*
Van die beginstadium van ontwikkeling was opvoeding en onderrig op die lys. Kommandeur Jan van Riebeeck het op 17 April 1658 in sy dagboek aangeteken, dat daar ‘n skool vir slawe begin is, sommige is afkomstig van Angola. Hierdie skool is deur kommandeur Jan van Riebeeck vir die slawekinders wat met die Nederlandse skip, die Amersfoort, na die Kaap gebring is, Dit was slegs die begin, maar wat het daarna gevolg? Ag ou Jan, wat sou ons sonder jou gemaak het. Ons weet vandag, onderrig was belangrik of hoe? Jan was nie alleen in die missie van opvoeding nie.
*
Voor meer datums aangeteken is oor opleiding en sendingskole, is ook aangeteken dat Jan van Riebeeck skole probeer oprig het vir kinders van slawe in die Kaapkolonie. Daar is destyds reeds ander slawe in die Kaapkolonie gewees wat uit ander eilandgroepe hier beland het. Soms was van die persone na die Kaapkolonie gestuur om hul vonnisse hier uit te dien. Daar was nie groot administrasies vir opvoedkundige doeleindes nie, omrede daar nog nie veel ontwikkelings plaasgevind het nie.
Die slawe wat ingebring is, het uit verskillende eilandgroepe, wat meestal aan Nederland behoort het, gekom. Soos dit verstaan word, was die mikpunt en einddoel toewyding vir die bekering van die inheemse volke tot die Christendom. Vele kerke het latere die voorbeeld gevolg.
Morawiese sendingskerke en skole
Volgens berigte en artikels was die eerste sendingkerk of skool, van Duits en Tjeggiese afkoms , wat ongeveer in 1738 in Baviaanskloof in die Kaapkolonie gestig is, naamlik die Morawiese sendinggenootskap. Dit het later as Genadendal bekendgestaan.
Daar was soortgelyke projekte en sendelingmissies met bekende name, soos Mamre, Elim, Wupperthal en ander. Dit is in die Kaapkolonie geleë.
Die stigting van hierdie sendingskole en gemeenskappe, het niks met die Boere volk of ander blanke volke / nasies te doen gehad nie. Die Boere volkslede het na 1652 hier gearriveer.
Volgens die sendingskole / kerke, word daar volgens hulle eie rekords, gefokus om onderrig te verskaf aan die Khoi san, griekwas en ander volke en stamme. Regdeur die geskiedenis is dit ook so dat elke volk en selfs gemengde nasie verskil van mekaar en het hulle basies gefokus op eie onderrigskemas. Taal was ook ‘n probleem, want nie almal het dieselfde taal gepraat nie. Dit word oral in die wêreld toegepas waar volke hulself ontwikkel en verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie onderrig sisteme en metodes, juis om hul as volk verder op te hef.
Daar moet nie altyd verwag word dat ander volke die verantwoorddelikheid moet dra om ander volke heeltyd aan die slaap te sus of te leer of op te hef nie. Gemeenskappe behoort dit self te doen en hul eie verantwoordelikhede aan die dag lê. Die sendingskool wat gevestig is was nie die eerste of laaste nie, en het gefokus op hierdie volkere se taal, skryf en selfs landbou opleiding is verskaf.

Hier is ‘n paar bronne wat nageslaan kan word vir meer inligting rakende die ontstaan van sendingskole en kerke.
*
The Historic Village of Genadendal is the oldest Moravian Mission Village in Africa, with Church buildings and a School that dates back to 1738. The original Moravian Mission Church houses the oldest pipe organ in South Africa.
The Khoisan laws of 1808 instituted by the Colonial Government only served to boost the Mission Station. Under these laws, all Khoisan without a fixed abode were liable to be forced into Farm labour. Given the dire conditions on Farms, the Mission Stations, which provided access to Land in return for conversion to Christianity, became a very attractive alternative. Genadendal was so successful that at one point it was the largest Settlement in the Colony after Cape Town. It wasn’t just the Church authorities that were unhappy. A group of Strandveld farmers also threatened to put an end to the missionary work; because at the time the farmers were largely illiterate and were enormously unhappy about the idea of an educated and skilled underclass. They also faced an economic crisis, because of potential labourers that flocked to Genadendal instead.
https://sahistory.org.za/place/genadendal-historic-village-museum
https://www.moravianchurch.co.za/#:
https://polininstitutet.fi/en/the-first-mission-station-in-south-africa/#:
https://www.oikoumene.org/member-churches/moravian-church-in-south-africa
https://www.capetownmuseum.org.za/places/groenekloof-mission-station
Slawerny het nie in suidelike Afrika ontstaan nie, en slawe was reeds as sulks bekend voor hul hierheen gebring is. Heelwat slawe het as misdadigers na die land gekom om hul vonnisse hier uit te dien. Heelwat burgers voel steeds soos slawe, maar as so ‘n persoon nie wettig aan iemand behoort het sonder betaling, maar vir dienste gelewer, is dit nie slawerny nie. Dit verskil van mensehandel (human trafficking) waarmee handel gedryf word en wat verkoop word.
https://weet.co.za/geskiedenis/slawerny-in-suid-afrika/
WAT IS SLAWERNY
As ‘n persoon vir iemand werk wat betaal word, is so iemand nie ‘n slaaf nie, want kontrakte word meestal opgestel en onderteken. Slawerny is totaal anders.
Slawerny is ‘n toestand waarin ‘n persoon, bekend as ‘n slaaf, gedwonge en sonder vergoeding onder die beheer van ‘n ander persoon werk. Die doel daarvan is omtrent altyd om die arbeid van die slaaf uit te buit. Slawe word die wettige of onwettige eiendom van hulle eienaars, en kan dus na willekeur gekoop of verkoop word.
Volgens sekere inligting, is die eerste slaaf wat aan die Kaap aangekom het, Abraham van Batavia. Hy het in 1653, op die skip Malacca, weggekruip en is gevang toe hy aan land gestap het. Hy was die slaaf van Cornelis Lichthart van Batavia en moes vir drie jaar in die Kaap werk voordat hy teruggestuur is na Batavia. Dit is ook duidelik dat konings in Afrika finansieel gewen het deur sy eie mense te verkoop.
*
MORE INFORMATION / MEER INLIGTING
Mensehandel – SA, Afrika en ander lande
America – Slavery Whitney Plantation
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
*