*
Die Faroë-eilande is voorwaar ‘n pragtige argipel van 18 bergagtige eilande met fabelagtige bergformasies en natuurskoon om te bewonder. Dit het ‘n totale landoppervlakte van 1 399 vierkante kilometer, ‘n see-oppervlakte van 274 000 vierkante kilometer en ‘n bevolking van net meer as 50 000. Die bevolking is oor 17 van die eilande versprei, hoewel 40% in die hoofstad, Tórshavn, woon. Dit is halfpad tussen Skotland en Ysland in die Noordoos-Atlantiese Oseaan geleê. Dit is ‘n unieke argipel.
*
Faroë-eilande – Selfregering en wetgewings
Selfregering is en bly steeds ‘n internasionale volkereg en het bevestig dat die Faroë-eilande ‘n aparte jurisdiksie binne die Deense ryk het. Dit beteken dat Deense wetgewing met betrekking tot gebiede wat nie deur Faroë-eilande, owerhede aanvaar is nie, insluitend verdrae waartoe Denemarke aanneem of toetree, uitdruklike toestemming van die eilande vereis om uit te brei na die jurisdiksie van die Faroë-eilande. Die omvang en prosedures vir die oordrag van wetgewende en administratiewe magte aan die regering van die Faroë-eilande word deur die Wet op Aanname van 2005 – Wet no 578 reeds vanaf 24 Junie 2005 beheer. Hulle is aan bestuur van sake en bevorder so hul volksideale en vryheid.
Hierie eilande vorm ‘n aparte volk wat selferegering verkry het in hul gebied onder die soewereine Deense regering. Hul maak ook hul eie onafhanklike wetgewings op die eilande. Dit sluit byvoorbeeld die bewaring en bestuur van lewende mariene hulpbronne, beskerming van die omgewing, ondergrondse hulpbronne, handel, belasting, nywerheidsverhoudinge, energie, vervoer, kommunikasie, sosiale sekerheid, kultuur, onderwys en navorsing in.
‘n Verdrag tussen die Faroë-eilande en Denemarke wat in wetgewing verorden is, bied Faroëse outonomie in buitelandse betrekkinge. Alhoewel Denemarke ‘n lidstaat van die Europese Unie is, het die Faroë-eilande verkies om buite die Unie te bly. Gevolglik onderhandel die Faroë-eilande hul eie handels- en vissery-ooreenkomste met die EU en ander lande, en neem aktief deel aan ‘n reeks internasionale visserybestuursreëlings en -organisasies.
Die Deense regering verleen ‘n jaarlikse subsidie aan die Faroë-eilande, wat die Bloktoekenning genoem word. In 2001 is dit byvoorbeeld verminder van 982 miljoen DKK tot 616 miljoen DKK. Dit het effens toegeneem in 2012, as gevolg van indekskoppeling, en word tans op 642 miljoen DKK (86 miljoen Euro) gevries. Die subsidie maak 2% van die huidige Faroë-eilande se BBP uit, vergeleke met 11,2% in 2000, en dit finansier 9,5% van die nasionale begroting in 2020, vergeleke met 28,7% in 2000.
Die Wet op Buitelandse Beleid van 2005 maak voorsiening vir Faroë-eilande se outonomie en bevoegdhede in buitelandse betrekkinge. Ingevolge die gepaste wetgewing van 2005, kan die Regering van die Faroë-eilande namens die Ryk onderhandelinge en ooreenkomste met state en internasionale organisasies aangaan ten opsigte van velde waarvan die bevoegdheid deur die Faroëse owerhede aanvaar word. Dit sluit nie veiligheid en verdediging in nie.
Die Deense en die Faroë-eiland regerings het in 2005 ‘n gesamentlike verklaring onderteken – die sogenaamde Fámjin-verklaring – rakende die betrokkenheid van die Faroë-eilande by buitelandse en veiligheidsbeleid. Volgens die Verklaring moet die Faroëse owerhede betrokke wees by die relevante internasionale onderhandelinge oor sake van spesiale belang vir, of wat ‘n impak het op die Faroë-eilande.
Bevolking
Die inwoners van die Faroë-eilande is meestal van Skandinawiese oorsprong; baie is afstammelinge van Noorse Wikings wat die eilande ongeveer 800 nC gekoloniseer het. Ongeveer ‘n vierde van die bevolking woon in Tórshavn, die res woon in klein nedersettings, wat byna almal aan die kus is.
Faroëers 85,3% (Skandinawiese en Anglo-Saksiese afkoms), Deens 8,3%, ander Nordiese 1,4%, ander 4,5% (sluit Filippyne, Pole, Roemeens in). Sowat 96% is blanke inwoners en 90% christelike gelowe.
Taal, kultuur en lewenstandaarde
Die taal van die Faroë-eilande is Faroëes, wat ‘n Nordiese taal is en wat afgelei is van die taal van die Noormanne, wat hulle sowat 1200 jaar gelede op die eilande gevestig het. Die naam Føroyar (Faroe-eilande) is afgelei van Oudnoors en beteken Skaap-eilande, ‘n naam wat deur die Viking-tydperk setlaars gegee is.
Duisende skape kom hier voor. Deur die eeue het die burgers die harde natuur en lewensomstandighede trotseer met ‘n baie hoë standaard lewe en harde werk. ’n Ekonomie wat hoofsaaklik op nywerhede gevestig soos visserye en akwa-kultuur gebaseer is en bly floreer, terwyl ’n Nordiese welsynsmodel elkeen die geleentheid verseker om sy of haar eie potensiaal te verken. Die eilande voer seekos na al die kontinente uit.
Opvoeding en onderwys
Die Faroë-eilande het ‘n goed opgeleide bevolking, met gratis primêre en sekondêre skoolopleiding vir almal en ‘n aantal instellings vir hoër onderwys en navorsing. Heelwat van die bewoners en kinders van die eilande studeer en werk in die buiteland in ‘n wye reeks rigtings vir ‘n tydperk in hul jonger jare voordat hulle terugkeer huis toe om hulle te vestig. Met die kenmerkende mobiliteit en buigsaamheid van baie eilandvolke of nasies, het die burgers van die eilande lank reeds ‘n breë internasionale perspektief in vandag se geglobaliseerde wêreld gehandhaaf en gekoester.
Gemeenskapslewe en strukture
Aktiewe deelname aan alle aspekte van die plaaslike gemeenskapslewe kenmerk die Faroë-eilande. Dit dra by tot sosiale kohesie en ‘n sterk gevoel van plaaslike identiteit. Die Faroë-eilande het ‘n hoogs ontwikkelde infrastruktuur: telekommunikasie en hoëspoedinternet plus ‘n omvattende padnetwerk en tonnel- en veerbootverbindings bied almal ‘n uitstekende basis vir die handhawing van die ekonomiese, sosiale en kulturele lewensvatbaarheid van gemeenskappe regoor die eilande.
Uitvoere en buitelandse betrekkinge
Die Faroë-eilande gee hoë prioriteit aan internasionale samewerking, beide bilateraal en multilateraal, Hulle is hoog afhanklik van die see en sy hulpbronne en neem die Faroë-eilande die leiding om samewerking tussen Groot Oseaannasies in die wêreld te bevorder. Die fokus is op innoverende benaderings, gebaseer op eilandrealiteite, tot die bewaring en volhoubare gebruik van die oseane, seë en mariene hulpbronne, in ooreenstemming met die VN se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit 14.
Die eilande het ‘n lang tradisie van visvang in buitelandse en internasionale waters, wat bygedra het tot die ontwikkeling van baie visserye oor die Noord-Atlantiese Oseaan oor die jare.
Die skoon gematigde oseaniese waters en sterk strome in die fjords rondom die Faroëreilande is ideaal vir visboerdery, veral Atlantiese salm. Die eilandgroep se akwakultuurbedryf dateer terug na 1960 en het ‘n belangrike rolspeler op die internasionale seekosmark geword. Akwakultuur verteenwoordig nou ‘n groot deel van Faroë-elande se ekonomiese aktiwiteit en ongeveer die helfte van alle uitvoerwaarde is gekweekte vis.
Met ‘n totale produksie van beide vangvisserye en akwakultuur van meer as 500 000 ton jaarliks, maak seekosprodukte ongeveer 95 persent van die Faroëse uitvoer van goedere uit, wat die Faroëreilande die grootste per capita vissery- en akwakultuurnasie ter wêreld maak.
Die Ministerie van Buitelandse Sake en Kultuur is verantwoordelik vir die koördinering en leiding van die Faroë-eilande se geassosieerde lidmaatskap in VN-liggame en Faroëse deelname aan streekliggame vir die bestuur van vis en ander mariene hulpbronne.
Persone wat wil emigreer moet beskik oor werk en verblyfpermitte soos enige ander land. Dit werk deur die Deense regering.
*
Bronne:
https://www.government.fo/en/foreign-relations/constitutional-status/
https://www.government.fo/en/foreign-relations/oceans-fisheries-and-maritime-affairs/
https://www.cia.gov/the-world-factbook/countries/faroe-islands/#:~:text=Faroese%2085.3%25%20(Scandinavian%20and%20Anglo,Romanian)%20(2022%20est.)
https://www.faroeislands.fo/people-society/work-live/visas-and-work-permits/
*
Hoofstad Torshavn
Pragtig en kleurvol. Soms kan dit koud raak daar, inwoners beskerm hul huise met grond en gras om die huise verder warmer te maak en hou en koeler in die somermaande.
*
Hierdie volk soek onafhanklikheid al is hul bevolking nie baie groot nie. Hulle is en bly ‘n volk, met ‘n eie kultuur, geskiedenis, tradisies, sport en wie glo daaraan om hulself te regeer. Hulle het tans ‘n selfregerende gebied wat deel is van Denemarke. Daar is sowat 18 eilande en heelwat is in verbinding met mekaar. Daar is sowat 75000 skape op die eilande en het almal verskillende kleure. Daar is ook ponies en verskeidenheid van voëls op die eilande.
Hoofstad van die eilande is Torshavn
*
Feite rondom die Faroe Yslande
Hulle wil hulself regeer en alles beheer. Hulle het groot nywerhede.
*
Dis baie interessant. In hierdie episode is daar met ‘n helikopterrit om die Faroëreilande gegaan. Om landskap- en reisfotografie vanaf ‘n helikopter te maak is redelik voor die handliggend, maar dit sal ‘n unieke hoek gee wat nie baie mense sien nie.
*
Unieke eilande.
Landskapfotografie in die Faroë-eilande is absoluut ongelooflik. In hierdie beeldmateriaal word die eiland Vágar besoek. Daar is ander inligting ook.
*
*
Selfbeskikking – Onafhanklik en Volksvryheid
‘n Goeie voorbeeld hoe dit gedoen kan word om vryheid terug te kry. Lees op oor hierdie eiland. Hoekom moet ons volk ons laat uitvermoor of teen ons laat diskrimineer.
Die Boere republieke was reeds onafhanklik en dis van ons gesteel en vervreem in 1902. Dit word beklemtoon dat elke volk ‘n internasionale reg tot ‘n eie onafhanklike land en gebied(e) het waar hul hulself kan regeer. Ons as Boervolk en konserwatiewe blankes in SA het dieselfde regte wat ons tans om een of ander onverklaarbare redes nie ten uitvoer bring nie. Ons bly wegkyk om ons aanspraak op volksvryheid op te eis soos dit hoort.
Liberale blankes wat saam die multi-kultuur volke, meestal immigrante uit Afrika, wil lewe, is meer as welkom om dit te doen. Hulle doen dit al sedert 1994 en dis waarom ons sit waar ons sit met al die gemors rondom ons.
Daar is ook heelwat van ons blanke mense wat agter multi-kultuur front organisasies of bewegings aanhardloop wat al ons menseregte al van voor 1994 begin skend het, om so ons eie volksidentiteit, kultuur, taal, geskiedenis en erfenisse totaal te vermoor.
Multi-kultuur het nog nooit gewerk nie of oplossings gebring nie. Dit sal ook nie in ‘n land soos Suid-Afrika waar kommunisme heers, slaag nie.
TRUSTGEBIEDE EN CPA’S
Neem kennis dat al die ander volke in Suid-Afrika, die Khoi san, Griekwas en verskillende swartes het al hul gebiede (kroongebiede en reservate/tuislande) behou en selfs meer grond geëis, wat almal apart van mekaar is. Hul grondgebiede se name en wetgewings het verander, maar hul bly steeds op hul grond wat deur hulself beset is. Daarom is daar oor die 8840 tradisionele leiers, slegs vir hulle. Waarom mag ons nie op ons gebiede wat aan ons voorgeslagte behoort, aanspraak maak nie – dit word internasionaal gedoen.