Menseregteskendings 1994 Akkoord

*

Daar moet in ag geneem word, die 1994 Afrikaner Akkoord het nie onder die 1996 se artikel 235 ontstaan of ondersoeke wat daarna gedoen is nie.     Dit het onder wetgewing in 1993 en die ou interim wetgewing ontstaan.   Die Volkstaatraad is ook in 1994 met ‘n mandaat met behulp van wetgewing, goedgekeur, lank voordat daar ‘n 1996 grondwet ter sprake was.    Twee jaar..  Dit is nie in 1996 verkry nie.


GRONDWETHOFUITSPRAAK

*

Hierdie Akkoord, wat later ondersoek is, sluit eensydig alle Boere republieke in onder die sogenaamde veelvolkige Afrikaner nasie dat dit hul grondgebiede is.   Geen nasie kan aanspraak maak op ‘n ander volk se grond nie.   Die Boere volk is nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie nie.

Met bekragtiging van die 1996 grondwet, die sogenaamde liberale kommunistiese grondwet, is dit verder bekragtig dat geen politieke party in die pad van ‘n volk moet staan indien hul selfbeskikking en onafhanklikheid wil verkry nie.   Ander volke kan ook nie daaroor beslis nie, aangesien daar aan internasionale vereistes voldoen moet word.   Ons as Boere volk kan ook nie namens en vir ander volke besluite maak nie.Lees ook wat in die Akkoord staan, die interim grondwet en wetgewing het hiervoor voorsiening gemaak.

Daar was  in die 1994 Akkoord bepaal dat indien die 1994 ‘n mandaat verkry het (37.5% aan die einde – oor die 639000 het ten gunste hiervoor gestem), sou al die gebiede ondersoek word deur die amptelik aangestelde aangestelde raadslede, wat hierdie gebiede, selfbeskikking en volkstaat ondersteun.

Van die liberale Afrikaner raadslede, wat multi-kulture en veelvolkigheid voorstaan en steun, het verkies om eerder uit te stap met die finale verslag en aanbevelings omdat hulle dit nie gesteun het nie.   Dit opsigself, druis totaal in teen die bepaling van die Akkoord, dat hulle nie daar gehoort het in die eerste plek nie.    Dis ook hulle wat inkomstes verkry het vanaf parlement en belastingbetalers, wat nie die selfbeskikking en volkstaat-gebiede steun nie, maar eerder ‘n spikkeltjie op ander plekke.

Self-determination – Selfbeskikking (publikasie 1995)

*

*

Daar was vir etlike jare onderhandel vir die sogenaamde “grondwet” waarmee die ANC-SAKP-DA(DP)-EFF en liberaal verligte Afrikaners mee spog – alles gefinansier deur Soros kommunis (Kodesa was gefinansier deur Soros).

1955 ANC Freedom Charter

ANC  –  Freedom charter 1955

Klassieke liberales en liberaal verligte Afrikaners wat in Dakar was, spog saam met oorname – selfs FW het dit beklemtoon dat hy dit weer sal doen. Hulle steun die “grondwet” soos dit tans daaruit sien – die 1996 grondwet en word daaronder ingesweer in parlement.

Regstellende aksie  –  Affirmative Action –  Dakar 1989

Neem maar kennis, dat daar heelwat skendings van menseregte plaasvind, deur die ANC regering, veral onder die Boere volksgenote.   Swart leiers sing ook saam oor ‘kill the Boer, kill the Farmer’ …

Kill the boer song

Kill the Boer people in South Africa

Vermoor die Boer lied  – Kill the Boer song

*

The SA Constitution was certified in 1996, which stated by Constitutional judges that self-determination  is an international right for each people to rule themselves in terms of international laws:    very important to note and:

REMEMBER, THE AFRIKANER ACCORD WAS ALREADY  SIGNED IN 1994.

Under the Interim Government and not under the British Commonwealth.

We as conservatives, the Boer people (volk) do have a right to rule ourselves in our own area / country.    The Boer people are not part of the multi-cultural Afrikaner nation.

*

CERTIFICATION OF 1996 CONSTITUTION ON THE ACCORD OF “AFRIKANER” SELF-DETERMINATION AND VOLKSTAAT

GRONDWETREGTERS SE UITSPRAAK MET BEKRAGTIGING VAN 1996 GRONDWET

Certification of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 (CCT 23/96) [1996] ZACC 26; 1996 (4) SA 744 (CC); 1996 (10) BCLR 1253 (CC) (6 September 1996)

Die veelvolkige Afrikanernasie kan nie aanspraak maak op enige Boere gebied of grondgebiede nie, dit behoort nie aan enige Afrikaner nie.   Die Boere kan ook nie aanspraak maak op Zoeloe of Khoi san of ander volke se ‘besette’ gebiede nie.

::::::::

[217] A related contention was that the right to self-determination, including the right to secession, is internationally accepted as a right, and thus should not be subjected to the discretion of Parliament. Thus, if a dispute reached this Court, it should be decided according to objective criteria as determined by international law, and NOT by whether or not Parliament has passed the requisite legislation.

http://www.saflii.org/za/cases/ZACC/1996/26.html

*

Lees gerus artikel 235 van die huidige 1996 Grondwet.

Ander volke kan  nie ons volksvryheid verskaf nie, dis ons wat dit internasionaal moet neem, nie ander volke nie.  Hulle het geen mandaat om namens ons volk te praat nie, nog minder enige multi-kulturele politieke party of ander organisasies wat hul voordoen dat hul ons menseregte beskerm.  Tans is alle politieke partye multi-kultureel.

Dit is totaal teenstrydig met internasionale wetgewing en vereistes, akkoorde wat die huidige en vorige regering onderteken het.  (Treaties was signed by both current and previous governments)

Tydens die sertifisering van die Grondwet en veral gegrond op Selfbeskikking vir ons as volk (Artikel 235) asook verdere verduidelikings van Artikel 235 van die Grondwet van SA van 1996, was daar deur die Grondwethofregters beslis dat die besluit nie by die Parlement berus nie, dat dit ook nie afhang van voorgeskrewe/vereiste wetgewing nie, maar dat sesessie (selfbeskikking: soewereine gebied) ‘n internasionale reg is, wat deur die Grondwethof in 1996 erken is, en dat Selfbeskikking vir ‘n volk bepaal word deur die internasionale reg se vereistes om dit te verkry, nie plaaslik nie.

Daar is REEDS sedert 1994 verskeie ou Tuislande oorgedra in die vorm van grondeise of trustgebiede.  Dus het heelwat swart en khoisan volke reeds grondgebiede, met hul eie afsonderlike tradisionele leiers, wetgewings en selfs aparte huise.  Die gebiede word in die Grondwet 1996 beskerm.  Hul word selfs in ‘n mate onderhou (CPAs toekennings) en ook tradisionele leiers.

Die Boere volk, wat voel die twee onafhanklike Boere republieke is steeds die tuiste, behoort  dit aan te moedig, soos deur die Volkstaatraad aanbeveel is, waarin ons ons onafhanklikheid verkry.  Dis ‘n internasionale reg.   Alle Boere republieke behoort hierby ingesluit te word.   Heelwat is ook ondersoek, alles oor BOERE republiek gebiede.

*

Liberaal verligte Afrikaners, parlement en anc regering is lief om te breinspoel om ons te laat skuldig voel oor iets wat ons nie gedoen het nie.      Die sogenaamde apartheid is deur Brittanje en onderskeie swart en khoisan begin (Shepstone 1854 en Rhodes 1894).   Brittanje het kom inmeng en grond wat onafhanklikheid gehad het, geannekseer, sowel minerale regte in 1902.     Oorloë is deur die Britse kroon begin.

Liberaal verligte Afrikaners is lief om op twee stoele te sit, kommentare te lewer op sosiale media wat “teenstrydig” is met hul eie beleid.  Hulle is en bly multi-kultureel en vorm die vals “reënboognasie”.

Ons moet gedurig aanhoor ons is skuldig aan A B en C.    Hou op skuldig voel en staan op om menseregte te herstel – met Selfbeskikking (volle afhanklike gebiede).    “Apartheid” of segregasie is nie deur ons begin nie, dit was reeds daar as “reservate” in 1960, sowel 1948 en ook in 1990 het hierdie aparte gebiede reeds bestaan.  Inteendeel na 1994, het dit bly voortleef met Trustgebiede en “grondeise” waar CPA’s geregistreer word, maar beide hierdie gebiede bevat slegs “lewensreg” en geen titelaktes.

***

MENSEREGTE SKENDINGS

B-BBEE

Swart bemagtiging is reeds by Dakar gevra – deur blanke liberaliste.  Dit is deurgevoer deur ‘n kommissie wat deur Ramaphosa gelei is.  Heelwat blankes het hiermee gehelp.

Onder die 1996 grondwet is swart bemagtiging, rassistiese wetgewing ge-implementeer. Sport het sy rasse-kwotas geplaas. Tenders is alles uit dat slegs swart bemagtigers mag voordeel trek.   Slegs die ryk en elite families het hier voordele ontvang.Bywette van munisipaliteite word volgens nasionale wetgewing bestuur, asook provinsies, dus word alles onder die kommunistiese vaandel voortgedra.   Hiervolgens word aanstellings ook op B-BBEE gedoen – op alle vlakke van regering sowel besighede.

Provinsies se beleid pas by nasionale wetgewing aan.

Hoe meer hulle skend, hoe meer gee die regering en liberales ons blankes die skuld, vir niks, vir mense wat nie hul take kan uitvoer nie.

Haat en opstook, saam met rewolusies is aan die orde van dag en ‘n daaglikse gewoonte by hulle.

Ons as volk word nie toegelaat om ekonomies te groei nie, maar maatskaplik te verarm.

*

RASISME EN DISKRIMINASIE is ‘n internasionale skending van menseregte. In 25 jaar het geen politieke party aanstaltes gemaak om dit te laat afskaf nie, maar inteendeel het dit vererger. Lees die betrokke Hansards hieroor.   Daar is heelwat artikels hieroor geplaas.

*

Onder die grondwet van 1996 is ons taal Afrikaans so afgewater dat alles daarom veroordeel word, tot ons kinders word die reg ontsê om in Afrikaans skool te gaan.Ons het nog nooit enige uitsprake gemaak dat die skole in die ou Tuislande, wat na 1994 Trustgebiede geword het, wat hulle taal bedien, nie mag voortbestaan nie. Skole en universiteite het totaal en al “verEngels” en waar is die sogenaamde grondwet nou heen?

*

Onder die grondwet van 1996 word ons lewens bedreig en daagliks word ons of aangerand, verkrag, vermink, gemartel en vermoor.’n Skending van lewensreg om ‘n veilige lewe te mag hê in ‘n sogenaamde “demokrasie”

LEES KOMMUNISTIESE REGERING.

*

Onder die grondwet van 1996 word ons totaal en al beroof van ons eie menseregte, ons eie identiteit, kultuur, tradisies en volksbyeenkomste waar ons as Boere ‘n reg op het.Ons as volk meng nie in as daar in Trustgebiede of CPAs enige tradisionele volksdanse plaasvind nie, maar dan word verwag ons moet alles van ons ooplaat en mag ons niks vir onsself bevorder nie.

Terloops

Ingonyama Trust is slegs vir Zoeloes en bestaan uit 9 aparte gebiede.

Richtersveld is ‘n CPA en Trustgebied slegs vir khoi san en bruin mense.  Daar is 6 soortgelyke gebiede vir hulle.Hulle het slegs kommunale regte, maar het met CPAs ook heelwat ander ontvang, soos trekkers , diere, ens.

Geen Boer volksgenote het insette in hierdie wetgewings gehad nie en nog minder kan enige een van ons grond koop in die gebiede wat vir ander “gereserveer” is.   Swart etniese groepe het geen grond in al hierdie ou reservate of tuislande gekoop nie, maar die grond is na 1825 beset.

*

Trustgebiede-CPA beleid kom ooreen met die Britse Shepstone beleid van 1854 waar daar aparte gebiede (1848-1854) slegs vir etniese volke geskep is.

Dit was in 1854 Reservate genoem of Britse Kroongebiede.

TANS in 2018 is daar reeds 8840 tradisionele leiers, en ons onderhou hulle met salarisse en ander byvoordele.  Lees die Grondwet 1996 hieroor.

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

6 gedagtes oor “Menseregteskendings 1994 Akkoord”

  1. Hoe kan sefbeskikking “volle afhanklike gebiede” wees – afhanklik van wie? Selfbeskikking word ook deur verskeie internasionale statute beskryf, onder andere die Statute of Rome – te veel om te noem, dus hoef ons nie so verskonend daaroor te praat nie

    Like

Lewer kommentaar