Niemand sal ooit hierdie Kerkstraatbomontploffings van 1983 of selfs die ander soortgelyke bomontploffings vergeet nie. Net soos die ABO deel is van ons lewe en geskiedenis, is die radikale terreurdade van die ANC-PAC-SAKP ook werklikhede wat ons daagliks in die gesig staar – PLAASAANVALLE EN MOORDE. Dis ook nie die enigste terreurdade teenoor burgerlikes nie. Die ANC Quatro kampe was soortgelyke hel kampe of dalk nog erger teenoor hul eie volgers, as wat die Britse hel en konsentrasiekampe toegepas het, waardeur ons voorgeslagte moes deurmaak en vermoor is onder Britse kolonialisme en heerskappy.
Patriot vir Minderhede

*
Met die bomontploffings is alle burgerlikes geraak, nie net blankes nie.
Swartes en Khoi san volke, wat na 1994 steeds apart bly van mekaar, doen dit uit vrye wil en keuse met grondeise / cpa of trustgebiede. Hulle moenie dink is ons Boere wat hul gebiede afgeneem het nie, maar dit was die Britse elites en Kroon (Statebond), saam met al die minerale rykdom in 1902.
Dis hulle wat al die aparte wetgewings ingestel het met hulp van Shepstone, Rhodes en ander liberaliste.
Ons Boere se twee onafhanklike gebiede was ook geannekseer, saam die minerale wat daarin is. Dit was die Britse regering van 1800, wat swart en khoi san help bou het aan die segregasie, aangesien dit hulle is wat aparte kroongebiede en reservate opgebou het na die Mfecane oorloë in 1854. Nie die Boere nie.
‘n Saak van onmoontlikheid heers vandag steeds. Al hierdie gebiede is dan beskerm onder koloniale en selfs unie wetgewing en dis steeds lank daarna beskerm. Dus hoe kon ons hierdie gebiede ingepalm het as dit slegs kommunale regte was en ons het vandag nog geen seggenskap oor Ingonyama Trust, Richtersveld CPA of enige ander reservaat-tuisland of kroongebied nie.
Ons as Boer of Blanke het geen seggenskap oor hul gebiede nie, maar hulle skree en sing “apartheid” wat hulle vir hulself geskep het. Met Tuislande en onafhanklikheid het hulle daarvoor wettig gestem.
*
“Pretoria – Former apartheid police general, Johan van der Merwe, says former president Thabo Mbeki, President Jacob Zuma and Mac Maharaj should all be charged with murder for their roles in bombings during the armed struggle. The bomb was set off outside the Nedbank Square building in Pretoria’s Church Street on May 20, 1983. ”
*
Hulle het vir jare beplan en presies geweet wat hulle doen. Met die hulp van lande soos Nederland en Engeland veral, is van hierdie bomme en outomatiese vuurwapens via Mosambiek en ander buurlande verskeep en ingevoer om in Pretoria en ander plekke gebruik te word.
*
Op 20 Mei 1983 het die Kerkstraatbom-ontplof wat deur die ANC se MK uitgevoer was en waar 19 mense gedood en 217 beseer was, Swartes en Blankes – heelwat burgerlikes, wat die militêre teiken gemis het.
Die meester”brein” agter die terreur was Aboobaker Ismail. Hierdie tragiese voorval was opgevolg deur MK-lid Robert McBride wat op 14 Junie 1986 ‘n leidende rol gespeel het met die opblaas van die “Why Not”-restaurant en die Magoo’s Bar in Durban waar drie wit vroue aan flarde opgeblaas was tydens bomontploffings en waar 69 mense beseer was. Beide Aboobaker Ismail en McBride was agterna deur die ANC met topposte beloon. Eersgenoemde was destyds in die plaaslike pers beskryf as die ergste terroristedaad wat ooit in SA se geskiedenis gepleeg was.
Daar was opvolgbomme gewees deur groepe terroriste organisasies. Ook van hulle het hulp uit die buiteland ontvang.
Die PAC se militêre vleuel APLA, het 11 mense in die St. James-kerk in Kenilworth op 25 Julie 1993 doodgeskiet.
(Chris)
*
20 Mei 1983
Kerkstraat bom
Pretoria
20 Mei 1983, Vrydagmiddag , ongeveer half 5, het ń kragtige motorbom buite die Nedbankplein in Kerkstraat-Wes Pretoria ontplof. Die motorbom is deur Umkhonto we Sizwe, die militêre vleuel van die ANC gestel en 40 kg plofstof is gebruik. Die teiken was die Suid-Afrikaanse Lugmag wat die meeste kantore in die Lugmaggebou gebruik het waar die motorbom geplant was.
Die bom was gestel vir Vrydagmiddag spitstyd wat veroorsaak het dat verskeie burgerlikes wat op pad huis toe was ook in die ontploffing gedood of beseer is.
Die motorbom gaan so 10 minute vroeër af as wat beplan is en die twee MK lede wat die bom geplant het, sterf ook. Daar is 19 mense is dood en 217 is beseer. Minstens twintig ambulanse was nodig om die dooies en gewondes te vervoer. Skokgolwe oor die grusaamheid van die aanval ruk die land tot stilstand. Helpers spook om lewens te red en omstanders te kalmeer. Mense is lewenslank gestremd en getraumatiseerd na die bomaanval.
Die Waarheids en Versoeningskommissie het in 1997 en 1998 aangehoor dat die destydse ANC president Oliver Tambo die aanval gemagtig het. Die aanval was glo in vergelding vir ń oorgrensaanval deur die SAW in Lesotho 5 maande voor die bomontploffing waarin 42 ANC lede dood is.
Langs die besige Kerkstraat is ń baie onopmerklike gedenksteen, moeilik om te vind. Haastige voete stap daagliks daaroor heen sonder om te besef wat ń groot tragedie hier afgespeel het.
Onthou gerus, 20 Mei gaan elke jaar feitlik ongemerk verby. Diegene wat geliefdes verloor het en díe wat die aanval oorleef het sal egter nooit hierdie wrede daad op Vrydagmiddag 20 Mei 1983 vergeet nie.
Bron en fotos: Internet
Fotos: Gys Ströh Snr. 2019
Kerkstraatbom Pretoria
*
Slagoffers te Pretoria
*
Related
Zuma, bomme – moorde en plaasmoorde – ook voor 1994
Suid-Afrika se ANC rewolusie
[…] Quatro campsMoorde Killings/Rapes: QUATROTerrorisme in Kerkstraat 1983Vula Secret […]
LikeLike
[…] terrorisme en kommunistiese ekonomiese afbreek van wat ons vermag en bou het voor 1994. Terrorisme in Kerkstraat 1983Vula Secret SafariAl die staatsentiteite het soos manna in ANC skoot geval sodat daar ‘n […]
LikeLike