*
Die Portugese was eerste aan wal van die Kaap van Storms. Hulle het egter na 1510 opgehou om voet in die Afrika land te sit. Die skeepsvaarders het opdrag gekry om so ver moontlik eerder elders aan land te gaan, as gevolg van die gedrag van die strandlopers. Hulle het Francisco d’Almeida in 1510 tydens ‘n skermutseling in die Kaap vermoor.
![]()
*
Die Hollandse seevaarders het in hul joernale aangeteken dat die strandlopers se gedrag wispelturig was. Dit was bykans onmoontlik om te voorspel of hulle die dag die Hollanders goedgesind sou wees, of eerder aggressief sou optree. In 1638 te Tafel Baai, het die koopman Cornelis Specx met 14 manskappe te ver van hul skip gedwaal volgens die strandlopers se bui, en hulle is wreed vermoor.
Die Here Seventien was bewus van die strandlopers se tendens tot geweld en hul het vir Jan van Riebeeck in 1652 opdrag gegee om ‘n fort vir veiligheid te bou. Sy opdragte het ook ingesluit dat hy en sy metgeselle vriendelike verhoudings met die strandlopers moes opbou. Hulle kon met die strandlopers handel dryf maar nie hul lewens ontwrig nie.
Harry die Strandloper, of Autshumao in sy taal, en sy mense het in die Tafelvallei gewoon toe Jan van Riebeeck aan wal gestap het. Harry het met Jan en sy geselskap in gebroke Engels gekommunikeer. Engels het hy geleer, so soortvan, toe die Engelse skeepskaptein John Hall vir Harry saamgevat het Bantam toe en terug gedurende 1631 of 1632.
Sowat ‘n jaar later, op 19 Oktober 1953, het Harry die strandloper en sy groep bykans al die Kompanjies se vee gesteel en die veewagter, Dawid Janz, vermoor. In sy dagdboek teken Jan van Riebeeck aan hoe geskok hy was oor Harry se gedrag. Harry het dan immers Hollandse klere gedra en saam met hom as vriend aan tafel geëet.
Harry het gevlug maar twee jaar later weer opgeduik. Die goedgelowige Hollanders het hom vertrou om hulle op ekspedisies binneland toe te lei. Tydens een van hierdie ekspidisies het Harry die Hollandse ruilgoedere gebuit. Dit was die laaste strooi en Jan van Riebeeck het aan Harry ‘n ultimatum gestel. Of hy gee pad uit die Tafelvallei of hy verskaf vee aan die Hollanders op ‘n eerlike manier. Harry het al lankal besef dat die Hollanders se blaf erger as hul byt is, en hy trek na Hangklip toe.
Die kommissaris het aanbeveel dat Harry na Batavie verban moes word, maar Jan ontferm hom oor die ouerige strandloper. Jan stuur hom Robbeneiland toe om daar as veewagter te dien, maar die slinkse Harry ontsnap. Dit ten spyt, gee Jan vir Harry verblyfreg aan die Hollandse fort. Toe die Engelse matrose hoor hoeveel invloed die strandloper gehad het en met soveel skelmstreke weggekom het, het hulle hom King Harry genoem. Dit was slegs ‘n bynaam. Die ware koning van Harry se stam was Gogosoa.
Harry was nie die enigste tolk wat die Hollanders besteel het nie. Die tolk Doman het sy groep, die Kaapmanne, aangemoedig om vee te steel wanneer dit reën. Hy het geweet dat die Hollanders se lont gewere in ongure weer nutteloos sou wees. Sijmon in’t Velt, ‘n veewager, was met ‘n mes doodgemaak in 1659. Die strandlopers het 67 skape en 68 beeste gebuit. Tog is dit Jan van Riebeeck wat die skuld vir geweld kry:
“Where does South Africa’s problems come from? The honourable President says: “a man called Jan van Riebeek arrived here and that was the start of the trouble in this country.” I can show that the President is wrong in that he keeps quiet about the Black-on-Black wars or the Black and Khoi San clashes before 1652. The question is however, what exactly did he say in plain language? He says that when the white man arrived here, the trouble started.
With the commemoration of the ANC’s 103rd birthday this year at the Cape Town stadium, the praise singer and worship leader, Ockert Lewies, referred to Mr. Zuma’s remarks about Van Riebeeck. In his praise song he told the 40 000 people in the stadium that he first had to drive out Van Riebeecks evil spirit to cleanse the stadium before the President could speak. By the way, Van Riebeeck died and was buried in Batavia.
Tydens sy termyn as president, het Zuma oor Suid-Afrika se geskiedenis gepraat en het gevra waar Suid-Afrika se probleme vandaan kom? Die agb. President sê: “a man called Jan van Riebeek arrived here and that was the start of the trouble in this country.” Dit kan fisies aangetoon word hoe die president verkeerd is deurdat hy die swart op swart oorloë of die swart en Khoi botsings voor 1652 en selfs na 1805 verswyg. Die vraag is egter wat presies sê hy in gewone taal? Hy sê toe die witmense hier aankom, het die moeilikheid begin.
Met die herdenking van die ANC se 103de verjaarsdag in die Kaapse stadion, verwys die prys- en gebedsvoorganger Ockert Lewies na Zuma se opmerkings oor Van Riebeeck. In sy pryssang sê hy aan die 40 000 mense in die stadion dat hy eers Jan van Riebeeck se bose gees moet uitdryf ten einde die stadion skoon te kry voordat die president kan praat. Terloops – Van Riebeeck is in Batavia dood en begrawe – nie in Kaapstad nie. (Mulder, 2015)
*
Die Hottentotte en Khoi se ware kleure
https://www.youtube.com/watch?v=K_C5mw8V_MA&t=2s
*
Diefstal en korrupsie is ‘n algemene verskynsel reeds vanaf 1652.
BRONNE, VERWANTE ARTIKELS EN INLIGTING
Bronne – References
Before 1652 – Camissa Museum. (2020). Camissamuseum.co.za.
https://www.camissamuseum.co.za/index.php/orientation/before-1652
De Wet, G. (n.d.). Autshumao (Herrie die Strandloper, King Harry). E.CKE.
https://ecke.co.za/autshumao-herrie-die-strandloper-king-harry/
Linschoten, J. H. (2025). Itinerario, voyage. Internet Archive.
https://archive.org/details/itinerariovoyag00linsgoog
MacCall Theal, G. (2025). History of South Africa (1486-1691). Internet Archive.
https://archive.org/details/historysouthafr06theagoog/page/n5/mode/1up
Mulder, P. (2015, February 27). Eensydige of gebalanseerde geskiedenis? Reaksie op artikel oor Jan van Riebeeck. | Freedom Front Plus. Freedom Front Plus.
https://www.vfplus.org.za/af/jongste-nuus/eensydige-of-gebalanseerde-geskiedenis-reaksie-op-artikel-oor-jan-van-riebeeck/
*
Verskeie seilvaarders het die Kaap van Storms voor 1652 besoek
Voyages-Reise (Elemente-Elements)
Cape of Good Hope 6 April 1652
Beeldmateriaal
Francisco de Almeida, the first Viceroy of Portuguese India.
https://www.youtube.com/watch?v=nPQ01RTrA3M
*
/SN
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*