*
Die Engelse was nie alleen in gevegte betrokke teen die handjievol BOERE vegters, vroue en kinders in helkampe nie. Hulle is bygestaan deur verskillende ander lande op verskillende terreine. Honderde duisende perde is spesiaal geteel vir die doeleindes vir die Anglo-BOERE oorlog en was alles vooraf beplan en uitgewerk om die perde met stoombote na suidelike Afrika te vervoer. Geen perd kan oornag groei tot volwassenheid nie.

*
Die Boere volk is enig in hul soort en ‘n unieke volk, wat dieselfde regte, plaaslik en internasionaal het as enige ander volk om oor hulself te regeer en besluite te maak. Vandag maak heelwat of die Boere volk nooit bestaan het nie en nog minder ‘n bestaansreg het om hulself te regeer.
Dis mos nie ‘n sonde as hulle weggetrek het onder verdrukking uit nie. Die Boere volk wou destyds nie onder die Britse heerskappy en Afrikaner BOND party in die Kaapkolonie wees en bly nie. Dis hoekom hulle verkies het om te trek om hul doelwit van vryheid en onafhanklikheid te bereik.
Die Boere volk was nog nooit ‘n ryk volk nie en het hul eie kommando stelsel op die been gebring en geveg teen die Britse ryk en bondgenote. Die Boere volk is nie ‘n groot stam of selfs ‘tribe’ of deel van ‘n wispelturige multi-kulturele gemengde reënboognasie of Afrikaners nie. Hulle is ‘n volk op hul eie. Die Boere volk wil net hul vryheid terugkry soos dit hoort met enige ander opset.
Diep in die binneland moes hul weer eens die Engelse en ander bondgenote se magte trotseer op verskillende fronte en is die meer as 15 Boere Republieke betrokke gewees om te veg vir vryheid en waardigheid as Boere volk. Dit was nooit net TWEE Boere republieke wat deelgeneem het om vir Boere volk, vaderland en vryheid te veg nie.
EERSTE ANGLO-BOERE OORLOG
Die Geskiedenis rondom hierdie MAJUBA berg sal altyd ten hemele roep, want dit is in Natalia Boere republiek geleë. Iets wat die Engelse en bondgenote vir altyd sal onthou.
Die eerste Anglo-Boere oorlog was buite die ZAR en Vrystaat geleë en het Boere vegters van oral gekom en Majuba HILL lewendig gemaak, ‘n trots vir ons Boere vegters en vroue wat dit in helkampe – konsentrasiekampe – moes meemaak sonder kos, water en mediese voorrade.
Dit was Britte en bondgenote wat die plaashuise, platteland en ook voedsel vernietig en afgebrand het. Die Helkampe is nie vlugtelingskampe nie, maar die vroue en kinders is opgepas deur die bondgenote se militêre vleuels en euwels. Van die vroue en dogters was verkrag in hierdie proses van aanjaag tussen Boere huise na helkampe.
Hoe sal ons, die nakomelinge regtig weet wat hulle deurgemaak het in daardie tydperk? Die Boere volk wou vry wees, net soos ons nageslagte van die Boere ook wil vry wees. Van die begin af was hul kreatief met die skep van eie gebiede, waar hul Boere republieke uitgeroep en gevestig het. Dit is in die Kaapkolonie begin, maar dit is ook vernietig. Hierdie is alles kultuurskatte wat aan ons, die nageslag en Boere volk agtergelaat is. Dit is iets om op trots te wees en daarop voort te bou, al is dit hoe gering.
Die oorlogsituasies en deelnames, die veldslae, die konsentrasiekampe asook die verskroeide aarde beleid wat die Britte en haar bondgenote op ons voorgeslagte afgedwing het, is alles deel van ons innerlike hartseer om mens te wees, ‘n volk te wees en kultuurskatte wat niemand van ons kan beroof nie, al probeer hulle hoe hard om dit te doen.
*
Wie is die Boere volk?
Daar is soms heelwat verskillende weergawes en persepsies, veral van die Boere generaals en vegters betrokke. Die Boere volk nageslag is nakomelinge vanuit al die 15 Boere republieke. Voorouers het vir Boere republieke, volk en vryheid geveg. Daar is ook heelwat veldslae teenoor hierdie bondgenote, nie net Brittanje nie.
Inderwaarheid ‘n klein wêreldoorlog, as dit so beskryf kan word.
Dis nie die Boere volk wat hierdie bondgenote gaan aanval of hul huise aan die brand steek het nie, dis andersom.
Luister gerus na die rustige mooi stem wat die Boere volk beskryf. Met dank aan Zen Oasis
Boer-wees is nie iets waarin enigiemand grootliks kan nie-identifiseer nie. ‘n Volk het sekere kenmerke en mense wat nie daaraan voldoen nie, is nie deel van daardie volk nie. Daar is heelwat wat soos ons Boere volksgenote lyk en praat, maar hul verskil totaal en al van die volk, omdat hul ‘n multi-kulturele nasie is.
Veelvolkigheid hou daarvan, presies waarvoor dit staan – multi-kulture saamgekoek in een bondel. Bind saam ‘n spul koring, gars, mielie, lusern en wilde gras.
Die Boerevolk het ‘n eie kultuur, geskiedenis, en geografiese herkomsgebiede. Die Boere volk is ‘n unieke, blanke, Afrikaanssprekende volk – nie ‘n stam, “tribe”, ideologie, of kultus nie. Net soos wat ander volke regte het, het die Boere volk dieselfde menseregte, wat vandag steeds in 2024 geskend word om die bevoordeeldes te verryk.
https://www.youtube.com/watch?v=Keo9x7O-OAU
*
Kultuurskatte, museums en -erfenisse, ‘n bestaansreg van die Boere volk
*
Die Britte het verseker verskeie lande asook ander tegnologieë ingespan om die Boere volk uit te ruik en selfs te vernietig.
Die Oorlogsballonne van Engeland
https://www.youtube.com/watch?v=1hQ-elzXJ-g
*
Die ballonne is ingespan in verskeie plekke tydens die Anglo-Boere oorlog. Onder andere is Ladysmith ook gebruik daarvoor om die Boere uit te snuffel, af te loer en hul onkant laat vang.
Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde
Beleg van Ladysmith (Kliprivier)
Mafekeng – 6 Junie 1885
Hoe lank voor hierdie gebeurtenis plaasgevind het, het die Boere dit waargeneem of geweet van die spioene in die lug? Dit was die Britse regering se plan van dag een af om iets te doen, veral in die nag of in gebiede wat hulle weet moeilik ‘waarneembaar sal wees. Hulle wou die Boere verras met sulke tipe van verrassings.
In die middel van Suid-Afrika het hierdie groot gebeurtenis plaasgevind om die eerste oorlogsballon wat ooit ‘n Britse leër in die veld vergesel het, op te stuur. Alhoewel dit so grootliks besig is met die Sudan-veldtog, kyk openbare aandag steeds na ‘n ander Britse ekspedisiemag, wat 1 200 myl in die hartjie van Suid-Afrika binnegedring het, onder sir Charles Warren, wat , grootliks tot sy eer, en ten spyte van pertinente profesieë deur byna alle plaaslike owerhede, sy toegewese taak die meeste suksesvol uitgevoer sonder om ‘n skoot te skiet. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die bewonderenswaardig volledige reëlings in elke afdeling van die mag, want die ekspedisie is ‘n model-een; vandaar die Ballonkorps.
Mafeking
Daar was ‘n groot sameloop van inboorlinge, onder leiding van veteraan-bondgenoot, die naturelle-hoof Montsioa, tagtig jaar oud, en sy staatmaker seun, wat ‘n baie groot belangstelling in al die verrigtinge gehad het.
Die Generaal, sir C. Warren, is vergesel deur kolonel Curtis, van die Inniskillings, kolonel Walker, stafhoof, mnr. G. Baden-Powell, C.M.G., en ‘n groot geselskap offisiere. Majoor Elsdale, in bevel van die Ballonkorps, het die eerste “gebind” opgang gemaak.
https://www.angloboerwar.com/forum/13-miscellany/346-military-balloons
https://www.angloboerwar.com/forum/gch-misc/31348-the-first-english-war-balloon-bechuanaland-1885
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] aarde – Scorched earthBoere volksvryheid – Boere republiekeDie Engelse ryk teen die Boere volkKultuurskatte, museums en -erfenisse ‘n bestaansreg van die Boere volkGeheime organisasies van […]
LikeLike
[…] Die Engelse ryk teen die Boere volk […]
LikeLike
[…] Die Engelse ryk teen die Boere volk* […]
LikeLike
[…] in die Boere republieke wat aan hulle behoort.Oud president Paul Kruger en 20+ Boere republiekeDie Engelse ryk teen die Boere volkAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aardeKultuurskatte, museums en -erfenisse […]
LikeLike
[…] van besettings deur oorlog en geweldHerstel van Boere republieke en Boere volkDie Engelse ryk teen die Boere volkInvalsplanne op Boere republiekeAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide […]
LikeLike
[…] Die Engelse ryk teen die Boere volk […]
LikeLike