*
It was once the best infrastructure and buildings on the African continent, but clearly it has long been destroyed with the ANC doing nothing about the situation for all South Africa. They only care about themselves. Thousands of army members were appointed and even deployed but they are rarely if ever seen. Thousands of young brigades have even been appointed since 2009 in which they have been trained, but nothing is happeningto protect all infrastructure. Where does all the tax money go? Where are all the budgets and audits in South Africa?

*
It has been propagated for years that South Africa is a rainbow nation. It has been stripped of all truth and a lot of lies are told about the realities and situation in South Africa. Since 1994 it has never worked. It will never ever work in any case. It is only they who believe themselves, to wrap the whole situation in their own favor that the false rainbow nation is unique or surrounded by gold. It has become a kind of power game for some, especially ministers, provinces and even munisipalities. Infrastructures that were once the heartbeat of South Africa have been stripped bare and demolished. Be proud of such a dilapidated rainbow nation. Crime rules South Africa.
Trains were dismantled and set on fire after 1994 with power, by the rulers of the country, ANC and all its allies. Hundreds of trains have been literally destroyed and durable train tracks are simply stolen and sold for scrap. Same happened with schools, hospitals and state entities. How many of those who participate in protests are actually a bunch of immigrants and illegals, while the rest of the country watches as it is done.
*
Daar word al vir jare gepropageer dat Suid-Afrika ‘n reënboognasie is. Dit is van alle waarheid ontbloot en daar word heelwat gelieg oor die realiteite en werklike situasie in Suid-Afrika. Sedert 1994 het dit nog nooit gewerk nie. Dis net hulle wat hulself glo, om die hele situasie in hul eie guns te beklink dat die vals reënboognasie uniek is of met goud omring is. Dit het vir sommiges ‘n soort magspeletjie geword. Infrastrukture wat eens die hartklop van Suid-Afrika was, is leeg gesteel en afgebreek. Wees trots op so ‘n vervalle reënboognasie.
Wat gee enige immigrant of onwettiges om of hulle alle infrastrukture vernietig? Dis nie hulle wat hiervoor betaal het nie. Treine loop dus nie meer hier nie.
Treine is na 1994 met mag en mening, wat deur die heersers van die land, ANC en al haar bondgenote, afgebreek en aan die brand gesteek. Daar is honderde treine letterlik vernietig en duursame treinspore word eenvoudig gesteel en vir skroot verkoop. Hoeveel van diegene wat so aan protesaksies deelneem is inderwaarheid ‘n spul immigrante en onwettiges, terwyl die res van die land toekyk hoe dit gedoen word.

Dit was eens die beste infrastrukture en geboue op die Afrika kontinent, maar duidelik is dit lankal vernietig saam die ANC wat niks daaromtrent doen nie. Daar word derduisende weermaglede aangestel en selfs ontplooi maar hulle word selde of ooit gesien. Daar is selfs derduisende jong brigades aangestel waarin hul opleiding gegee is, maar niks gebeur op die front om alle infrastrukture te beskerm nie.
Waarheen gaan al die belastinggeld heen?

*
DIE VALS NOTE VAN DEMOKRASIE
Terloops, daar was nog nooit ‘n gemengde reënboognasie in Suid-Afrika nie, nog minder was daar vrede en voorspoed na 1994. Klip en yster, sowel olie en water sal nooit meng nie. Wat hierdie vals vlag nasie aanbetref word dit verder bewys, in die duisende Hansards van Parlement asook wetgewings dat dit is nie die geval nie.
Apartheid duur voort onder die ANC en haar bondgenote in die huidige parlement. Na 1994 is daar aparte wetgewings geskep vir aparte huise vir die Khoi San en gekleurdes asook verskillende swart groepe. Tot vandag toe word dit toegepas en ook ander wetgewings wat daarmee saamgaan, is afgedwing deur die ANC, hul meelopers en finansierders. Liberaal verligte Afrikaners wat sedert Idasa en Kodesa hul onderskeie rolle vertolk het. Is dit nie ironies hoe daar gepoog word dat daar gedurig ‘voorstelle’ sedert Idasa en Kodesa, Uniewording en 1948 regerings, gemaak word soos federalisme en konfederalisme, waar elke volk weer eens onder ‘n federale of konfederale regering sou staan. Dit beteken inderwaarheid suurstof wat gemors word.
Elke volk in suidelike Afrika het hul eie identiteit, tradisies, vlae en nasionale simbole al vir etlike dekades en eeue gehad . Daarmee is niks fout dat elke volk aandring daarop vir volle erkenning nie en indien volke hulself wil regeer, is dit ‘n internasionale reg om dit te uit te voer. Minderheidsvolke kan nie voorskriftelik wees aan mekaar nie. Een volk en selfs veelvolkige nasies, kan tog nie oor ‘n ander besluite maak of voorskriftelik wees aan mekaar nie. Dit is lankal tyd dat veelvolkige nasies ophou voorskriftelik wees wat die beste is vir minderheidsvolke. Daar is baie lande in Afrika en ook in Europa, wat ‘n klein bevolking het, en hulself regeer. Dit is en bly internasionale regte om dit uit te voer.
Sionisme
Sedert 1805 het die Britse ryk, die suidelike gedeeltes van Afrika begin annekseer en dit het selfs na bo in Afrika gevloei, waarin Rhodes by meer as een geleentheid verklaar het hulle wil dit vanaf Kaappunt tot in Kaïro beset. Die Britte se wil is op al die volke in suidelike Afrika en die res van Afrika afgedwing. Die opinie en waarneming word gehuldig dat hulle eers die kleiner bevolkingsgroepe aangeval en gebiede afgeneem het, alvorens hul na volgende groepe beweeg het.
Die skuld van anneksasie van gebiede word gerieflikheidshalwe voor die Boere volk neergelê. Brittanje het ook in 1917 met die Belfour verklaring die mandaat verkry om Palestina weg te neem van die Ottomansryk. Alles word gedoen om ook dan die Suez kanaal te beheer wat dan aansluit by die ander aanslag in die res van Afrika vanaf die Kaap tot in Egipte. Vandag veg Amerika en Brittanje kliphard om al die inwoners van Palestina uit te wis. Dit is niks anders as skending van menseregte en dit sluit ook by ander Afrika state in wat dieselfde moes deurmaak, naamlik die Boere volk in al haar Boere republieke. Dieselfde bondgenote wat in die midde ooste doenig is, was ook teenwoordig in die aanslag teen die Boere volk. Basies word dieselfde tipe beleide uitgevoer wat in die Boere republieke plaasgevind het, konsentrasie kampe, helkampe, verhongering, geen mediese sorg en verskroeide aarde beleid.
Die Zoeloes is al sedert Kodesa tydperk steeds in hul Zoeloe ‘tuisland’. Selfs voor Kodesa in aanvang geneem het, het die Zoeloes in tuislandgebiede (en voor 1961 reservate), wat slegs Zoeloe gebiede is, gewerk en gebly. Na 1994 is dit Ingonyama Trust genoem. Swart, Khoi san en Griekwas het almal grondgebiede na 1994 opgeëis wat met finansiële steun gegee is, saad, trekkers en selfs produktiewe plase. Vandag heet almal CPA en Trustgebiede na 1994. Dit is gebiede wat hul beset het voor of na 1800 en dit dan weer eens met vergoedings opgeëis uit die belastingbetalers se sakke (staatskas).
Verseker het die Boere in die twee erkende onafhanklike Boere republieke, sowel elke ander Boere republiek wat as Boere republiek verklaar is, dieselfde regte en bestaansreg as al die ander bevolkingsgroepe in Suid-Afrika. Maar die res van Afrika, dink nie so nie. Wanneer dit hulle pas, is hulle ‘n meerderheid wat die handjievol minderheid onderdruk en dooddruk. Die blaam word knaend voor die deur van die Boere volk gelê, daarom word daar nie afgewyk van hul moordadige en haatplanne om die Boere uit te wis nie.
Anneksasies
Dit was EERSTENS die Britse ryk en haar bondgenote, wat die Griekwas, Khoi San en ook Swartes se reservate en gebiede geannekseer het voor 1880 en Britse Kroongebiede of reservate gemaak het daarvan. Dit is Brittanje wat Apartheid ingestel het in Natalia 1854 en Kaapkolonie 1894. Dit het vir ‘n baie lang tydperk as Britse kroongebiede en reservate bekendgestaan en hulle het meestal in die gebiede gebly en gewerk.
Boere republieke is ook deur Brittanje geannekseer, nes die ander volke in suidelike Afrika
Laastens is die Boere republieke met swaar geweld, armoede, hongersnood, verkragtings en verskroeide aarde beleid getref wat hand aan hand geloop het met die Anglo-Boere oorloë gebeur, waar alle Boere vegters hul vryheid beveg het teen die Britse oormag en all haar bondgenote (Amerika, Kanada, Australië, New Zealand, Afrikaners uit die Kaapkolonie).
*
BOERE REPUBLIEKE IS WETTIG GEKOOP – BOERE VOLK HET ‘N REG TOT AL HAAR BOERE REPUBLIEKE
Dit is ook tyd dat die Boere republieke, die grondgebiede wat wettig bekom is, insluitende die Retief en Vryheidsgebiede, erkenning geniet en as Boere volk erfenis gebiede erken word. Die Republieke het voorheen internasionale erkenning geniet.
Die 1994 Volkstaatraad het vanaf 1994 se verkiesing intensiewe navorsing gedoen oor waar die Boere volk se gebiede is. Ons is ‘n volk in eie reg en het ‘n internasionale reg om ons eie besluite te maak en oor onsself te regeer. As Boere volk is al hierdie Boere republieke na 1994 ondersoek, onder die naam van “AFRIKANER’ akkoord, wat nie die waarheid is nie. Daar was nog nooit enige Afrikaner gebied of Republiek nie, maar Boere republieke. Dis juis die Boere volk wat wou wegkom van die Britse heerskappy af en het sodoende hul Boere republieke uitgeroep en selfs Volksrade in plek gestel om dit te beheer. Afrikaners is ‘n veelvolkige nasie met verskillende Afrikaner organisasies wat almal veelvolkig is.
*
VERWANTE ARTIKELS EN INLIGTING
Vermoor die Boer lied – Kill the Boer song
Kill the Boer Kill the farmer in South Africa
Herstel van Boere republieke en Boere volk
Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Wet op tradisionele Khoi San-leierskap en volke
Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Balfour verklaring – Jan Smuts
Leuens oor aparte gebiede – Segregasie
Narysec soldiers – SA Parliament
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] Vernietigingsproses in SA […]
LikeLike
[…] dit opdragte vanuit ander geledere? Gevolgtrekkings hieroor sal verskil oor die magspeletjies.Vernietigingsproses in SATraditional leaders South Africa: […]
LikeLike