*
Die onaangename reuke, stank en verskillende siektes afkomstig van oor die 850 rioolwater wat ons hele land besoedel maak almal van ons siek. Nie net sekere volke of stamme nie, ALMAL wat water drink, moet besoedelde water geniet, of hulle daarvan hou of nie. Grondwater en boorgate word ook besoedel. Die ringkoppe in beheer, weet dit en stel dus onbevoegde swart bemagtigers aan wat niks weet nie. Stadsrade en metro’s, sowel die regeringsdepartemente en ministers dra daartoe by om dit nie na behore op te los nie. .
Geen onderhoud vind plaas nie – daar is honderde van ons rioolstasies wat so lyk en erger.
*
Dit is al vir dekades dat rioolwater eenvoudig alle grond besoedel, strome, riviere, damme en die oseane. Rioolwater word in strome en riviere ingepomp, besoedel water, wat dan aan Boere voorsien word sodat die produkte wat op ons tafels beland, ook besoedel is. Dus, ‘n bose kringloop. Daar is alternatiewe wat reeds elders met sukses gebruik word. Indien rioolwater nie opgelos word en water drinkbaar agterlaat nie, beletsel dit alle gemeenskappe, nie net in Suid-Afrika nie, maar ander ook.
Oplossings
Eerstens vat die besoedeling vas, naamlik doen die werk ordentlik as loodgieters, ingenieurs en gesondheids inspekteurs. Munisipaliteite is in beheer, maar dit word nie behoorlik uitgevoer nie. Hou op om swart bemagtigers aan te stel wat nie weet wat hulle doen nie. Besoedeling en ‘n ekonomie wat gly gly die sloot in boender, is na 30 jaar nog nie opgelos nie, toon dat die wetgewings wat toegepas word, naamlik swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie die grootste probleme is. Selfs oorsese finansierings sowel ooreenkomste van regerings wat gesluit word, word op grond van hierdie rassistiese en diskriminerende wetgewing (die afgrond in bestuur). Dit is nie net in Suid-Afrika nie.
Vir elke probleem, veral rioolbesoedeling asook minerale ontginnings, is daar ook ‘n oplossing. Myne gebruik ook chemiese stowwe en alles word op die verbruikers afgelaai. Diegene wat beheer, wil nie aan oplossings werk nie, want hulle verdien groot salarisse om ons almal in riool en siektestoestande te laat versuip en vergaan.
Siektestoestande bring groot inkomste vir die ringkoppe en ook pharma en ander kaders. Hulle word ryk uit die armes wat deur ellendes van besoedeling moet gaan. Daar sit duisende amptenare in posisies wat niks doen nie, ryk word uit ‘n maandelikse salaris en bykomende voordele gratis ontvang vir niksdoen al vir 30 jaar. Van hulle word binne ‘n kort tydperk mijoenêrs.
*
DIE “HOOGGEAGTE PRESIDENT” (VOER OPDRAGTE UIT)
Wat ‘n skande, hy beheer swart bemagtiging en besoek van die rioolaanlegte (Rooiwal) (en 850 ander) waar geen onderhoud gedoen word nie. Dis op Hammanskraal (noord van Pretoria – Tswane) waar die riool vanaf Rooiwal aanleg afkomstig is en die mense siek maak, want die (Apies) riviere en grondwater is besoedel met rou riool. Hoekom sluk hierdie ringkoppe nie ‘n slag self aan hierdie water nie? Hierdie is verseker nie die enigste aanleg waar niks onderhoud gedoen word nie.
Dit help nie politici of topbestuur gooi mekaar met modder nie, want hulle bly in duur luukse huise, het skoon drinkwater en bad of stort in skoon water. Waar kom hulle skoon drinkwater vandaan en sorg hulle vir mekaar op alle vlakke, armes en gepeupel word hierby uitgesluit.
Rooiwal aanleg is een van honderde ander
Rooiwal, Apiesrivier en grondwater se probleem is nie die enigste waar die aanleg wat nie werk nie, daar is baie wat nie werk nie. Oor die 750. Die regering en plaaslike owerhede is albei skuldig, want dis hulle wat swart bemagtigers aanstel wat niks doen nie. Hierdie spul moet aangekla word vir die skending van menseregte en poging tot moord. Veral kinders wat ook in hierdie water speel, water drink en blootgestel word aan siektes wat heelwat nooit ‘n goeie einde het nie. Voor 1994 was hierdie riviere en damme skoon en kon mense swem en baljaar in hierdie water, maar nie meer nie.
https://www.news24.com/citypress/news/the-cholera-outbreak-and-the-blame-game-20230528
Die mense wat aangestel word wat nie die werk kan of wil uitvoer nie, moet hul poste verlaat vir mense wat dit kan en wil doen.
In 30 jaar gaan dit met alles so, alles gaan tot niet, want niemand doen behoorlik onderhoud nie – soos Eskom, SABC, SAL en vele ander, alle staatsentiteite is dieselfde. Elke staatsentiteit loop dieselfde pad met die swart bemagtigers – die opdragte kom van topstruktuur af om alles te vernietig.
EKSTRA UITGAWES – MET DIE 15% BTW
Alle inwoners maak meestal nou gebruik van trokke wat water voorsien en net die nodige lewerings ten duurste lewer. Waar is al hierdie geld vir 30 jaar heen, waar amptenare betaal is (word steeds betaal), maar niks doen om hul en hul families uit die riool en slik te kry nie? Rou riool gaan in strome en riviere af in damme in en laat ‘n gevaarlike besoedelingspoor agter.
Dit is nie noodwendig net rou riool wat besoedeling en onaangename siektes veroorsaak nie.
So is dit ook met Eskom wat diesel gebruik, in plaas van steenkool waarvan ons genoeg het om te gebruik. Wie betaal die swart bemagtigers wat rondhang by kragstasies of rioolwerke wat nie werk nie? Hierdie amptenare wat nie hul werk doen nie, behoort aangekla te word en van hul byvoordele en salarisse terug te betaal. Wie beheer al die uitspattige uitgawes vir dekades? Summiere ontslag, want hulle pleeg wandade en korrupsie, wat eindig in moord. Sterf kinders en burgers as gevolg van hulle nalatigheid, dit is moord.
*
Ringkoppe en die in beheer moet ‘n slag hul eie grondwet van 1996 bestudeer rakende dienste voorsiening en nou leë beloftes. Elke burger is geregtig op skoon water, riviere, damme en oseane.
*
*
*
Alle rioolaanlegte val onder munisipaliteite, ingenieurs en loodgieters wat hul pligte versuim – waarvan meer as driekwart swart bemagtigers is wat nie weet wat hul pligte is nie. Die aangesteldes gee voor as iemand wat bekwaam is om sy of haar werk te verrig, maar sit agteroor met geen kennis of verantwoordelikheid nie en kry ‘n groot maandelikse salaris en byvoordele.
Al die munisipaliteite val onder die Minister van Plaaslike Owerhede, asook die probleme val onder die Ministers van Gesondheid, Waterwese en andere.
Audits word gereeld gehou. Indien hulle stelsels nie reg werk nie, wie betaal hierdie ouditeure ‘n enorme bedrag geld vir niks?
Vraag is: Hoeveel skoon water word by al hierdie ministers en amptenare se huise afgelewer wat met belastingbetalers se geld aangekoop word?
Aan die einde van die dag sit ons as belastingbetalers met ‘n geweldige probleem van rioolbesoedeling, want mense word siek, water kan nie deur enige Boer of stads/ dorpsbewoner gebruik word nie weens siektes wat voortvloei daaruit. Verbruikers trek oral aan die kortste end met groot uitgawes.
Besoedelde water afkomstig van rioolaanlegte besmet die water van riviere en grondwater en is dus ongeskik vir selfs die produkte en menslike/ dierlike gebruik.
So word die hele ekosisteem vernietig en sit belastingbetalers met minder vars water en ook minder voedsel wat geskik is vir menslike gebruik. Hoeveel is al in 30 jaar vernietig?
*
OPLOSSINGS
Persone wat die werk kan en wil doen, moet aangestel word en die res moet pad vat.
(STOP B-BBEE EN EE)
Instede daarvan, behoort ernstige pogtings aangewend word om die rioolwater by aanlegte, gesuiwer te word soos dit hoort en daarna kan dit aangewend word om krag op te wek. Dit moet nooit die perseel verlaat nie en aangewend word vir hidro-elektrisiteit.
Kleiner aanlegte kan by heelwat van die meer as 850 rioolaanlegte gebou word om elektrisiteit op te wek.
Inlate by rioolplase moet 100% gemonitor word en vereistes moet aan die publiek en veral nywerhede en besighede gestel word om daarby te hou. Dit help nie om die publiek verantwoordelik te hou van nywerhede en besighede se besoedeling visa versa. Rioolplase behoort streng maatreëls in plek te hê indien hulle rou riool of besoedelde water in strome afvoer om damme of selfs die seë te besoedel. Verantwoordelike beamptes wat nie hulle werk kan doen nie, moet eenvoudig vervang word met geskiktes wat dit kan en wil doen. Dit is nie die publiek wat die laste moet dra nie, dit bly ‘n euwel en misdaad.
*
HIDRO-ENERGIE
Vir toekomstige verbruik kan daar gekyk word om selfs ook die bestaande hidro-krag projekte te vergroot vir die opwekking van elektrisiteit. Daar is groot projekte wat hidro-krag opwek. Plaaslik, sowel die Lesotho Hoogland water projek.
In die 1980’s is daar begroot vir hierdie 5 damme in Lesotho – wat glad nie voltooi is nie.
Daar behoort gekyk te word, hoeveel reeds betaal is en hoeveel krag en water ons uit hierdie Lesotho Hoogland ontvang is, maar nooit aangewend om die damme te bou nie. Waar is al daardie geld heen?
Omdat daar so baie water is, en selfs wegvloei see toe, kan daar meer gefokus word om kragprojekte waar hidro-krag opgewek word, te vergroot en uit te brei. Daar kan selfs nog meer kleiner opgaardamme gebou word, juis om hidro-krag op te wek, voor die water by Augrabies uitkom. Dit vloei na die see en is verewig verlore.
Daar is en was al meer as een ernstige droogte in die hele Suid-Afrika en soms hou dit vir lang tydperke aan, waartydens hierdie projekte ingespan kan word, nie net om Boere van water te voorsien nie, maar ook stede en dorpies.
Waar sal al die geld vandaan kom?
Waar kom die geld vandaan vir al die korrupsie in die land? Waarom word dit geduld en toegelaat, maar skoon water word nie as prioriteit gesien nie.
Moet nie die belastingbetaler verder leegmelk nie.
Waarom word mense aangestel wat niks onderhou vir 30 jaar nie?
Begin by die top posisies, die wat veronderstel is om toesig te hou. Niemand stel onbevoegdes aan in maatskappye wat nie die werk kan of wil doen nie. Hoekom moet munisipaliteite, stadsrade of staatsdepartemente dit doen, net omdat jou velkleur swart is?
Wetgewing van swart bemagtiging en regstelaksies behoort totaal en al geskrap word. Dit is rassisme en diskriminasie. Dit is skending van menseregte op internasionale vlak.
Rooiwal
*
OPWEKKING VAN RIOOLWATER EN HIDRO-KRAG VIND ALREEDS PLAAS ELDERS
TWEE VLIEë – DIE GEBRUIK VAN RIOOLWATER
Die Valloire is bekend vir ski in die winter en die Tour de France in die somer. Hidro-energie kan in ‘n aantal uiteenlopende plekke gevind word, soos behandelingsaanlegte in die Jordaan-woestyn, of in die valleie onder ‘n ski-oord, soos by Valloire in Frankryk. Die enigste vereiste, soos met enige ander hidro-aanleg, is ‘n ekonomiese kombinasie van kop en vloei. Waterkragaanlegte wat deur die Oostenrykse maatskappy VA Tech Hydro ontwikkel is, gebruik rioolwater om krag op te wek in behandelingsaanlegte in Frankryk, Jordanië en Switserland.
VA Tech Hydro se Valloire-projek in die Alpe, naby Col du Galibier, is die eerste hidrokragaanleg in Frankryk wat ontwerp is om energie uit onbehandelde rioolwater te onttrek. Hierdie innoverende projek gebruik rou water van die dorpie wat na die vallei vervoer word waar ‘n enkelstraal horisontale Pelton-eenheid die 650 m-waterkolom ekonomies verdryf voordat dit die suiweringsaanleg binnegaan.
https://www.waterworld.com/home/article/16200652/hydro-technology-extracts-energy-from-sewage-water
*
Die jongste Green Drop-verslag, wat op 30 Maart 2022 vrygestel is, onthul dat die nakoming van afvalwater in die tussenliggende jare gedaal het. Van 850 munisipale afvalwaterbehandelingswerke is 334 (39%) in ‘n kritieke toestand, wat ‘n telling van 30% of minder behaal.
https://www.news24.com/news24/southafrica/news/half-of-south-africas-sewage-treatment-works-are-failing-20220621
Verslae:
https://ws.dws.gov.za/IRIS/latestresults.aspx
*
*
*
BEELDMATERIAAL
Rioolwater en elektrisiteit
*
Riool afval, water en hidro-krag elektrisiteit – Chicago
*
Hidro-elektrisiteit
*
Hidro-energie
*
BRONNE, INLIGTING EN ARTIKELS
https://www.waterworld.com/home/article/16200652/hydro-technology-extracts-energy-from-sewage-water
*
Die Rooiwal riool verwerkingsaanleg sit by Rooiwal kragstasie. Daar is genoeg ruimte om ekstra aanlegte te bou, te vergroot en selfs hidro-krag hier te verwerk wat in die stelsel ingeplaas kan word, in die kragnetwerk in, via die Rooiwal steenkoolkragstasie.
Die metro moet ophou om die Apiesrivier te besoedel en wat ons mense siek maak. Verskeie departemente en beamptes is daarby betrokke, heel waarskynlik almal swart bemagtig. Hierdie Kragstgasie staan al vir jare in onbruik, selfs personeel hang rond en word betaal vir al die jare.
Daar is selfs ‘n Rooiwalkragdorpie jare gelede aangelê met belastinginkomstes. Hierdie huise is groot steenhuise wat destyds gebou is vir die werkers. Waar is al hierdie huise vandag en na wie het al hierdie inkomste gegaan as dit verkoop is? Deur wie is of word hierdie amptenare vergoed vir jare en dieselfde geld vir al die ander steenkoolkragstasies in onbruik.
Hoeveel miljoene immigrante het hul tuisgemaak in sulke en soortgelyke dorpies, wat gebruik van die kliniekdienste, hop huise, skole, elektrisiteit en veel meer wat ‘n verdere druk plaas op elke belastingbetaler.
*
Water and Pollution – Rooiwal Waste Water Treatment Plant
Vaalriver / dam pollution / besoedeling
Water pollution South Africa – Vaal, etc.
*
Contact Admin @:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Water and Pollution Rooiwal Waste Water Treatment PlantWater, kanale, hidrokrag en rioolaanlegte […]
LikeLike
[…] Water, kanale, hidrokrag en rioolaanlegte […]
LikeLike
[…] Water, kanale, hidrokrag en rioolaanlegte […]
LikeLike
[…] Water, kanale, hidrokrag en rioolaanlegte […]
LikeLike
[…] Water, kanale, hidrokrag en rioolaanlegte […]
LikeLike
[…] Water, kanale, hidrokrag en rioolaanlegte […]
LikeLike
[…] Water, kanale, hidrokrag en rioolaanlegte […]
LikeLike