Rassisme in SA landbou – swart bemagtiging

*

Wat die regering ‘hervorming’ noem is alles gebaseer op rassisme en diskriminasie teenoor die Boere volk in Suid-Afrika.  Wat reggestel en hervorm behoort te word , is om te oes van regeringskant af wat hulle reeds ingepalm het sedert kommunisme alles beheer.   Dus moet daar begin word by die top strukture en posisies wat grond inpalm sedert 1994 asof dit hul privaat eiendom is.  Die regering is die grootste grondbesitters van plase wat geskik is vir landbou doeleindes.

*

Uit die onlangse geskiedenis en notules van parlement kan daar heelwat oopgekrap word.  Daar is myns insiens niks bykomende grondgebiede of plase om onteien of hervorm te word van private individue alvorens die regering nie die belastingbetalers se grondgebiede toegeken het en die ware realiteite te verskaf nie.   Die plase is met belastingbetalers se inkomste sedert 1994 aangekoop deur die ANC.  Dit moet publiek bekendgemaak word hoeveel ANC kaders van die plase besit, aangesien die plase met belastingbetalers se geld aangekoop is.

Verder terug in die geskiedenis

Swart stamme het net na ongeveer 1800 uit sentraal Afrika hier in die oostekant van suidelike Afrika aangekom en het grond gebiede beset, nes hulle dit vandag steeds doen.      Geen grondgebiede is destyds deur swart leiers aangekoop nie.   Grond is eenvoudig beset soos hul gewoond is.  Indien die huidige regering wel wil onteien, moet hulle maar by hul leiers begin onteien wat tientalle eiendomme besit.

Health boost: Switch to organic food this September - Food For Mzansi

Grondgebiede van die meeste swart leiers word na 1994 met toepaslike wetgewings, steeds in aparte gebiede behou en word Trustgebiede of KEV (CPA) gebiede genoem.

Richtersveld  –  KHOISAN AND CPA

CPA’s in SA –  2021

*

Suidelike Afrika en geskiedenis

Meeste Boere volk leiers het destyds net na 1838 begin grond aankoop of grond vir dienste geruil vanaf swart en ander stamkapteins, wat onbewoonbaar was.   Die gebiede was nie beset nie.  Grondgebiede was wettig aangekoop/ geruil is (via ooreenkomste – treaties), is en was alles grondgebiede wat Niemandsland was.    Van die leiers en geselskap is totaal grusaam uitgewis en vermoor nadat ‘n Natalia traktaat onderteken is.   Was daardie optrede destyds beplan om uitgevoer te word.

Boere behoort te fokus op die organiese voedselketting sodat die Boere volk  en veral afsetgebiede,  gesonde kosse kan opkoop direk van Boere af vir ‘n gesonder leefstyl.  Organies in beide die landbougewasse en verskillende diere is baie sterker as die ander produkte op die markte.  Die Boere volkslede moet voortbou en moet nie hul fokus op voedsel en al hul besighede verloor nie – brei besighede uit onder die Boere volk.   Voorkom wat in 1899 afgespeel het in die Boere republieke, en poog saam as boere volkslede om die herstel van Boere republieke te bespoedig.    Die Boere volk het ‘n reg om oor hulself te regeer in gebiede wat hulle sin is.

Kom uit onder die juk van kommuniste en slawerny uit.   Kom uit onder die juk van Brittanje se Statebond en haar manipulasies.   Voorts moet onthou word dat Suid-Afrika en vele ander lande, as KORPORASIES geregistreer is en nie as normale lande nie en word as sulks bestuur en gemanipuleer.   Dit is ‘n bose kringloop as dit van nader beskou word.   Vandag ken ons as burgers, hetsy as Boere volk of enige ander groep, net wat aan ons opgedis word.   Stel vas wat dit behels en sal daar later meer hieroor gepubliseer  word.

Boere volkslede moet saam opstaan om hul grondgebiede, hulle sin te maak en self te regeer op internasionale vlak.   Dit moet sonder die SAKP-PAC-ANC-Broederbond-Afrikanerbond en alle Afrikaner organisasies wat daarop uit is om die Boere volk te vernietig, gedoen word.   Daar is meer as 20 Boere republieke grondgebiede, wat aan die Boere volk behoort.  Diegene wat daaroor twyfel, gaan lees wat staan in die 1902 Vredesverdrag van Vereeniging.

Verdrag van Vereeniging 1902

Die Zoeloes het reeds Ingonyama trust al sedert 1825, dus waarom sit die Boere volk steeds sonder hul Boere gebiede?    Na 1994 het alles omgeskakel in Trust en KEV (CPA) gebiede – dit geld vir meeste reservate, kroongebiede en grondeise.   Swart, Khoi san en Griekwas eis hul grondgebiede waarop hul steeds sedert 1825 woonagtig is en dan verlang hulle steeds al meer en meer grond.

Miljoene immigrante kom skep hier en maak of grond hulle sin is.   Hulle koop die produkte uit ons winkels en markte, gaan gratis hier skool en het alle toegang op mediese hospitale en klinieke.

Brittanje en haar bondgenote het ons voorgeslagte ingedwing in die Unie van Suid-Afrika in om alles verder te verwoes.  Brittanje se meesters in beheer sedert Uniewording, het besluit om nie die 1902 Verdrag na te kom nie.   Brittanje en haar bondgenote het die Boere volk onderdruk en probeer uitwis.

Verskroeide aarde –  Scorched earth

Rhodes se BSAC pad deur Afrika

Geheime organisasies van Milner-Rhodes

Dieselfde spul het geen reg om die Boere volk van die Boere republiek grondgebiede af te jaag of te onteien of te hervorm nie,   Die grond behoort nie aan hulle nie, asook die minerale wat hulle so mildelik uitdeel nie.   Die gebiede behoort beslis ook nie onder die Britse statebond, ANC of liberale netwerke nie.   Dreigemente kom al ‘n geruime tyd aan, sedert 1910 oor die Boere kwansuis grond gesteel het van die swarte of ander stamme.   Dit is sedertdien nog nooit bewys nie, want swart en ander het grondbesettings gedoen.

*

Apartheid is deur Brittanje en die besetters ingestel, nie deur Boere volkslede of leiers nie.

Apartheid – 1854

Swart bemagtiging en regstellende aksie teenoor Boere volk

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Swart bemagtiging en regstellende aksie is rotse in die Boere volk se pad sedert 1994, spesifiek om hul ekonomies te ontmagtig.   Tog is daar Boere wat vooruitgaan en hulle nie steur aan die knellende rassistiese wetgewings nie.  Die Boere volk gaan voort, sonder hierdie mantel wat om hulle gegooi word.   Hulle skud dit van hul rug af, al gaan dit swaar beur hulle voort.  Daar is egter honderde duisende van ons volkslede in arm plakkerskampe, sonder heenkome.

Dit is meestal lede van die Boere volk wat sorg vir die voedsel op die tafels – daarom is daar hoofredes hoekom swart leiers veral sing om die Boere te vermoor.  Verskerp die beveiliging en stel Boer volkslede aan, hetsy in die boerderye of selfs te beveilig.

*

Berig van TLU.SA

TLU.SA moet hul eerder fokus om die Boere volkslede te ondersteun en nie hul multi-kultuur lede nie.    Fokus op die Boere wat voedsel produseer, en nie die 90% wat niks doen nie.

TLU.SA  spreek hulself sterk uit teen die wyse waarop die regering transformasie in die landboubedryf aanpak.   Die organisasie is sedert 1994 bewus wat die ANC op die Boere volk uitoefen.

Voorts erken die departement van landbou dat 90% van die getransformeerde grond uit produksie onttrek is.   Dit is nogal ‘n groot hoeveelheid grondgebiede waarvan gepraat word, of hoe TLU.SA?  Dis nie die Boere volk se skuld.  Dit is gebrek aan ondervinding wat ontbreek.

5000 plase

Dus is daar reeds meer as 5000 plaasgrond in hul besit wat  uitgedeel of beskikbaar gemaak behoort te word aan diegene wat regtig landbouers is en weet wat hulle doen om voedsel te produseer.     Hier is ‘n idee wat dit was in 2018.

Grond eienaars: ANC regeringsplase

Dit word genoem en almal weet dit reeds, dat daar oor die 5000 plase deur regering aangekoop is na 1994 met belastinginkomste.   Dit is deel van hul hervormingsplanne.  Suid-Afrika kan dit eenvoudig nie bekostig nie. Die beginsels van ekonomiese volhoubaarheid moet konsekwent toegepas word om voedselsekerheid en stabiliteit in die land te verseker én te handhaaf. Enige wetgewing moet ook aan hierdie beginsels getoets word om te verseker dat dit nie nadelige gevolge vir die ekonomie het nie.

Nuwe toetreders tot die landboubedryf moet die beginsels van ekonomiese volhoubaarheid toepas in hul bedrywighede en die verantwoordelikhede aanvaar wat daarmee gepaardgaan om ‘n landbouer te wees.

Reeds in 2005 het TLU.SA ‘n werkbare voorstel aan die regering gerig om transformasie op ‘n ekonomies verantwoordelike manier te implementeer, maar die ANC-regering het ‘n ander rigting ingeslaan.   Het TLU.SA verwag dat die ANC  iets anders in gedagte gehad na 1994?   Dit is voor die handliggend waar die ANC staan en wie hulle befonds in SA.

TLU.SA moenie vir een oomblik twyfel daaroor dat die ANC en hul liberale befondsers nie met rede al hul planne publiseer,  juis om die Boere volk te vernietig sodat die voedsel vernietig word.   Dit is eenvoudig ‘n herhaling van die Britse verskroeide aarde beleid waar alle voedsel saam huise afgebrand is tydens die Anglo-Boere oorlog in 1899.   Klink net of TLU.SA wat voorgee hul soms die Boere op die hart dra, nie die Boere volk se geskiedenis ken of wil ken nie, maar soos skoothondjies agter die ANC en ministers aanhardloop.

Bykans twintig jaar later sit die departement van landbou met ‘n 90% mislukkingsyfer wat hulle self erken en gepubliseer het. In plaas daarvan om ‘n suksesvolle plan te implementeer, sit die departement nou met ‘n mislukking.

Die 10% nuwe toetreders tot die landboubedryf wat wel sukses behaal het, het dit nie danksy die regering se inmenging reggekry nie. Hulle het sukses behaal deur die beginsels van sukses toe te pas. Hulle streef na uitnemendheid en winsgewendheid. Die markkragte en die toets van winsgewendheid bly altyd die finale maatstaf. Daarom voel TLU.SA dat dit tyd geword het om mense die geleentheid te bied om volgens die regte kriteria te boer. Voorstelle in hierdie verband is al in die verlede gemaak, en dit kan weer bespreek word, maar om voort te gaan met ‘n mislukkingsyfer en dan oor en oor te herkapitaliseer, dien nie die belange van die individu, die landbou of die land nie.   Dit is elke keer die belastingbetalers wat pa moet staan vir hierdie mislukkings.

Indien daar 90% van die landbousektor, volgens die ANC en TLU nie werkend is nie, is daar geen sprake van ‘n stabiele rol in die belangrike voedselketting nie.    Daar word egter saamgestem met hul uitspraak wat ‘n stabiele landbousektor in Suid-Afrika kan speel, wat te belangrik geag word om ondergeskik te wees aan enige politieke agenda, maar tog word alles gedoen om die ANC in daardie oorblywende 10% te fokus.

Daarom het TLU.SA homself as organisasie nooit tot SEB verbind nie, maar sal ook nie huiwer om wel met die regering saam te werk wat juis teen Boere diskrimineer.   Dit beteken nie dat TLU SA teen transformasie is nie, maar hul verwerp transformasie soos deur die regering beskou word. Transformasie wat op ras gegrond is, is diskriminerend van aard. TLU SA sal slegs transformasie ondersteun indien dit ekonomiese transformasie behels, wat ekonomiese groei en werkskepping bevorder – tot voordeel van sy multi-kultuur lede en Suid-Afrika as geheel.

Die boodskap is duidelik van TLU SA en aan die Boere volk wat ernstig daaroor is om voedsel te produseer.  Fokus wat belangrik is en dit is om voedsel te produseer.   Daar is baie kleinboere sowel ander wat sonder swart bemagtiging voortbeweeg, heelwat is nie deel van TLU of SAAI of AgriSA nie.   Los daardie 90% uit, laat hul hul eie grafte grawe en indien reën op hul val, sal daar geen oeste of voedsel wees  nie.  Daar sal ‘n tweede Zimbabwe om ons wees.   Hulle sal slegs ‘n modderbad verduur waaruit hulle nie maklik sal uitkom nie.   Die klei sal hul trap tot hul so vasgeval het, dat niks oorbly nie.

image.png

*

Verwante inligting en artikels

https://www.tlu.co.za/onteieningwet-die-toekoms-word-by-ons-jongmense-gesteel/

Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede

Grond in SA vir landbou en minerale

Indigenous land (old homelands)  – Trustland  –   CPA  – landclaims

Parlement April 2023 Hansard Landelike sake en grondeise

Trustgebiede  – KEV (CPA)

Mfecane  –  1795-1830 teenoor 2024

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

1 gedagte oor “Rassisme in SA landbou – swart bemagtiging”

Lewer kommentaar