*
Die Tamanrasset-rivier moes beslis ‘n baie groot rivier gewees het as daar na die geraamtes en voetspore nagelaat bekyk en nagevors word. Spesifieke satellietdata het ‘n span, wat deur die Franse Navorsingsinstituut vir Ontginning van die See se Charlotte Skonieczny, gelei is, die riviervalleie gewys waar dit duisende jare gelede gewees het. Die feite kan nie geïgnoreer word dat die eens Groen Sahara en Richat ook ‘n rol gespeel het duisende jare gelede nie.

*
Volgens die artikel het kanale na die binneland gestrek vanaf die ondersese vallei in Arguinbaai wat onder sandduine weggesteek word. Dit val reg langs die pad wat deur die topografiese ontleding voorspel is. Die navorsers kon die hoofvallei vir ‘n bietjie meer as 500 kilometer na die noordooste volg voordat die sand te dik geword het vir die satelliet se sein om deur te dring.
Lang versengende hittegolwe en droogtes wat kon bestaan het. Kan die moontlikheid hier bestaan waar daar eens groot mere of antieke myne was wat ‘verdwyn’ het, want dit was nie altyd woestyn nie.
Hierdie areas wat onder sand begrawe is vir duisende jare, versteek hoog ontwikkelde stede en dorpies.
Verskeie ontdekkings toon dat die groot Sahara woestyn so onlangs as ‘n paar duisend jaar gelede die tuiste van ‘n florerende ekosisteem van plante en wilde diere, selfs mense was. Die Tamanrassetrivier sou ook noodsaaklike voedingstowwe na see-organismes ver op see vervoer het. As dit vandag nog gevloei het, sou dit ongeveer die 12de grootste rivier op aarde gewees het. Volgens die joernaal “Nature Communications” bevat dit redelik inligting.
Die waterweg, wat onder die huidige Mauritanië gevloei het, het na alle waarskynlikheid deel gevorm van die Tamanrassetrivier, wat vermoedelik uit bronne in die suidelike Atlasgebergte en Hoggar-hooglande oor dele van die Sahara gevloei het.
*
Die Tamanraset-rivier (Morocco nuus)
Erens tussen 11 700 en 5 000 jaar gelede het ‘n magtige rivier deur die Sahara gevloei. In volle vloei sou dit vandag 11de onder die grootste riviere op die aarde wees. Die span het die sogenaamde Tamanraset-rivier ontdek toe hulle mikrogolfdata ondersoek het wat deur ‘n Japannese satelliet ingesamel is wat geologiese kenmerke in die gebied gekarteer het. Die versteekte rotsvallei kronkel vir meer as 500 kilometer van die Atlasgebergte in Noord-Afrika tot by die Atlantiese Oseaan.
Nagevolge
Foto’s wat van buite of die direkte omgewing afgeneem is, toon ook dat daar voetspore of ‘paaie van vergletsering’ plaasgevind het en dit kan duisende en selfs miljoene jare oud wees. Daaglikse beweging van aardbewings en tektoniese plate/foute, in die verskillende eras kan nog ‘n verdere verweer wees en woestyntoestande vererger.
Tekens van minerale ontginnings wat moontlik plaasgevind het. Die smag na rykdomme en mineraalontginnings het ook ‘n groot invloed deur die mense self. Hoe meer en dieper geboor word vir minerale en olies, hoe groter is die aardverskuiwings veral as daar stortreëns plaasvind (of selfs onnatuurlik gemanipuleer word) en word ‘aardverwarming’ die skuld gegee vir menslike foute.
*
BRONNE
Riviere, berge, mere en groot stede en dorpies is moontlik onder die Sahara begrawe.
https://www.moroccoworldnews.com/2015/11/172295/discovery-of-ancient-river-system-shows-sahara-was-once-thriving-ecosystem
https://www.scientificamerican.com/article/a-river-once-ran-through-the-sahara-graphic//
https://www.sciencedaily.com/releases/2013/09/130911184712.htm
https://arstechnica.com/science/2015/11/beneath-the-saharan-sands-a-river-valley/
*
VERWANTE INLIGTING
Suid-Afrika, foutlyne en aardbewings en Afrika
Rotsformasies – Rocks – NAZCA lines – Richat structure
Atlantis, the Richat Structure , near Ireland – Western Africa
Atlantic Ocean
Nazca lines Peru
Continental drift – Gondwana – Alfred Wegener (Germany)
Afar – Africa depression from space
KERKENBERG (MOUNTAIN) KZN
Die berge – Retiefklip
Fracking and Earthquakes – West Texas
[…] Tamanrasset-rivier Sahara Die oog van Afrika (Richat) […]
LikeLike
[…] Tamanrasset-rivier Sahara […]
LikeLike
[…] Tamanrasset-rivier Sahara […]
LikeLike
[…] Tamanrasset-rivier Sahara […]
LikeLike
[…] Tamanrasset-rivier Sahara […]
LikeLike
[…] (moontlik deel van Atlantis) Fjord in Namibia Sahara secrets Hoggar gebergtes, Sahara Algerië Tamanrasset-rivier Sahara Sahara – Libya’s Forbidden Deserts Sahara – Wadi Takarkori region * Contact Admin: Admin […]
LikeLike