Werkskepping onder volkslede



In 27 jaar het ons as volk heelwat maatskaplik agter geraak en saam die stroomversnellers gegly in ‘n diep kloof in. In dieselfde tyd is al ons menseregte geskend, met behulp van swart bemagtiging en ons vryheid van ons weggeneem en aan bande gelê. Ietwat kommerwekkende prentjie in 2021 wat nie oornag gaan regkom nie. As daar gedink word wat ons voorgeslagte deurgemaak het, was hulle ook in dieselfde tipe bootjie van vernietiging by meer as een geleentheid. Hulle het ook nie gewag dat ander lande of vreemdelinge opheffing moet doen nie. Hulle het enduit gegaan in geloof.

Magalies

MAGALIESBERG BIOSPHERE HOME PAGE - Magaliesberg Biosphere




*

Van ons mense is reeds heelwat ondervoed, behoeftig en is daar groot tekorte op alle vlakke. Indien ‘n persoon geholpe kan raak om te werk en inkomste genereer, is die las soveel ligter per gesin om in van die behoeftes te voorsien. En om werk te skep met min finansies is geen maklike taak nie.

Dit verg ook voorafbepaalde aanbod, aanvraag en hoeveelhede werkloses wat wel wil wegkom uit hul werkloosheid. Mens twyfel of daar een is wat dit nie graag wil ontsnap nie. Wie wil verewig onder ‘n boom bly of in tente, ou karavane of selfs net ‘n plastieksak?

Om werkloses eerstens net uit te nooi, wat eerstens nie gekwalifiseerd genoeg is om take te vervul nie, verg ook om die nodige opleiding te verskaf – en dit moet ook gedoen kan word. Finansies ontbreek baie by die daarstel van sulke projekte.

Daar moet ook onthou word, meeste van ons volkslede is al vir etlike jare sonder werk en ervaring is wat eenvoudig doodgebloei het en dus ook soms belang in lewe verloor het. Dis hierdie belange wat gekwyn het, weer op te hef om mens te word.

Meeste van ons werkloses het nie gevra om werkloos te word nie, maar is deur omstandighede soos swart bemagtiging en regstellende aksie gedwing om op straathoeke te staan of rond te loop op soek na werk en ekstra inkomste. Alles behalwe wat hulle wel voorheen gedoen het. Soms is daar goed gekwalifiseerdes maar het hier opgeëindig.

*

Markte kan gehou word met al die projekte

NEHEMIA – GIDEON

Grassnydienste
https://www.youtube.com/watch?v=l-2prwP4TC4

Verkope en markte
https://www.youtube.com/watch?fbclid=IwAR0jcG4uGCOz1n4zmdjnZeryn_0eOBx9qtJd7cu31ORbHNEXCi6dSYxh4ik&v=YL67YlfVUgM&feature=youtu.be

Markte vetplante en boeke
https://www.youtube.com/watch?v=YL67YlfVUgM



*

Kibboets of iets soortgelyk, sluit ook opleiding of soort van ‘n sentrum in.

Om ‘n kibboets te begin, verg heelwat uitleg en ook soms meer kapitaal wat nie net van een persoon verwag kan word nie. Daar moet ook beskikbare grond en in die geval om voedselproduseer, geriewe wees, soos water en berging. Honderde duisende sit werkloos en dit het 20-30 jare geneem om daar te beland.  

Tyd wag vir niemand nie en vaardighede word ook verloor met van ons mense wat landuit gaan vir inkomste.

Sulke tipe werkloosheidsprojekte hoef nie net in die voedselbedryf te wees nie.

Nie almal kan met groentes aanplant of selfs diere werk nie.  Werkers moet êrens bly en slaap om naby hul werksplekke te wees omdat hul nie oor kapitaal of voertuie het om te werk nie.    Dus is daar dan ook ‘n aanvraag in die bou bedryf of iets wat opgerig kan word wat beweegbaar is. Die maak van stene, diefwerings en dakkappe, ens. Sweiswerk en ander tipe van handwerk kan hier handig te pas kom. Om bouplanne te ontwerp of selfs te lees, is nog ‘n beroep. Gepaardgaande is sanitasie en ander beroepe, asook dorpstigting. Elektrisiteit is nog ‘n beroep waar daar vele tentakels kan groei, saam met son of wind energie. Aflewering, trokbestuurders, gastehuisbedryf en toerisme, asook alle tipe van infrastrukture, pad, treindienste. Geestelike, mediese dienste, veeartsenydienste en bejaardesorg. Alles verg goeie administrasie, bemarking en opleiding. Wat ook belangrik is, is beveiliging en veiligheid ten alle opsigte, regdeur alle projekte en kan so iets tot voordeel vir ons volkslede aangewend word. Finansies moet ons probeer uitsorteer, en eerder van ons eie “betaalstelsels” ontwerp en begin gebruik, wat nie gekoppel is met enige bank of ander kommunistiese staat nie.

*

Kan dit gedoen word – ja – ons kan dit ook doen, maar dalk net op ‘n ander manier – ons eie.  Dit hoef nie soos die in Israel of ander plekke te wees nie, maar moet aanpas by ons waar ons is.    Begin op klein skaal wat reeds daar is.

Kibbutz called Jan Smuts

Hier is ‘n baie lang lys van Kiboetse.
https://www.kibbutzvisit.com/kibbutzim-in-israel/


Buitelandse werkers

Ironies, is daar baie lande oorsee wat van vreemdelinge of uitlanders (expats) gebruik maak om in hul landerye, boorde en veekrale te werk.   Druiwe pluk of pars in Italië en Frankryk is ook nie vreemd nie.   Heelwat van ons eie mense sit oorsee en verkry inkomste om te oorleef.

Ons BOERE republieke se ouers het ons ook geleer om baie werk self te doen.   Soms is dit gemaksugtigheid wat ons baie duur te staan kom as daar fisiese aanrandings, moorde en plundery voorkom.   Dis meestal vreemdelinge en buitelanders wat die misdade pleeg, met die hulp van personeel wat in en rondom huise werk. Met meer beweging op besighede en plase kan daar meer veiligheidswagte opgelei word en ervaring toepas.

Misdaad is ‘n groot probleem en duidelik gaan die regering dit nie oplos nie , ons is aan onsself oorgelaat vir beskerming.

Erge skade word ook aan boerderye en besighede aangerig.   Terloops, nie een oorsese land waarvan mens bewus is, raak mens ‘n mede-eienaar van daardie boer of besigheid nie.   Dalk soek mens op verkeerde plek.   Niemand word mede-eienaar nie, dalk aandele.   Almal gaan werk daar, met ‘n werkspermit en ooreenkoms.   Niemand val net in nie.   

In Suid-Afrika raak sommige, veral die swart bemagtigers so gemaksugtig, dat indien hul vir ‘n boer of besigheid werk, moet daar 51% of meer aandele aan hulle oorgedra word. 

Waar in ander lande gebeur so iets, waar minderhede of klein besighede so tenagekom word?   

Die ironie van die saak is, meeste oorsese lande ondersteun al hierdie tipe wetgewings en teken ooreenkomste. Selfs nou met die virus is dit duidelik bewys waar hulle staan.   

Geen Boer of Entrepreneur, wat ‘n lening aangegaan het oor 25-30 jaar, en met rentes terug betaal om hul besigheid te begin, het grond gesteel nie – nie in Suid-Afrika en nog minder oorsee. 

Dus, is die stelsel waaroor die ANC – SAKP – DA en EFF aangaan oor swart bemagtiging 100% kommunisties-bolsjevisties.    Tot die Chinese, Kubane, Russe en ander het meer mag as die burgers van die land.   

Selfs die liberaal verligte blankes, wat die Grondwet steun, steun ook die ANC en regering daarmee.   Die blanke liberale / klassieke liberale, wat so graag voorleggings gaan doen het in 2003 aan die ANC regering hoe om van  750000 blankes ontslae te raak, sit om dieselfde kospotte as die ANC – George Soros se Cato instituut en OSF.SA.

Kogh Brothers – George Soros – Cato Institute and others

Chinese under B-BBEE legislation

Rina Venter – Legkaarte – die leuens

ABN en Dinokeng

Swart bemagtiging – B-BBEE


Een gedagte oor “Werkskepping onder volkslede”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s