Pluimvee – Hoenders (Poultry)

*

Wie hou nie daarvan dat ‘n haan kraai vroegoggend nie?   Vir baie stadsjapies is dit rusverstoring en verkies eerder die geraas van voertuie, vliegtuie en uitlate as die haan se gekraai? Al is daar net een haan in ‘n dorpie of stad dan word daar gekla, maar die vele honde wat blaf of katte wat rondloop en oor ‘n prys baklei praat mens nie eers nie.   Pluimvee – Wie was die eerste – hoender of die eier – die HOENDER   

Image result for Boschveld hen

*

Die musiek van die hoenderhane – kyk hoe reageer hulle almal verskillend – geniet die gesange van die haan.   Om na geluide te luister , kan soms ook in beveiliging aangetref word, soos om ganse aan te hou.   Dit is altyd rustig vir enige gemoed.

*

Bykomende boerderye:  Ganse is uitstekende waghonde en hulle val onverwags en onvoorwaardelik aan.    Vere kan ook aangewend word om kussings en ander toebehore te maak.

Hoenderhane is baie spesiale diertjies eintlik

Daar is verskeidenheid van keuses.     Hier is ‘n paar voorbeelde.
Various types of chicken and chicken breeds

Hoender1

*

Wanneer daar teruggegaan word in ons eie geskiedenis is daar groot verskeidenheid van beroepe, al was dit meer primitief as vandag, het ons voorouers oorleef – ons kan ook.   Veral met die oog daarop om ons eie onafhanklike gebiede te verkry, moet ons in onsself glo en met Sy hulp sal dit suksesvol eindig.   

Fokus op eie veiligheid is ontsettend belangrik in tye waarin geleef word.   Daar word teveel van ons volksmense vermoor en met die ekonomie uitgesluit.    Weet dit, ons is ‘n minderheidsvolk.  Ons kan nie verewig onder kommunistiese regering, grondwet en diskriminerende wette oorleef nie.  Swart bemagtiging gaan nie verdwyn nie.  Die baie diskriminerende wette na 24 jaar eis die tol beslis.  Dis vernietigend op ons jeug, kultuur, identiteit, taal en ekonomie.
.

Om te boer of besigheid te bedryf.   Uiteindelik as daar een suksesvol is, kan daar uitgebrei word.  Begin klein en eindig groot.  Moenie groot probeer begin en alles opmors nie.  Vinnig ryk word of sukses behaal,  gaan nie oornag geskied nie.

BESIGHEID EN BEMARKING

GEEN boerdery is ‘n maklike taak nie.   Vir baie mag dit lekker lyk of klink om te kan boer, maar dis harde werk.   Aanbod en aanvraag is belangrik om te alle tye in ag te neem.    As BOER, of selfs enige ander besigheid, moet daar positiewe resultate wees vir afset van produkte.  Sonder afset is min of geen inkomste. 

Sommige afdelings van boerderye  is meer intensief dan ander.  Heelwat afdelings genereer weer vinniger ‘n kleiner inkomste as ander.   Doen self huiswerk oor die beskikbaarheid van kosse of produkte verkieslik eie, veral groenvoer.  Bemarking in omgewing is belangrik, veral afleweringskoste. 

Saam met hoender en pluimvee, kan ook ander gewasse en kleiner besighede begin word.   Toets die mark met groentes en vrugtes (bome), wat ‘n aanwins vir gesin, familie en selfs die huidige opset help.  Afvalprodukte wat organies bemeester kan word, kan weer in die pluimvee bedryf aangewend word, selfs komposhope is nie te versmaai nie.   Selfs die maak van kompos kan ‘n klein besigheid tot gevolg hê.

Geen besighede is ‘n maklike taak nie en word vrugte gepluk met harde werk om doelwitte met sukses te bereik.  Daar word soms ure ingesit, 7 dae ‘n week.  Enige Boer of privaatbesigheid is so.   Hou altyd die hand op jou besigheid.    Mens is of gebore om te boer of jy is nie.  Almal kan nie ingenieurs of argitekte of dokters of boere wees nie. 

As volk, word ook ‘n verskeidenheid beroepe en besighede opgelewer.   Enige besigheid het verskillende takke en vertakings, en boerderye het dieselfde geleenthede wat benut kan of moet word. 

FOKUS

Fokus op dit waarvan jy hou en glo jy die beste in is.   Moenie hoër vlieg as wat jou vlerke jou kan dra nie.  Begin onder en klim die trappe na bo, moenie verwag om heel bo te begin en vinnig ryk te word nie, dit gaan nie gebeur nie.   Deur heel bo te begin, is juis die grootste probleem, dan doen mens nie die nodige ondervindings op om van ‘n besigheid ‘n sukses te maak nie.

 

*

Hang alles af van die dieet van die diereryk.

Die Rhode Island Red en Australop is volgens kennis ‘n goeie lê hen. Eersgenoemde is eintlik ‘n mooi spesie om aan te hou, maar eintlik is heelwat van hulle nie te onaardig op die oog nie.   Die Boschveld henne is ontwikkel om eiers te voorsien asook om vlieë en bosluise onder beheer te hou in beeskrale. Hierdie ras doen baie goed onder hierdie toestande.  Of boere steeds hiervan gebruik maak is ‘n ope vraag.    Die Hy-Line and Lohmann henne is eierlê rasse en produseer uitermatige hoeveelhede eiers as hulle behoorlik uitgegroei is en doeltreffend bestuur word. Belangrik om te weet dat hulle nie slaghoenders is nie.

Daar moet dus besluit word wat sal en kan geproduseer word: eiers of vleis  OF ALBEI, vars en/of gevriesde hoender, heel of stukke.   Daar is selfs meer, om goeie kuikens  in verskillende tydlyne te verkoop is ook ‘n besigheid.   ‘n Groter bedryf wat saam kan hardloop is om ‘n slagpale spesifiek vir die pluimveebedryf, te begin en te onderhou.   Gebruik Boere volksgenote om eie besighede te bevorder.  Dit hoef nie net eie hoenders te slag nie, gaan groot en brei stelselmatig uit.

Siektes

Braaikuikens is harde werk en net om met hoenders te boer is nie kinderspeletjies nie. Daar is ook siektes wat kan uitbreek waar die hele boerdery binne ‘n oogwenk tot niet kan gaan.  Daar is heelwat inligting en boeke beskikbaar.   Dus, ken die siektestoestande om dit makliker te identifiseer.  Indien dit onbekostigbaar is, is daar internet of biblioteke wat kan help.

Dis ook dalk soms nodig om ‘n boer te nader en bystand te gaan verleen om praktiese ervaring op te doen en te leer.  Leer die boer ken en bevorder jouself.

Hoendersiektes en die voorkoming daarvan

Image result for hoender siektes

>

Eie ervaring – wees welkom om ervaring te deel.   


As kinders het ons hoofsaaklik op hoenders gefokus en kleiner inkomste en besighede ontwikkel.

Deel dus graag ‘n ervaring wat ons as kinders opgedoen het terwyl ons klein besighede begin het.  Ouers moet soms hul kinders toelaat om self te besluit wat hulle graag wil doen vir ekstra inkomste.    Juis omdat ons na die Anglo Boere Oorlog en depressiejare arm gelaat was en nie baie groot inkomste gehad het nie, het ons gefokus op eie besighede.   Moenie hoër vlieg as jy nie kan nie, kruip eers dan loop en hardloop jy.

Daar was nie baie spasie en grond beskikbaar nie en kon ons dieselfde tipe metodes as vandag gebruik het vir hoenders om vry te beweeg, maar ook ‘n slaapplek het teen wind en weer.    Daar was ook heelwat verskeidenheid vrugtebome en groentetuine,  vir nog ‘n bykomende inkomste.  Met inkomstes wat gegenereer is, is daar later grond gekoop vir eie gebruik.    Later is ander diere bygevoeg soos gegroei is.


Inligting is oral beskikbaar oor voermengsels maar eie ervaring en ondervinding is die beste leermeester.    Heelwat boere meng hul eie tipes vir verskeidenheid produksie. Natuurlik bly die vrylopende en organiese hoender die beste smaak in die vleis en selfs in eiers te bespeur. Kwaliteit is altyd belangrik vir ‘n goeie gesonde leefstyl.

Om op verskeidenheid hoenders te fokus is beter en het goed geventileerde steengeboude hokke gehad wat “toegemaak” word as daar koue arriveer.     Jong kuikens is totaal anders hanteer.  Dit moenie onooglik wees of onmenslik ontoeganklik wees nie.   Waar moontlik, laat ruimtes daar vir hoenders om rond te beweeg en te loop.   Organiese hoenders is sterker en is minder blootgestel aan siektes wat maklik kan versprei.  Moet nooit vreemdelinge toelaat in besighede of boerderye nie, want siektes kan versprei word of selfs moedswillig versprei word.  Dit hoef nie net hoenders te wees nie, maar daar is vandag verskeie pluimvee wat in ‘n gemengde boerdery gebruik kan word.   

Indien dit ‘n groot area is, kan ook op wild gefokus word – begin klein en gaan groter.   Doen navorsing oor die voor en nadele van wild en om voorsienend te word op verskillende gebiede.

Die leerproses begin voor trappie EEN 

BEVEILIGING is ‘n prioriteit

Dit weet almal dat dit uiters belangrik is om die beveiligheid van huis en besighede te beskerm 24/7.   Moenie net inval en iets begin wat nie beveilig kan word nie.   Tref genoegsame voorsorg, om te omhein, vir die verspreiding van siektes, om diefstal te bekamp en te voorkom en totaal te elimineer.   Daar word baie gefokus om BOERE uit te wis, so tref voorsorg.   Maak gebruik van betroubare volksgenote wat kan inwoon en selfs behulpsaam kan wees met beveiligingstrukture.  

Beveilig WATER , want nie net het die Boer en sy familie asook werkers dit nodig nie, maar elke dier op die perseel is belootgestel aan die gemors rondom ons almal.

Kry ‘n NOODplan in werking en begin met betroubare BURE vergaderings te hou en kontak, veral radio, want selfone is nie altyd daar om te ontvang nie.  Hoe meer betroubare bure kan inskakel, hoe minder raak risiko’s en idees raak meer.  Pasop vir vreemdelinge wat onbetroubaar is en soms net rondloop en werk soek.

Boere en hul werkers behoort ook navorsing te doen oor nuwe aanstellings en aanvaardings op plotte en plase.  Dit is lankal nie meer 1960 nie.   

Laat doen ‘n veiligheidstoets as dit moontlik is (leuenverklikker).

 

*

WEES VERTROUD MET ALLES WAT OP PERSEEL AANGAAN

Daar moes gereeld hokke skoongemaak word waar geslaap word om siektes te voorkom. As kinders moes ons steeds ons skoolwerk doen, maar het ook terselfdertyd eie besighede aan die gang gehad saam ander huishoudelike take in en rondom huis.

Ouers was daar vir bykomende raad maar ons moes die werk self doen.  Eiers uithaal, was, weeg en klas was dus niks snaaks nie.  Dus was hande nie rond nie en weet wat harde werk is.

Moenie privaat ritte of enige ander besprekings doen met algemene werkers nie.

*

Who does not like a rooster crowing early in the morning? For many of us it is a disturbance and noise – rather prefers the noise of vehicles, aircraft and outlets than the rooster? Even if there is only one rooster in a town or town then there is a complaint, but the many dogs that bark or cats that run around and fight over a price do not count.


*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

Lewer kommentaar