*
Dis ons as mense se plig en verantwoordelikheid om toe te sien dat strome, vleie, riviere, damme en oseane skoon gehou word en nie besoedel word met vullis, plastiek, riool en gemors nie. Ons is almal die wagters wat moet sorg dat die riviere versorg word sodat die damme wat ons van water voorsien, skoon en vry is van onhigiëniese toestande. Regerings is oorhoofs in beheer en verantwoordelik vir water, alle riviere en damme, omdat hulle die wetgewings maak en wat moet sorg dat dit toegepas word.
*
Indien besoedeling vererger, beïnvloed dit elkeen van ons, die diere en visse rondom vleie, riviere, damme en oseane. Uiteindelik is dit die (on)verantwoordelike regering wat alle tipes besoedeling toelaat. Regering van Suid-Afrika kom nie hul plig
Ekologiese impak en rampe
Indien enige tipe van besoedeling plaasvind, verloor die hele ekologiese stelsel hul natuurlike vorm en waardetoevoeging wat ‘n enorme impak het op die ekonomie van die streek en land. Erosie vernietig nie net bo-grond nie, maar natuurlike sisteme. Dit is nie net Boere en landbouers wat afhanklik is van riviere en damme nie, elkeen in Suid-Afrika is, diere en plantegroei ingesluit, is afhanklik van water. Sonder strome en riviere sal damme eenvoudig leegloop en elke druppel in die kraan sal opdroog . Dit bring ook groter finansiële onkostes wat huishoudings en besighede nie kan bekostig nie.
Kabbelende riviere is die natuurlike vloei van water, wat maak dat ons ‘n lewensvatbare bestaansreg kan uitvoer in Suid-Afrika. Indien ons die ekosisteme deur ons eie toedoen besoedel en verwoes, veral riviere en damme sonder respek behandel, is dit nadelig vir elke inwoner in die land. Veral ook in riviere waar daar water-energie opgewek word wat spesiaal gebou is vir die opwek van energie. Plaaslike owerhede, hospitale en skole kan nie voortbestaan sonder water nie.
*
Die Afrika kontinent het heelwat lande met groot riviere wat ‘n pluspunt vir elke individuele land en selfs ander lande kan wees en wat meer kan bydrae tot die ekonomiese vooruitsig van die land, streek en kontinent. Ook hier moet gewaak word teen erge besoedeling en erosie.
Dis nie al riviere wat in Afrika is nie en vloei na alle rigtings.
https://www.tuko.co.ke/396797-7-major-rivers-africa-location.html
*
Besproeiingskema’s kan in almal se guns uitgebrei word. Werkskepping wat hand aan hand loop met onderhoud, is uiters belangrik vir enige ekonomie om te kan voortbestaan. Ongelukkig is daar die besoedelingsfaktore wat weens onopgevoede indiwidue besoedel word met rou riool en rommel of andersinds myn, munisipale en lugbesoedelings.
Heelwat poste word met rassistiese wetgewings aangestel wat onnodige druk plaas op staatsentiteite, besighede en munisipaliteite. Dit is nie net beleid van die ANC nie, maar dis wetgewing wat deur die parlement goedgekeur is.
Swart bemagtiging en rassisme
Baie persone word aangestel onder die vaandel van swart bemagtiging, maar kan nie hul pligte uitvoer rondom hierdie belangrike aspek nie. Hierdie tipe van poste verg soms meer verantwoordelikhede as die normale en gevolglik word geen onderhoud en werk gedoen nie. Die negatiewe gevolge is legio sedert 1994. Al hierdie besoedeling het ‘n nadelige effek op mense, diere en omgewings.
Voedsel en toerismebedryf
Die voedselbedryf trek reeds swaar en met besoedelde water word dit beslis nie beter gemaak nie. Riviere, kanale en veral damme kan in die vorm hidro-elektriese krag netwerke bevorder en as hulp middel aangewend word. Dit kan alles beheer word, maar in meeste elektrisiteit infrastrukture is daar swart bemagtiging vereistes (wetgewings) ter sprake met ‘n negatiewe impak.
Reservate, Kroongebiede, Tuislande, CPA en Trustgebiede
Heelwat individue, politieke partye, besighede en regerings buite ons land se grense is steeds van mening dat daar in 1994 afstand gedoen is van tuislande en kroongebiede. Dit is nie die geval nie. Daar sal opgemerk word dat veral die ou Tuislande of Reservate van voor 1900 in die beste reënvalgebiede in Suid-Afrika, val. Daar is ook heelwat riviere in die gebiede ter sprake. Hierdie bewoners het self die grond beset, sonder dat dit ooit aangekoop is. Later is dit deur Brittanje geannekseer.
Na 1994 is al die gebiede opgeëis onder die ANC grondwet en Grondeise (CPA en Trustgebiede).
*
*
Richtersveld ; KHOISAN AND CPA
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Trustgebiede-Tuislande-Reservate
CPA landclaims and study Northern Province