Pluimvee – Hoenders (Poultry)

Wie hou nie daarvan dat ‘n haan kraai vroegoggend nie?   Vir baie stadsjapies is dit rusverstoring en verkies eerder die geraas van voertuie, vliegtuie en uitlate as die haan se gekraai? Al is daar net een haan in ‘n dorpie of stad dan word daar gekla, maar die vele honde wat blaf of katte wat rondloop en oor ‘n prys baklei praat mens nie eers nie.    Dis wel storend as daar al 4 uur aanmekaar gekraai word en irriterend.   Katte word soms verwilder maar na minute is hul terug.
Who does not like a rooster crowing early in the morning? For many of us it is a disturbance and noise – rather prefers the noise of vehicles, aircraft and outlets than the rooster? Even if there is only one rooster in a town or town then there is a complaint, but the many dogs that bark or cats that run around and fight over a price do not count.

Image result for Boschveld hen

 

Die musiek van die hoenderhane – kyk hoe reageer hulle almal verskillend – geniet die gesange van die haan.
Hoenderhane is baie spesiale diertjies eintlik

Daar is verskeidenheid van keuses.     Hier is ‘n paar voorbeelde.
Various types of chicken and chicken breeds

Hoender1

.

Wanneer daar teruggegaan word in ons eie geskiedenis is daar groot verskeidenheid van beroepe, al was dit meer primitief as vandag, het ons voorouers oorleef – ons kan ook.   Veral met die oog daarop om ons eie onafhanklike gebiede te verkry, moet ons in onsself glo en met Sy hulp sal dit suksesvol eindig.   Fokus op eie veiligheid is ontsettend belangrik in tye waarin geleef word.   Daar word teveel van ons volksmense vermoor en met die ekonomie uitgesluit.    Weet dit, ons is ‘n minderheidsvolk(e).  Ons kan nie verewig onder kommunistiese regering, grondwet en diskriminerende wette oorleef nie.  Swart bemagtiging gaan nie verdwyn nie.  Die baie diskriminerende wette na 24 jaar eis die tol beslis.  Dis vernietigend op ons jeug, kultuur, identiteit, taal en ekonomie.
.

Om te boer of besigheid te bedryf.   Uiteindelik as daar een suksesvol is, kan daar uitgebrei word.  Begin klein en eindig groot.  Moenie groot probeer begin en alles opmors nie.  Vinnig ryk word of sukses behaal,  gaan nie oornag geskied nie.

GEEN boerdery is ‘n maklike taak nie.   Vir baie mag dit lekker lyk of klink om te kan boer, maar dis harde werk.   Aanbod en aanvraag is belangrik.    As boer moet daar positiewe resultate wees vir afset van produkte.  Sonder afset is min of geen inkomste.   Sommige afdelings van boerderye  is meer intensief dan ander.  Heelwat afdelings genereer weer vinniger ‘n kleiner inkomste as ander.   Doen huiswerk oor die beskikbaarheid van kosse of produseer verkieslik eie, veral groenvoer.  Bemarking in omgewing is belangrik, veral afleweringskoste.     Geen besighede is ‘n maklike taak nie en word vrugte gepluk met harde werk om doelwitte met sukses te bereik.  Daar word soms ure ingesit, 7 dae ‘n week.  Enige boer of privaatbesigheid is so.   Hou altyd die hand op jou besigheid.    Mens is of gebore om te boer of jy is nie.  Almal kan nie ingenieurs of argitekte wees nie.  Ons as volk, lewer ook ‘n verskeidenheid beroepe en besighede op.  Fokus op dit waarvan jy hou en glo jy die beste in is.

~~

Die Rhode Island Red en Australop is volgens kennis ‘n goeie lê hen. Eersgenoemde is eintlik ‘n mooi spesie om aan te hou, maar eintlik is heelwat van hulle nie te onaardig op die oog nie.
 
Die Boschveld henne is ontwikkel om eiers te voorsien asook om vlieë en bosluise onder beheer te hou in beeskrale. Hierdie ras doen baie goed onder hierdie toestande.  Of boere steeds hiervan gebruik maak is ‘n ope vraag.
 
Die Hy-Line and Lohmann henne is eierlê rasse en produseer uitermatige hoeveelhede eiers as hulle behoorlik uitgegroei is en doeltreffend bestuur word. Belangrik om te weet dat hulle nie slaghoenders is nie. Jy moet dus besluit wat jy wil produseer: eiers of vleis?
 
Braaikuikens is harde werk en net om met hoenders te boer is nie kinderspeletjies nie. Daar is ook siektes wat kan uitbreek waar die hele boerdery tot niet kan gaan binne ‘n oogwenk.  Daar is heelwat inligting en boeke beskikbaar.   Dus, ken die siektestoestande om dit makliker te identifiseer.  Indien dit onbekostigbaar is, is daar internet of biblioteke wat kan help.

Dis ook dalk soms nodig om ‘n boer te nader en bystand te gaan verleen om praktiese ervaring op te doen en te leer.  Leer die boer ken en bevorder jouself.

Hoendersiektes en die voorkoming daarvan

Image result for hoender siektes

 
Inligting is beskikbaar oor voermengsels maar eie ervaring en ondervinding is die beste leermeester.    Heelwat boere meng hul eie tipes vir verskeidenheid produksie. Natuurlik bly die vrylopende en organiese hoender die beste smaak in die vleis en selfs in eiers te bespeur. Kwaliteit is altyd belangrik vir ‘n goeie gesonde leefstyl.

>

Eie ervaring – wees welkom om ervaring te deel.

As kinders het ons hoofsaaklik op hoenders gefokus en kleiner inkomste en besighede ontwikkel.

Deel dus graag ‘n ervaring wat ons as kinders opgedoen het terwyl ons klein besighede begin het.  Ouers moet soms hul kinders toelaat om self te besluit wat hulle graag wil doen vir ekstra inkomste.    Juis omdat ons na die Anglo Boere Oorlog en depressiejare arm gelaat was en nie baie groot inkomste gehad het nie, het ons gefokus op eie besighede.   Moenie hoër vlieg as jy nie kan nie, kruip eers dan loop en hardloop jy.

Daar was nie baie spasie en grond beskikbaar nie en kon ons dieselfde tipe metodes as vandag gebruik het vir hoenders om vry te beweeg, maar ook ‘n slaapplek het teen wind en weer.    Daar was ook heelwat verskeidenheid vrugtebome en groentetuine,  vir nog ‘n bykomende inkomste.  Met inkomstes wat gegenereer is, is daar later grond gekoop vir eie gebruik.    Later is ander diere bygevoeg soos gegroei is.


Ons het verskeidenheid hoenders gefokus en het goed geventileerde steengeboude hokke gehad wat “toegemaak” word as daar koue arriveer.  Jong kuikens is totaal anders hanteer.

Image may contain: fire, night, plant and food

Daar moes gereeld hokke skoongemaak word waar geslaap word om siektes te voorkom. As kinders moes ons steeds ons skoolwerk doen, maar het ook terselfdertyd eie besighede aan die gang gehad saam ander huishoudelike take in en rondom huis.

Ouers was daar vir bykomende raad maar ons moes die werk self doen.  Eiers uithaal, was, weeg en klas was dus niks snaaks nie.  Dus was hande nie rond nie en weet wat harde werk is.

Dalk moet ons as kinders ook ons oupa’s en ouma’s se gronde gaan opeis as ons sin, want ons het jare en vir geslagte daar gebly.  Toevallig is dit nou “weermag” grond.  En daar was geen swarte in sig op hierdie gronde nie, ons het self gewerk.   Hierdie groot gebiede grondgebiede word hoegenaamd nie benut nie en was voorheen produktiewe boerdery bedryf.


Related image

Free range chickens


“We use small, compact houses for small groups of chickens, which all venture out every day. Chickens don’t like to be in large groups.”

The Fowl Woman

~

ANATOMIE VAN DIE HOENDER
Anatomy and Physiology of Chickens

No automatic alt text available.

No automatic alt text available.

Wie was die eerste – hoender of die eier – HOENDER

Image result for anatomie van die hoender

SIKLUS VAN DIE HOENDER

Image result for anatomie van die hoender

Facebook – Embrio stadium video

Kuikens kom uit

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s