Afrikaans en Overvaal

Die uitspraak is in die guns van Overvaal hoërskool op Vereeniging uitgespreek.  Al gaan daar moontik ge-appelleer word deur owerhede, is dit nog geen uitgemaakte saak nie.   Dit is ook nie uitgesluit dat amptenare vervolg mag word nie.  Dis sommer nonsens dat daar so teen Afrikaans, Afrikaanse onderrig en universiteite gediskrimineer word.  Puik regspan.


Vorige artikel:
Vereeniging Overvaal

WELGEDAAN OVERVAAL TROTS OP JULLE EN AFRIKAANS

Ons as Afrikaners en Boere en selfs ander volke wat Afrikaans verkies, skryf nie aan ander volke hul taalbeleid voor nie – nie op skoolvlak of universiteite nie.   Daar word nie gediskrimineer deur ons teenoor ander minderheidstale wat reeds by verskeie universiteite ge-implementeer is nie.    Dis net regverdig om met dieselfde respek behandel te word.

Die taal: Zoeloe is reeds as ‘n vereiste in KwaZulu-Natal universiteite daargestel vir toelating om te mag studeer.   Waarom word daar dan net teenoor Afrikaans gediskrimineer?  Waarom moet leerders wat verkies om in Afrikaans onderrig te word, onder die Engelse taal hul knie buig?  Dit terwyl daar heelwat beloftes al voor 1994 gemaak is tot Afrikaans op alle vlakke.

Praag skryf:

In sy uitspraak vanmiddag het regter Bill Prinsloo gesê dat die besluit van Afrikaanshater Panyaza Lesufi en die Gautengse onderwysdepartement om eensydig die taalbeleid van Hoërskool Overvaal te verander “teen die wettigheidsbeginsel indruis”. Hy het ook bevind dat die twee Engelse skole in die omgewing wat teenstrydige verklarings oor hul kapasiteit afgelê het en eintlik namens die departement gelieg het, slegs die skool se saak versterk het.

Beide Engelse skole in die omgewing, General Smuts en Phoenix High School het oor genoegsame plek vir meer as 55 leerlinge beskik, maar het hul aanvanklike verklarings in opdrag van Lesufi en sy departement gewysig toe die departement besef dat hulle die saak teen Overvaal sou verloor indien dit op die lappe kom dat die Engelse skole nog plek vir die leerlinge gehad het.

Regter Prinsloo het verder bevind dat Lesufi en sy distriksdirekteur “geen ag geslaan het op die kapasiteit van die skool om die leerlinge te akkommodeer vergeleke met die twee ander skole in die gebied nie”. Weens haar rol in die debakel, en dat sy wesentlik besig was om die gereg te dwarsboom, het regter Prinsloo aanbeveel dat sy aan professionele tugstappe onderwerp behoort te word.

Die regter het ingeslyks WhatsApp-boodskappe aan die twee Engelse skoolhoofde as getuienis in die hof toegelaat. In die boodskappe word een van die hoofde gedreig dat hy afgedank sal word as hy nie sy verklaring verander om te sê dat daar nie meer plek by sy skool is nie. Daarmee het die onderwysdepartement die skoolhoof gedwing om meineed te pleeg.

Regter William Prinsloo het ‘n bestraffende kostebevel teen die Gautengse Onderwysdepartement uitgereik en bevind dat Hoërskool Overvaal nie die Engelse leerlinge hoef in te neem nie.

Praag se terugvoer oor Overvaal

Court case:  Overvaal and Afrikaans

The North Gauteng High Court in Pretoria has set aside the decision by the Gauteng department of education to admit 55 learners to be taught in English, into Hoërskool Overvaal, an Afrikaans medium school.

Judge Bill Prinsloo has found in favour of Hoërskool Overvaal in that the school does not have the capacity to admit the additional learners.

“I find that on the probabilities that the school has no capacity to receive the 55 English learners, let alone of such short notice and convert to a dual medium school.”

He further said the District Director and perhaps Head of department and MEC Panyaza Lesufi acted in conflict with the constitutional principal of legality, and that the decision to admit the additional learners was unlawful.

The school claims to be at capacity, with 621 pupils, but the Gauteng department of education argued that it could take 840.

After judgment was handed down, parents of the affected pupils, who had been attending the court case, started shouting that they would shut down and burn the school.

Overvaal in Vereeniging

Dreigemente van afdankings en afbrand van skool, is niks nuut nie.   Is dit die tendens wat in Suid-Afrika aan die gang is?   Die betrokkenes, selfs leerders wat dreigemente geuiter het, moet ondersoek word.   Indien iemand vandag ‘n brandweer skakel en vals alarm vir brande aanmeld, is dit ‘n kriminele oortreding.

South African Police:  Arson is the unlawful and intentional setting fire to an immovable property belonging to another.

Brandstigting bly ‘n oortreding

Hof Uitspraak oor Brandstigting en Straf

Arson and Criminal Law in South Africa

 

The High Court has found that a senior Gauteng education official tried to defeat the ends of justice by threatening the jobs of principals who had provided affidavits to say they had capacity to admit 55 English-speaking learners in Vereeniging.

This was among Judge Bill Prinsloo’s findings when he set aside the department’s instruction that Hoërskool Overvaal admit the learners.

The court ruled that the school was filled to capacity and the department’s instruction to admit the additional learners was unlawful.

Judge Prinsloo referred to one of two English-speaking school principals who submitted an affidavit informing the court that they had capacity to accommodate the 55 learners.

“He was summoned to the district director’s office. He said that he was threatened with dismissal, he was accused of being a racist and how does he dare help an Afrikaans school.”

Gaan die saak verder ondersoek word na dreigemente

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s