Moord: Louw – Lutzville – 10.2.2019

Die Weskus is geruk deur ‘n plaasmoord op die rustige dorpie Lutzville waar ‘n bekende boer, Jaco Louw (57) wat met verskeie steekwonde aangetref is.   Simpatie aan naasbestaandes en familielede.
FARM MURDER: Lutzville, Western Cape Province. Tragedy as Jaco Louw (57), was  stabbed to death.    Condolences to his family and friends


Een moord is een moord te veel.  Dié ongevraagde moord is nie net sinneloos nie, dit bly moord en êrens loop moordenaars en terroriste met bloed aan hul hande, op soek na hul volgende slagoffers.

Die eerste plaasaanval in dié omgewing vanjaar – het met skokgolwe deur die gemeenskap gegaan en wye kritiek en reaksie uit verskeie kringe ontlok weens die Polisie se skynbare onvermoë om misdaad en moord in die provinsie hok te slaan waar tot tien moorde en tien pogings tot moord daagliks aangemeld word.

Lutzville is ‘n klein plekkie en platteland waar mense mekaar ken, wat tans in rou is ná moord op bekende boer

Die gemeenskap van die Weskusdorp Lutzville is in rou gedompel nadat die bebloede lyk van ’n bekende wingerd-en-boontjieboer buite sy huis op sy plaas gevind is Sondagoggend. Hy het verskeie steekwonde opgedoen.  Dit is en bly altyd skokkend om op grumoorde af te kom.   ’n Plaaswerker het Sondagoggend op Jaco Louw (57) se lyk afgekom.   Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

“Plattelandse gebiede is en bly sagter teikens weens die ligging van plase maar min misdadigers word werklik aangekeer om gestraf te word waar hul vir jare weggebêre kan word.    Boere en plaaswerkers word al hoe meer uitgelewer aan misdadigers.

 

Advertisements

2 gedagtes oor “Moord: Louw – Lutzville – 10.2.2019”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s