Granaat waardes en produksie in SA




*

Die Granaat is uiters voedsaam, gevul met anti-oksidante soos polifenole wat help om oksidatiewe stres te beveg. Die vrug bied talle gesondheidsvoordele, insluitend die bevordering van hartgesondheid, die verhoging van immuniteit, en die ondersteuning van ‘n gesonde spysvertering. Dit bou ‘n gesonde bloeddruk en cholesterolvlakke, wat die risiko van hartsiektes kan verminder. Dit beskik oor anti-inflammatoriese eienskappe wat help om inflammasie regoor die liggaam te verminder. Die hoë vitamien C-inhoud en ander antioksidante help om jou immuunstelsel te versterk. Die vesel in die pitte help om vertering te reguleer en hardlywigheid te voorkom. Dankie aan elke Boer en gesin, al die produk afkomstig van ons wonderlike plase en kleihoewes.



*

DIE BOERDERYE

Indien gifstowwe gebruik word, laat dit ‘n franksmaak in ‘n mens se binnekant. Al lyk produktie hoe aantreklik as dit behandel is met gifstowwe tas dit die mense en diere, asook omgewing, se gesondheid aan. Organies is die beste pad vorentoe. Boere moet ook daarna kyk om plaaslik te verkoop in Boere markte.

Enige boerdery is intensief, hetsy groentes of vrugteboorde. Geen Boer kan net op hul gemakstoele sit en verwag alles gebeur self nie. Geld word nei aan bome gepluk nie. Boerderye is harde werk en bestaan uit verskillende besighede. Hetsy gemengde boerderye of spesialis boerderye, wat soms aan mekaar gekoppel kan word, veral as daar seisoene betrokke is. Groentes het ook korter tye vanaf plant tot oestyd. Groentes en selfs vrugte kan ook help met ander tipes boerderye.

Bye is belangrik soos ander goggas wat help bestuif. Dus, indien daar ‘n tekort aan bye is, help die bye asseblief. Plant mooi blome wat bye lok, daar is heelwat struike wat goed is vir die bye bedryf en hulle sal weer help om die boerderye en hul produkte te verbeter. Dit vertoon soms mooi, die blommeprag so tussen groentes en vrugteboorde. Bye is noodsaaklik vir die Boere se voortbestaan.


Granaatbome is selfbestuiwend, maar daar is wel gevind dat bye of verskillende soorte insekte positiewe bydraes kan lewer om die opbrengs met 15% tot 20% te verhoog. Blomontwikkeling vind plaas gedurende Oktober tot Desember, hetsy deurlopend of in drie tot vier sarsies. Alles hang af van die variasies. Dit kan ook afgewissel word met ander vrugtebome, groentes en ander tipe boerderye – let op na seisoene, veral vir die besigheid se voortbestaan.

Die ideale planttyd van granaatbome wissel van Julie tot Augustus. In die Suidelike Halfrond skakel die bome gedurende September tot Desember om van vegetatiewe na reproduktiewe groei. Dié vrug is tipies van Februarie tot einde Maart in seisoen. ’n Klein opbrengs van ongeveer 2 t/ha is reeds moontlik in die tweede jaar nadat die bome geplant is, maar dit neem tot ses jaar voordat die bome hul volle kapasiteit van tot 30 t/ha bereik.

Daar is twee tipes blomme: Hermafrodities en manlik. Die hermafroditiese vrugdraende blomme kan uitgeken word aan hul voller, meer afgeronde basis, wat ietwat klokvormig lyk. Die meerderheid manlike blomme, wat nie vrugte dra nie, sal nouer en meer vaasvormig vertoon en sal afval omdat daar nie vrugte gevorm word nie. Granaatbome is ‘n baie sterk boerderygewas.


Daar word vermeld dat die Granaatboom ongeveer 650 mm water per jaar benodig. Dit sal wissel van gebied tot gebied. Die waterbehoefte is ’n funksie van die atmosferie­se verdam­pings­behoefte. In gebiede met voldoende besproeiingsgeriewe gedurende die somerseisoen, kan ’n blomperiode gedurende Januarie vrugte van ’n beter gehalte lewer en moontlik meer vrugte oes. Daar moet gefokus word om nie teveel water te gee vir sommige vrugtebome nie, veral somertyd.

Oorbesproeiing het soms ’n groter impak op granate as onderbesproeiing. Dit kan lei tot die verandering van die granaatboom se wortelstelsel en die wortels sal afsterf. Gereelde, maar nie oormatige besproeiing nie, is egter nodig tydens die vestiging van jong boompies. Teveel water, kan lei tot welige vegetatiewe groei, wat aanleiding gee dat die vrugte wat geproduseer word moontlik sagter sal wees, wat die oesgehalte nadelig kan beïnvloed. ’

Dit beteken nie net Groot Boerederye is suksesvol met die plant en verskaf van vrugte, soos die Granaatbome nie Ander vrugte word oral aangeplant in Suid-Afrika, maar daar word soms groot geboer in die volgende streke:

Wes-Kaap (verantwoordelik vir ongeveer 80% van produksie)
Oranjerivier-streek (Prieska en omgewing)
Limpopo
Klein-Karoo (naby Ladismith en Oudtshoorn)
Daar is ook ander gebiede aangeteken wat suksesvol was in die aanplant van die lekker vrug.

Algemene Klimaatsomstandighede

Die Granaatbome is geskik vir semi-droë tot ’n wye verskeidenheid ander klimaatstreke – van subtropiese tot Mediterreense gebiede met koel winters en warm somers. Granate vereis ’n warm en droë klimaat tydens die ontwikkeling en rypwording van vrugte. Humiede klimaatstoestande verlaag die vruggehalte en verhoog die voorkoms van swamsiektes.

Vermy winderige gebiede, omdat die Granaat sensitief is daarvoor. Plant ander gewasse (bome) aan indien dit moontlik is veral in die beplanningstadium. Granaatbome kan ryp verdra, maar jong boompies moet beskerm word. Tot ‘n mate kan die Granaatbome hitte verdra, tot so ongeveer 38°C wat goeie rypwor­ding en ontwikkeling van die vrugte tot die optimale grootte en kleur bevoordeel. Dit is selfs al in die Klein-Karoo met groot sukses uitgetoets.

Daar word gemeld dat ongeveer 600 tot 800 bome per hektaar geplant kan word, met ‘n tipiese spasiëring van minstens 5 meter tussen rye en 2 meter tussen bome. Bome begin gewoonlik in hul derde of vierde jaar vrugte dra. Suid-Afrikaanse granate word as premium produkte internasionaal bemark in die EU, die Verenigde Koninkryk, die Midde-Ooste en Rusland



*

Waarde van die Granaat

https://af.wellgreenherb.com/knowledge/what-is-good-about-pomegranate-seeds

Wees egter versigtig vir al die chemiese stowwe wat in geprosesseerde vrugtesappe voorkom, wat nadelig is vir gesondheid.

https://naturmedscientific.com/af/granaatsap-voordele-vir-jou-gesondheid-en-ander-vrae/

Die BOERE gee wyse raad oor die aanplant en versorging van die granaatbome en boorde. Dit is soms intensief, maar aan die einde lonend om net daardie ekstra tree te loop saam jou besigheid. Boerderye is nie vir sissies nie, dis harde werk.

https://granaatboer.blogspot.com/?m=0

https://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/granate-20180424#:

https://www.nwkarena.co.za/2021/05/18/gesondheid-granate-se-voordele-laat-die-mark-groei/

https://southafrica.co.za/af/oes-en-verwerking-van-granate.html

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/granaatboer-se-bybelse-vrug-blom-in-klein-karoo/

*

Sommige boorde kan ook as beveiliging dien.

Turksvye – Prickley pears

Bromelain – pynappel

Bromelain en ensieme

Carrots – Wortels

Quercetin – immune system

Waatlemoene – Watermelon – Hydroponic

Sonneblomme en ander spesies se krag van genesing

Werkloosheid en swart bemagtiging

Swart bemagtiging onderrokke

Swart bemagtiging is soos boomwortels

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*


*

Lewer kommentaar