VF+ en Afriforum

Nou waar is ons Selfbeskikking wat al van 1994 op die tafel was – Corne Mulder van die VF+ ontwyk vrae oor selfbeskikking en speel skaak met ‘n duif wat heeldag “poepies” los.   Sy bril is verseker toegewasem van alleen wees met die skaakmat want die duif het hom uitoorlê.       Kortliks:  Die VF was gestig vir vir ons blanke Afrikaner en Boere se selfbeskikking.   Nou is VF  multi-kultuur.   Beide die bekende bestuur van VF+ was grondwetskrywers vir FW de Klerk – SAKP – ANC, wat ons menseregte sedertdien geskend het.   Artikels soos 235 het hul aan die hakskene kom byt en die onteiening met kompensasie het in hul gesigte ontplof.   VF+ is te lig bevind en het ander pad verkies om te loop, weg van diegene (Afrikaners en Boere) wat selfbeskikking soek.   Oor ander wat “selfstandig” wil bou, het geen waarborge nie, aangesien alles wat “selfstandig” gebou word, onderhewig is aan die liberaal verligte grondwet van fw de klerk, wat albei hierdie party en forums steun.

Image may contain: 1 person

Afriforum – Verwoerdbeleid

***

Niemand hoef hulle in ‘n ander se skoene te plaas nie, want die ander plaas ook nie hulle in ons skoene as daar swart bemagtiging toegepas word nie.  Al wat deesdae aan die klok gehang word, is misdaad, moorde en al die korrupsie – en finansies is so groot wat gesteel word en niemand word vasgevat nie – so moet ons nou onsself in daardie korruptes se skoene plaas?  Of in die studente wat skole en universiteite afbrand – regtig, wie se skoene is dit regtig?  Wat van al die Trustgebiede en CPA’s wat  met finansiële bystand uitgedeel word – kan ons onsself in daardie se skoene plaas wat miljoene ontvang?

Image may contain: one or more people, basketball court and text

***

Dit handel oor  Afriforum se toespraak in die parlement en ook oor ‘n dokumentêr gemaak oor “apartheid”.   En lees mens alles oor dit wat dr H F Verwoerd kwansuis sou gedoen, alles behalwe wat hy in werklikheid gesê het oor Tuislande, word ‘n spul leuens verkondig.  Verwoerd het die gebiede ge-erf in 1961 – dit was  RESERVATE genoem wat swartes self in 1840-1854 begin skep het saam die Britse annekseerder van grondgebiede en myne.  Dus, hoe kon Verwoerd daarvoor verantwoordelik gewees het, as dit reeds bestaan het.

Wie kan nog die Inligtingskandaal onthou?  Moenie ‘n emmer daaroor plaas nie.

Image may contain: 4 people, text

***

Corne moet maar verduidelik oor die “siekte” want is hy ‘n mediese of sielkundige dat hy siektes uitsprake kan maak?

Image may contain: 4 people, text

***

Corne was nog nooit ‘n vegter vir die Afrikaner en Boere se behoud om Selfbeskikking of Volkstaat te verkry nie.

Lui die Volkstaatraad ‘n klokkie en wat het van daardie finale verslag se aanbevelings geword oor gebiede waartoe ons ‘n reg het om ‘n provinsie te verkry met die oog op selfbeskikking.

Daar was 20 Volkstaatraadslede en van hulle het nie die bepalings nagekom in die Akkoord dat hulle Volkstaat en Selfbeskikking moet steun nie.   Hoekom het van hierdie 20 lede dan afgewyk van die Akkoord se bepalinge en is daar gefokus op ‘n plasie daar êrens waar niks is nie.

Wie het hierdie name deurgegee wat ons selfbeskikking moes “boikot” en gekelder?

Image may contain: one or more people

***

FRONT NASIONAAL SE ARTIKEL OOR DIE BERIG

DÌS PRAGMATIESE “GESIG KOOP” OP SY SKANDALIGSTE
Front Nasionaal SA

Front Nasionaal is werklik geskok deur die neerhalende wyse waarop Corné Mulder van die VF+ verwys na Ernst Roets in ‘n onderhoud met Hanlie Retief in Rapport vanoggend.

Front Nasionaal is erg verkwalik deur die VF+ toe ons daarop gewys het dat hulle doodstil bly sit het en nie ‘n woord ter ondersteuning van Ernst Roets gesê het toe hy die Afrikanersaak voor die grondonteieningsvergadering by die Parlement gaan stel het nie. Daar is hy liederlik beledig en uitgeskel en niemand het hom ondersteun nie. Die ou VF+ gesanik oor hoe hulle”buite konteks” aangehaal word en “prosedure wat gevolg moet word” is opgehaal as flou verskoning vir hulle swye.

Nou kom die waarheid uit. Corné Mulder beskou die een man wat gedurende die hele proses opgestaan en hard en reguit gepraat het, dit wat die VF+ moes gedoen het, as ‘n “plakkaatknaap” en sê hy ly aan dieselfde siekte as Malema en Mngxitama!

Dis veragtelik dat jy jou eie mense só vir die wolwe gooi ter wille van stemme.

Front Nasionaal verskil ook van Afriforum oor ‘n paar kwessies, maar om een van ons volksgenote met ‘n kommunis, terroris en aanhitser soos ‘n Malema of ‘n Mngxitama te vergelyk is ‘n siek politieke laagtepunt waarvoor daar geen regverdiging bestaan nie.

Wat nou verder?

Ons hoop die blanke kieser besef blitsig dat die VF+ hom vinniger uitverkoop vir eie belang as wat De Klerk gedoen het. En ons hoop die bruin kieser besef dat die VF+ hom probeer gebruik vir stemme om hulle eie posisies te probeer red.

En ons hoop regtig nie Corné en sy kindergarten kom weer hier aan met hulle holruggeryde: “Julle verstaan nie die konteks nie. Om met FN te debateer is soosskaakspeel met ‘n duif. Sien julle by die stembus.”

Hy kan regtig eerder probeer verduidelik wat hy hier probeer doen het deur sy visier op’n mede-Afrikaner te stel!

***

Front Nasionaal

https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

***

Opinie

Stem saam met Front Nasionaal se berig wat geplaas word in ‘n sekere mate. Daar is egter inligting wat ontbreek en kan mens ook eie gevolgtrekkings maak.   

KLASSIEKE LIBERALES is nie ons koppie tee nie – hulle veg nie voort vir ons oorlewing nie en staan ook nie selfbeskikking voor nie.  Dis wat hulle is, wat ook die “grondwet” steun soos dit aan ons voorgehou word as “demokratiles.  Hulle steun B-BBEE en ook onteiening met kompensasie.

Corne Mulder en Pieter Groenewald is Grondwetskrywers, hul roem daarop dat hulle Artikel 235 ingebring het, maar tog verskil dit wat op die tafel is hemelsbreed met die van die grondwetregters.  Hoedanso?   

Die Grondwetregters met bekragtiging van Grondwet,  het dit duidelik gemaak dat daar geen wet hoef te wees nie en nog minder hoef die ANC of enige ander politieke party, wat ons so meesterlik onderdruk, dit goed te keur nie. 

Dit was ook die uitspraak van die Grondwetregters.  Selfbeskikking is onderhewig aan internasionale reg en verdrae wat deur die ANC onderteken is.   ANC steun Wes-Sahara vir hul selfbeskikking, nes hulle ook ander steun. 

Terloops, sodra daar oor selfbeskikking gepraat word op VF+ se blad word daar geblok.  Niemand mag dit aanroer nie en daar is heelwat inligting oor die Volkstaatraad wat in die lug hang en nooit ten uitvoer gebring is nie.  Dit opsigself is ‘n skandvlek en bewys  weer eens, wat nou hier gebeur het, is nie die eerste maal nie.  Daar is oor die 600000 konserwatiewes wat hulle tenagekom het deur nie Selfbeskikking vorentoe te neem nie.  Omdat hulle belange eerder by die ANC kaders is en salarisse/pensioene.

Die VF was ingestem deur KONSERWATIEWE BLANKES wat vir Selfbeskikking en die Akkoord gestem het – nie vir multi-kulture nie.   Daardie Volkstaatraad was ‘n amptelike liggaam wat met die ANC se goedkeuring plaasgevind het.

Afriforum is in dieselfde mandjie van klassieke liberales.  Dit is saam die IRRSA en as mens na hulle “finansiers” kyk, kom mens by dieselfde spul uit wat die Grondwet van SA sowel die Parlement befonds.  Dit skree teen mekaar.   Dis soos toutrek – ons sit in die middel.

Afriforum skryf ‘n boek wat almal opraap, maar die boek is in Amerika vrygestel onder Cato Instituut. 

Cato Instituut is een van meer as 50 organisasies wat deur George Soros en ook ander kommuniste befonds word wat ons sogenaamde demokratiese Grondwet en Parlement befonds.   

Mense roem dat Afriforum soveel vir ons doen, sowel Solidariteit – wees vry en doen dit met plesier – slaggate regmaak is nie ‘n diens wat hulle vir ons doen nie, dis iets wat hulle vir hul lede doen, wat multi-kultuur is.   Ons betaal reeds vir hierdie paaie se onderhoud, dus hoekom word daar weer fondse voor gevra?

Eskom, SABC en al die ander staatsinstelling is identies, geld geld en korrupsie.

Advertisements

Een gedagte oor “VF+ en Afriforum”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s