André Fourie (VF+) van die ou Nasionale Party en Andries Beyers van die Konserwatiewe Party – Maart 1992

*

Wie sal ooit die TV-Debat vergeet?: André Fourie van die Nasionale Party en Andries Beyers van die Konserwatiewe Party – Maart 1992.   Hy het ook beloftes gemaak wat hy nie kon nakom nie.
Volksregte   –  Daar word interessante feite op die video genoem/vra:   Het die Randse skou al ooit ons as volk gered?     Het krieket of enige sport al ooit ons as ‘n volk gered?  Het swart bemagtiging ooit ons as volk gered?  Onteiening sonder vergoeding vind reeds plaas.

Become a Member | Freedom Front Plus

*

Magsoorheersing het in 1994 gevolg en die skending van al die Boere volk se menseregte.   Taal, kultuur, identiteit en tradisies is daarmee heen.    Daar was nog nooit magsdeling nie.   Daar is en was reeds in 1994 ‘n Afrikaner selfbeskikkingsooreenkoms onderteken, net so voor die verkiesing.  Dis ondersoek en daar was volledige aanbevelings oor gebiede.     Afrikaners sal nooit die Boere gebiede kry nie, want dit het nog nooit aan hulle behoort nie.

Die Boere volk kan nie aandring op grond wat aan die Khoi san, Griekwas of Zoeloes behoort nie (of andersom).

So kan ‘n veelvolkige Afrikaner reënboognasie ook nie onafhanklikheid in enige Boere republiek of selfs gedeeltes daarvan kry nie.  Al poog hul hoe hard om hulself in sulke gebiede te vestig, die grond behoort aan die Boere volk.

Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)

En STEEDS is ons Boere gebiede (meer as 15) nooit aan die nageslag van die Boere volk teruggegee nie.   Waarom is dit so gedoen?   Sodat die heersers die minerale uit die grondgebiede kan verkry en soveel as moontlik immigrante inbring om die Boere volk OF uit te wis of van hul erfgrond af te jaag.

BOERE REPUBLIEKE IS 100% BEWYS MET DIE SOGENAAMDE “AFRIKANER SELFBESKIKKING” DOKUMENTE EN TERUGVOERING.

Die gebiede was nooit enige Afrikaner gebiede genoem nie.

Die oorloë wat plaasgevind het, was Anglo-BOERE oorloë genoem.

Afrikaners het as bondgenoot saam Brittanje en haar ander bondgenote teen die Boere republieke geveg.  Nadat al die dood en lyding, bannelingskappe gevolg het, is dit Afrikaners wat in die Unie regering ‘bestuur’ het saam Engelse.  Hoe toevallig, ook die 1948 regering.

Selfbeskikking  is GEEN Tuisland of VOLKstaat nie – dis onafhanklikheid waar jy as volk jou op alle vlakke regeer word deur die internasionale reg voorgeskryf en beskerm.  Volkstaat het geen reg en val direk onder die kommunistiese regering.   Die Boere volk se gebiede is in 1902 van hulle ontneem en gesteel.

In 1994 is die volle MAG aan die ANC oorhandig – dus ‘n MEERDERHEIDSREGERING.  Deur wie?   Afrikaners en al hul organisasies.

TUISLANDE – RESERVATE EN TRUSTGEBIEDE

Na 1994 het Tuislande voortgegaan net onder ‘n ander naam – Trustgebiede en grondeise – CPAs.   Dis vervat in Witskrifte, Grondwet, asook onderskeie wetgewings.

Daar was ooreenkomste en ondernemings gegee aan swart en bruin volke se leiers, ooreenkomste geteken met die ANC sowel die ou NP dat hierdie ou Tuisland gebiede oorhandig sal word aan tradisionele leiers.    Waarom het hierdie Tuislandleiers nooit die ANC vertrou in 1994 nie?   Dit is voor die handliggend.

Dis in 2018 wat die ANC probeer aanspraak maak het op al die ou Tuislande wat in Trustgebiede verander is.   Die Zoeloes se gebiede in Natal, word Ingonyama Trust genoem.

Vandag is daar meer as 8840 tradisionele leiers in hierdie gebiede, wat ook die Bruin en Khoisan volke se CPA’s hierby insluit.   Waar kom al hierdie duisende vandaan en ons moet almal nog boonop onderhou en salarisse met byvoordele betaal.

Daar bestaan ‘n ANC Witskrif dat hierdie sekere groepe of volke nie deel uitmaak van die sogenaamde “reënboognasie” nie.  Dus, het hul mos ‘n keuse gehad, maar tog melk hul die belasting betalerskoeie vir nog meer salarisse.   Die Boere volk het geen keuses gehad nie.

THEY ARE NOT LANDLESS, IS A LIE  

Waar staan ons vandag as Boere volk?   Gedurig word aangehoor dat blankes het swartes se grondgebiede gesteel.  Wat natuurlik onwaar is.   Die Zoeloes het hul Ingonyama Trust wettig (volgens hulle) voor die 1994 verkiesing verkry (ironies onder die ou NP regering) maar dis ook deur die ANC onderteken.

*

The Ingonyama Trust is sitting on 2.8million ha of #land. However, these  are not productively used for crop farming which can benefit, especially  it's mostly poor population. Instead, it's hogged as a

*

Ingonyama Trust is voorbeeld dat die 9 gebiede, aparte Trustgebiede is wat deur hoofmanne bestuur word in die Zoeloe hiërargie.  Inderwaarheid bestaan daar ook ander Trustgebiede in Kwazulu-Natal waar slegs Zoeloes bly en selfs werksaam is, in KZN, wat nie onder Zoeloekoning Zwelithini val nie.

Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget

“Zulu kingdom” Ingonyama Trust

Trustgebiede>Tuislande>Reservate

Agreements and Traditional leaderships

Daar is 6 groot Trustgebiede of CPA gebiede vir die Khoi Khoi of San oftewel Bruin volke, wat dit ontken en maak of die Boere volk al hulle grond gesteel het.    Swart en bruin maak net aannames ons blankes het nou alles gesteel by hulle.

Die Grense is oop – hulle nooi al wat immigrant is om hier te kom vestig en eis dan grond op wat aan hulle al vir eeue behoort.

KhoiSan

Richtersveld – KHOISAN AND CPA

Waarom word die leuen verkondig – sodat rassisme die Boere volk kan laat bloei en nie net ekonomies uitwis met swart bemagtiging, maar ook met die leuens van grondhervorming en baie geld.

Image result for TUISLANDE
*
Alle CPA’s ontvang ryklik uit die staatskas uit – vee, pluimvee, saad, trekkers en implemente en kontant ook nog.  Dit is al vir jare so sedert 1994.Traditional leaders South Africa: 8840

Dis hoe die ou Tuislande was – gaan stel maar vas waar is al die 8840 tradisionele leiers.

*

Beloftes maak skuld

As en wanneer daar na die video geluister word, is daar baie beloftes gemaak oor die R5000.  Tot vandag toe het dit nie gebeur nie.

*


Front Nasionaal

Kort voor die referendum van 17 Maart 1992, het die SAUK se TV1 verskeie debatte aangebied tussen leiers en parlementslede van die onderskeie politieke partye vir hul JA of NEE veldtogte.

In een van hierdie debatte, tree mnr. André Fourie van die Nasionale Party (NP) se JA-veldtog (en adjunk-minister van Buitelandse Sake) in debat met mnr. Andries Beyers van die Konserwatiewe Party (KP) se NEE-veldtog.

Mnr. Fourie het laterjare by die Vryheidsfront Plus aangesluit en as raadslid van die party gedien in die Kaapse stadsraad.

Interessant om te meld, is dat die Konserwatiewe Party (KP), teen wie mnr. Fourie so te velde getrek het tydens die debat, nie lank daarna met die Vryheidsfront saamgesmelt het om die Vryheidsfront Plus te vorm. In der waarheid kan mens sê mnr. Fourie het by dieselfde KP aangesluit wat hy in 1992 so sleg gemaak het.

*

UITSTAANDE REKENING – FINALE AANMANING,Front Nasionaal SA ‘n geruime tyd gelede :

.
Op 17 Maart 1992, 2 jaar, een maand en 10 dae voor die finale oorgawe aan die ANC regering, word ‘n regstreekse TV Debat uitgesaai op die destydse TV1 kanaal van die SAUK. Die twee manne wat hieraan deelneem was mnr Andries Beyers van die Konserwatiewe Party en mnr Andre Fourie, toenmalige Kabinetsminister in die regering van FW de Klerk.

Tydens die debat sê meneer Fourie: “Ons gaan onderhandel op die basis van magsdeling en nie magsoorname nie.” Nadat hy ‘n dokument in die lug swaai, sê hy verder:

“Hier is die voorstelle van die Nasionale Party. As u in hierdie voorstelle enige bewys kan kry dat ons die regering aan ‘n swart meerderheid sal oorhandig wat beheer sal word deur die Kommuniste of meneer Mandela, dan belowe ek vir u R5000!”

Ons almal ken die geskiedenis. ‘n Bietjie meer as twee jaar later het presies gebeur wat meneer Fourie ons verseker het nie sal gebeur nie. Met die ineenstorting van die Nasionale Party het meneer Fourie oorgestap na die Vryheidsfront Plus en was, tot en met sy aftrede, die VF+ se enigste Raadslid op die Kaapse Metroraad.

Die R5000 is nooit betaal nie.  Vandag is dit baie baie meer (per persoon).    Niks is aan niemand betaal nie – en vandag sit ons in die gemors danksy hierdie geknoeiery.   Toe al het die Afrikaner organisasies, die Broederbond alles geweet wat hulle beplan het om te doen, ook swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening.

FN se  rekenmeester het ‘n berekening gedoen en, met berekening van rentekoerse en inflasie, tot die gevolgtrekking gekom dat Mnr Fourie se skuld nou R32 915-60 beloop.

Front Nasionaal wil hiermee aan die hand doen dat die VF+, of meneer Fourie, die bedrag betaal aan ‘n organisasie wat opheffingswerk en armoedeverligting onder ons volksgenote doen. Volksteun SA is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Dit sal, wat ons aanbetref, ‘n fraksie van die skuld aan die uitverkope Afrikanervolk vereffen.

Niemand het vryheid in die land nie en dit was in 1902 die grootste bate van die Boere volk – die meer as 15 Boere republieke.  Dit is nie ander politici wat daardie belofte op Nasionale televisie gemaak het nie, maar die NP wat deel is van die ander Afrikaner organisasies.

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

1 gedagte oor “André Fourie (VF+) van die ou Nasionale Party en Andries Beyers van die Konserwatiewe Party – Maart 1992”

Lewer kommentaar