ander besigheid.
Megaboere – nie alle Boere het ryk ge-erf nie. Wat maak ‘n Megaboer beter as ‘n ander Boer of iemand wat ‘n motorfiets bestuur. Megaboere kan gerus van hul troontjies afklim as almal soos die man redeneer. Kaal het jy die wêreld ingekom en kaal gaan jy uit. Niks word saamgeneem om mee te spog nie.
>
Die joernaliste beskou dit nou as goeie werk … WAT is so goed daaraan om ‘n motorfietsryer te beledig – en as die megaboer hom vergewis het van feite oor die rooi in Senekal die afgelope 5 jaar, sal hy liefs maar stilgebly het. Alles wat mense bymekaarmaak sal ook tot ‘n einde kom.
Die onsinnige konfrontasie tussen kakie en rooi in Senekal het die goeie werk van die régte … Die bikers is nie boere nie, wat soek hulle daar?
>
Serfontein
>
Daar word geskryf –
Daar is geen plek vir middelmanne in die boerdery en landboubesighede wat deur die Suid-Afrikaanse Boer van die Jaar vir 2019, mnr. Nick Serfontein van Edenville in die Noord-Vrystaat, opgebou is nie. Daarom dek sy Sernick-groep die hele waardeketting – van die veld tot die vurk.
Die Bonsmara-boer Nick Serfontein van Edenville in die Vrystaat duld geen middelman nie, maar benut self die hele waardeketting – van die veld tot in die slaghuis – om sy winsgrens
te vergroot én volle beheer oor gehalte te kry. Só het hy binne 30 jaar sy beskeie boerdery tot ’n omvattende onderneming met ’n omset van sowat R1 miljard uitgebrei.
In 2014 verskyn ‘n artikel oor sy boerdery van 30 verse op 250 ha grond uitgebrei het tot 13 plase van 5 000 ha. Dié voormalige ingenieur het gou besef ’n waardeketting is noodsaaklik vir ’n beesboer se oorlewing en groei. Sedert 2002 spits hy hom toe op die uitbreiding daarvan. Vandag werk sowat 380 mense vir die onderneming wat bestaan uit:
■ ’n Bonsmara-stoetery van 500 koeie.
■ ’n Voerkraal vir 8 000 beeste.
■ ’n Toetsstasie vir 600 bulle per jaar.
■ ’n Voerfabriek met ’n vermoë van 72 000 ton per jaar. Hy gebruik self 2 000 ton voer per maand en verkoop 4 000 ton. Die voerkraal, toetsstasie en voerfabriek is alles op sy woonplaas.
■ ’n Slagplaas en ontbening-en-verwerkingsaanleg op die nabygeleë Kroonstad waar 5 000 beeste per jaar (250 per dag) geslag word. Alles is nie sy eie beeste nie, maar hy koop ook slagbeeste by ander boere en voerkrale. Bulle wat in die toetsstasie afgekeur word, word ook daar geslag.
■ Groothandelverkope teen ’n tempo van 200 karkasse per dag.
■ Vier slaghuise waar die oorblywende 50 karkasse per dag in verwerkte vorm bemark word.
lees meer:
Click to access POST-41-LINK-READ-MORE-min.pdf
>
*
Meer Agtergrond – BACKGROUND
*
January 2020
https://www.foodformzansi.co.za/black-farmers-to-get-a-stake-in-the-sernick-group/
>
Nick Serfontein – Landbouskrywers SA Boer van die Jaar 2019
Nick Serfontein is die voorsitter van die Sernick-groep, ’n diverse landbou-onderneming wat die hele waardeketting van hulle produkte besit, van die plaashek tot op die vebruikers se bord. Die Sernick-groep se sake-afdelings is by Edenville en Kroonstad in die Vrystaat, en die onderneming bestaan onder meer uit ’n Bonsmarastoetery, ’n voerfabriek, ’n voerkraal en ontbeningsfasiliteit. met hulle abattoir en deli wat op Kroonstad bedryf word.
Die groep verskaf werk aan 615 mense en die ekonomiese impak van hulle bedrywighede word op sowat R2, 37 miljard per jaar geskat. Serfontein het ook gedien op pres. Cyril Ramaphosa se adviespaneel vir grondhervorming.
Nick Serfontein van die Vrystaat is aangewys as die Boer van die Jaar, Buks Nel van die Wes-Kaap is die Landboukundige van die Jaar en Dirk Louw van die Noord-Kaap is die Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou van die Jaar.
Liza Bohlmann, nasionale voorsitter van die assosiasie, het tydens die glansgeleentheid op 15 November in Pretoria waar die wenners aangewys is, gesê sonder ’n florerende landboubedryf wat ’n integrale deel van ons ekonomie vorm sou ons nie as ’n samelewing of ’n land met beleggingswaarde kon funksioneer nie.
“Vanaand is egter meer as bloot net ’n viering van uitnemendheid. Dit erken ook die belangrike rol wat landbou in elke mens se lewe vervul. Ons oorlewing as ’n spesie hang af van die kundigheid, durf en vasberadenheid van ons groot en klein boere sowel as hulle plaaswerkers om in die bedryf te bly en dit suksesvol te vermag.
“Ons erken ook die rol van die mans en dames wat genomineer is as landboukundiges van die jaar. Met hulle ondersteuning kan die stryd om oorlewing voortgaan.
“Dit is ons lede se voorreg om verslag te kan doen oor die helde van landbou.”
>
Dirk Louw – Landbouskrywers SA Nuwe Toetreder tot Komersiele Landbou 2019
Dirk Louw bedryf sy boerdery-onderneming, Silver Moon Investments, in die distrik Groblershoop. Hy is verlede jaar as Raisins SA se Opkomende Boer van die Jaar aangewys.
Louw boer tans op 68 ha, waarvan hy 21 ha huur. Dit bestaan uit 30 ha droogdruifwingerd, 1 ha wyndruifwingerd, 24 ha pekanneutbome en 14 ha wisselbougewasse. Hy hou ook Dorpers en Meatmasters aan. Rosyne is die sterkste vertakking van die boerdery, en Louw het vanjaar ’n rekordoes van meer as 200 ton gehad. Die meeste daarvan word na die Midde-Ooste uitgevoer.
Buks Nel – Landbouskrywers SA Landboukundige van die Jaar 2019
Hoewel Buks ’n bedryfs en internasionale erkende kundige van geïntegreerde pesbeheer is, het hy hom toegespits op die ontwikkeling van nuwe en verbeterde kultivars by Tru-Cape.
Hy is tans die nuwe varieteit spesialis by Tru-Cape, waar hy sedert die maatskappy se stiting in 2001 werksaam is.
Na baie jare se loop deur boorde het Buks ook die planttelingsregte vir die verbeterde Gala, Fuji, Bigbucks en Fuji Royal appelvariteite ontvang.
Te midde van sy strew ena dit wat nuut is, het hy ook ’n reusebydrae gemaak om ou appel en peer variteite te behou. Hy (en sy kollega Henk Griessel) het onder meer gehelp om die eerste appel wat in die Kaap gepluk is te vind.
MEDIATOEKENNINGS
Lede van Landbouskrywers SA is ook tydens die geleentheid vereer vir hulle rol en bydrae om kwessies en sake van belang aan die landbousektor te kommunikeer.
Die wenners in die onderskeie kompetisies is:
CropLife SA Gewasbeskermings-artikel toekenning:
Lloyd Philips
FNB Kommunikeerder van die Jaar toekenning:
1. Werner Scholtz
2. Lloyd Philips
3. Charl van Rooyen
BKB Fotokompetisie:
Landboufotograaf van die Jaar: Charl van Rooyen
Landboufoto van die Jaar: Johan Norval
Bayer Tegniese-artikel toekenning:
1. Petru Fourie
2. Lindi Botha
3. Ursula Human
Santam Landbou Boer van die Jaar beste blootstelling toekenning:
Johan van der Merwe
2019 wenners van die Landbouskrywers SA se Boer, Landboukundige en Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou van die Jaar toekennings