Farmer killed and burnt in Nigel, SA

Terrorist attacks and murder on 20 June 2019.
Sympathy to this farmer’s family of Nigel.   A 44 year old farmer, Johan Pretorius was first attacked by terrorists with pick-axe’s handle over his head and body.   Later the terrorists burnt his body and vehicle.  His body was found next to the vehicle. A farmer in Nigel died after he was assaulted and his vehicle set alight, badly burning  in the process, according to SAPS officials on Friday.

No photo description available.

TERRORIST ATTACK AND MURDER

The media reported that the Gauteng police spokesperson Captain Johannes Ramphora, added that Pretorius apparently tried to run away but ended up with burn wounds. Police are investigating whether he was in the vehicle at the time.

Monitor 24 Security owner Deon Pretorius (no relation) told News24 they received a call that a bakkie was on fire.   When they arrived at the scene, they found the body of a badly burned man lying next to the vehicle.   “We found some tools that were used in the fight, including the handle of a pick-axe. One of his shoes was lying on one side and his glasses on the other. It looked like there was a scuffle,” said Deon.

“We think that after beating [him] up, they put him in the vehicle … and he tried to get out but didn’t make it.”    Ramphora said they were investigating a murder case. No arrests have been made.

***

‘n Boer van Nigel is eers wreedaardig met ‘n  piksteel geslaan, toe later doodgebrand saam die voertuig wat aan die brand gesteek is.    Johan  moes volgens die spore en bloedmerke by sy skoonpa se plaashek ’n “hengse bakleiery” opgesit het, voordat hy doodgebrand het.   Die piksteel waarmee die boer verskeie kere geslaan is, was middeldeur gebreek.  Dis nog nie bekend of daar mer as een aanvaller was nie.

Persone wat Donderdagaand op ’n noodroep van ’n brand by Daan Wessels se beesplaas duskant Nigel aan die Oos-Rand gereageer het, het die 44-jarige man se lyk langs die gebrande bakkie gevind.     Johan is Wessels se skoonseun.   Die oorledene se bril, selfoon en een skoen is ook op die toneel gevind, terwyl daar heelwat bloed teen die hek is.

Party sê hoewel hulle aan die goed rondom die voertuig kan sien dat dit Johan is, “is hy so verbrand dat die polisie seker DNS-toetse sal moet doen om sy identiteit amptelik te bevestig”.

Deon Pretorius (nie familie nie), van Monitor24-Security, sê hulle het net ná 19:30 ’n noodboodskap gekry oor ’n voertuig wat naby die plaashek brand.    “Toe ons op die toneel kom, het ons die oorledene se erg gebrande lyk langs die voertuig gevind,” sê hy.
Die plaashek was met draad toegedraai.   Hy het moontlik uitgekom, maar langs die bakkie beswyk.

Dit word vermoed dat terroriste en die aanvallers, hom ingewag het en, toe hy uit die voertuig klim om die hek oop te maak, oorval het. Ons vermoed hy is toe ernstig beseer en in die bakkie gesit voordat die voertuig aan die brand gesteek is.

Johan, sy vrou Kobie, en hul klein dogtertjie, bly in ’n aparte huis op sy skoonpa se plaas.
Hoewel die huis nie ver van die hek af is nie, is daar ’n stoorplek tussen die huis en hek.
“Kobie sou dus nie die hek van die huis af kon sien nie,” sê ’n inwoner van die gebied.

Volgens hulle het die vrou, vir wie Monitor24 intussen ’n berader gereël het, net gesien dit lyk of die veld brand. Sy het haar pa gebel omdat haar man nog nie tuis was nie.
Wessels het glo op sy skoonseun se lyk en die bakkie afgekom toe hy die “veldbrand” wou blus.

Kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder, sê dit blyk dat Johan verskeie kere met die piksteel oor veral sy kop en bolyf geslaan is.    “Dit lyk asof hy in ’n stadium probeer weghardloop het, maar toe geval het voordat die aanvaller(s) die voertuig aan die brand gesteek het,” sê hy.     Ramphora wou in die stadium nie bevestig of Johan in die bakkie was toe dit gebrand het nie.

“Die ondersoek is nog baie vars. Wat ons wel kan bevestig, is dat die slagoffer se lyk langs die voertuig gevind is met verskeie brandwonde toe bure, wat ’n brand en rook gesien het, kom ondersoek instel het.

“Niks is geroof nie en ons ondersoek ’n saak van moord,” sê hy.

2 gedagtes oor “Farmer killed and burnt in Nigel, SA”

  1. […] *June 2019A 44 year old farmer, Johan Pretorius was first attacked by terrorists with pick-axe’s handle over his head and body.   Later the terrorists burnt his body and vehicle.  His body was found next to the vehicle. A farmer in Nigel died after he was assaulted and his vehicle set alight, badly burning  in the process, according to SAPS officials on Friday.Farmer killed and burnt in Nigel, SA […]

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s