Blanke Boer op Villiers in Vrystaat vermoor

*
Simpatie gaan aan die naasbestaandes vir die bejaarde boer, Tobias Spies, wat aangeval en vermoor is.   Sy moordenaar het gevlug met twee selfone en R40.    Hy is verskeie kere met ‘n vleismes gesteek.   Nugter alleen weet wat ‘n moordenaar met twee selfone gaan maak en dit vir bloed op sy hande en sy hart is gietswart.  Of hy ooit gevang sal word, is ‘n ope vraag en die regering laat hulle nie voorskryf hoe om misdaad te hanteer nie.   Natuurlik word hulle waarskynlik betaal vir hierdie superdade en word as helde aanskou daarom word al hierdie tipe misdadigers beskerm.

*

Dis hartseer, nes al die ander wat reeds vermoor is.   Tobias Spies (86) is in sy huis op Villiers in die Vrystaat aangeval en verskeie kere met ‘n vleismes gesteek.   Spies se vrou, Thea (82) is nie ernstig beseer nie. Die egpaar was 62 jaar getroud.

Hierdie regering het geen saak met ons of ons vermoor word of ons uitgewis en verarm word onder swart bemagtiging en regstelaksies nie.  Hulle word waarskynlik ook vergoed vir al die misdaad wat onder hulle hand plaasvind.

Die moord lied “kill the BOER” hits net meer haat en geweld aan om blankes uit te wis.  Ons enigste opsie hieruit is om ons eie onafhanklike land te verkry.   Die herstel van die Boere republieke soos dit hoort en was in 1900 met die ondertekening van die Vredesverdrag.   Dis voordat Brittanje hul tande geslyp het vir al die minerale van die spesifieke gebiede en die res van die land.   Daarom het hulle ook eers al die ander se grondgebiede geannekseer voordat hulle die Boere aangeval het.  Liberale blankes het destyds hul aan Brittanje se kant geskaar om die hele land as EEN eenheid te beskou onder die Unie van Suid-Afrika.   

Heelwat persone in SA is van opinie, dit is blankes wat hierdie parlement beheer het.   Nee, dit is nie, dit is uit London gedoen.  Dis meestal Lords en Liberale blankes wat hul hier ingewurm het.    En dieselfde tipe het ook oud President Paul Kruger se lewe versuur om die Boere republieke binne te stroom vir stem en verblyreg.

Na 1960 toe ons ‘n Republiek geword het en uitgetree het uit die Britse statebond, word wyle Dr Verwoerd in 1966 vermoor.  Hy is vir dade vermoor wat hy vals beskuldig is.   

Apartheid is deur Engeland en deur swart/khoi san groepe self begin, nie deur ons nie.    Dus, aparte gebiede was daar reeds voor 1900, bekend as reservate en kroongebiede.   En in 1994 toe sluit die ANC weer by die Britse statebond aan om ons lewens meer te versuur.  Na Kodesa, onder grondeise, eis die hele spul khoi san en swartes hul grondgebiede op asof ons dit gesteel het.  Oor die 30 miljoen bly in die gebiede, met byvoordele (in Hansards), asook wetgewings en grondwet.  Dus, hoe kon enige blanke Boer hul grond gesteel het.  Brittanje het dit geannekseer, lank voor 1850 reeds.

*

Annette Jooste van Eeden killed

Farm Killers in South Africa

Farmer killed and burnt in Nigel, SA

Couple killed at Umkomaas

Blanke Boere aanval herleef – Farm attack and killings is still ongoing

June 2019 – Attacks/Killed

Witkruis monument 2021 White farmers killed in South Africa

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s