*
Palestina uitroepe – letterlik word alles vernietig. Daar is nie net Moslems in die land nie, maar Jode sowel Christene wat al duur betaal het met hul lewens en aardsbesittings. Wat sou gebeur het as dit enige van ons was wat dit alles moet meemaak wat die Palestina bewoners vandag deurmaak, veral besettings, die vernietiging van alles en opeindig as ‘n lewenslange vlugteling. Hier is en word ‘n ander tipe van oorloë gevoer en verskroeide aarde beleid toegepas.

*
Elke dorp in Palestina het ‘n geskiedenis en hartseerverhaal
Lifta dorp is een daarvan
Lifta het ‘n onbeskryflike menslike hartseerverhaal, gewelddadig deur geïnfiltreerde britse en sionistiese milisies ontvolk is. Hierdie verskeie milisies, het later deel gevorm van Israel se weermag en polisiemagte na die stigting van die staat in 1948 en wat deur Palestyne bekend staan as die Nakba, of katastrofe (volksmoorde).
Daar is ander kleiner, sowat 530 dorpies van Palestina wat deur Israel na 1948 begin verwoes is, waarvan dit of gebom of selfs goed geboude huise, met plofstof vernietig is. Burgers wat al vir geslagte hier woonagtig is, is eenvoudig veral deur die nag, uitgejaag waarna hul vernietigde huise met ander vervang is. Soos ‘n buitestander wat lees en waarneem, is hierdie nie net een volksmoord wat plaasvind nie. Oral word buurlande wat simpatie betoon met Palestina bewoners, ook aangeval en vernietig. Alles word eenvoudig voor die vlugtende Palestyne se deure geplaas, wat totaal verkeerd is. Dit het nie in Oktober 2023 begin nie, dit is lankal aan die gang.
*
Dieselfde patroon wat in die midde ooste afspeel word ook in ander lande se regerings toegelaat om uitgevoer te word. Oor die eeue heen. Die oorwinnaars ontken later net alles en geskiedenis word herskryf.
Brittanje se fokuspunt is al vir etlike jare, indien nie eeue nie, om te fokus op stam- en volksuitwissings, sodat daar aan die einde kleiner etniese groepies volke is of totaal vernietig word (soos voorgeslagte van die Boere republieke). Vandag herhaal dieselfde tipe gebeurtenisse op ons plattelandse dorpies. Inwoners word met behulp van vreemdelinge en ook veral misdadigers uit hul huise verdryf om ‘n ander veiliger heenkome te soek. Sodoende maak kleiner besighede hul deure toe op die platteland. Huise word letterlik steen vir steen afgebreek, vensters en deure word afgehaal en op ander plekke gebruik.
Volksuitwissings, volksmoorde of ‘genocides’ is alombekende feite al vir eeue rondom ons . Veral minderheidsvolke word van hul identiteit, kultuur, tradisies, taal, geskiedenis, gebiede beroof en totaal vernietig. Daarna word alles oorgeskryf deur die oorwinnaars asof hierdie etniese bevolkings nooit daar was nie.
Hartseer word die inwoners van Palestina totaal ingeperk deur die sogenaamde demokrasie van Israel wat nie demokraties is nie. Oral in die besette Palestynse gebiede, kan die nuwe duursame wonings en hoë mure waargeneem word wat bo-oor vernietigende bourommel en selfs ‘lewende lyke’ gebou is. Selfs die sogenaamde vlugtelingskampe is met hoë mure en kamera’s omhein en word streng gemonitor. Palestina bewoners beweeg met permitte, uitgereik deur Israel van plek tot plek in besette grondgebiede wat aan Palestina behoort. Ongelooflik is hierdie gebiede alles Palestina gebiede, maar dit is die bewoners van Palestina wat die permitte moet dra wat Israel aan hulle uitreik. Israel sioniste is die vreemdelinge wat alles oorneem.
*
Israel was van voorneme om duur luukse villa’s oor die ou antieke Palestynse dorpie Lifta te bou. Lifta was een van honderde Palestynse dorpies wat sedert 1920 tot vandag. veral 1947-8 gewelddadig ontvolk is, waarvan sommige inwoners gevlug, ander hul lewens verloor of selfs vermink is. Inwoners wat gevlug het, sit almal vandag of in buurlande of is deel van die vlugtelingskampe in Gaza of Wesoewer.
Burgers van Palestina is eenvoudig lewendig begrawe in die puinhope van Palestina soos daar gebombardeer word. As dit so gaan dan wonder baie van ons oor die werklikhede en geskiedenis van sekere volke wat eenvoudig alles platloop en sloop met bomme verkry vanaf Brittanje, Amerika en Nato lande wat daartoe bydrae.
Die puinhope, die klippe roep reeds uit vanuit Palestina – die onreg van onmenslikheid. Dit word al vir jare uitgevoer, die volksmoorde in die klein land van Palestina. Maak nie saak wat die Britte of Sioniste dink dis hul gebiede nie, want dit is nie. Dit is nie die Palestina bewoners wat Engeland, Amerika of Sioniste bestorm het nie. Hierdie geboue kan duidelik gesien word as stewige geboue wat al etlike eeue oud is.
https://www.dosmadres.com/shop/the-stones-of-lifta-by-marc-kaminsky/
Sioniste beset oral grondgebiede en rig hoë mure op en gee nie om of dit nie hul gebiede is nie, want wat is in werkilkheid hul gebiede as dit bewoonbaar was?
Lifta is ‘n Hebreeuse naam. Daar is baie ander soortgelyke dorpies wat beset en vernietig is. Diegene wat besetters ondersteun, maak hulself skuldig aan volksmoorde.

*
Oral word nuwe bome aangeplant, om die Palestina kultuur, geskiedenis en lewenswyse te vernietig.
https://eyewitnesspalestine.org/delegation62-eyewitness-accounts-blog/2018/4/19/re-alignment
*
Daar is ook heelwat huise wat steeds ou antieke boeke bevat, al het die besetters die huise se dakke met geweld en oorlog afgeruk en vernietig. Dis boeke om hul geloof te bevorder en
Hul gebiede word beset en word van alle menslikheid beroof. Pragtige murasies van ou steenhuise, wat getuig van goeie vakmanskap, geduld en baie liefde hoe hierdie geboue opgerig is. Hierdie geboue het nie vanself verrys nie. Van hierdie huise is deur Brittanje en Israel vernietig om plek te maak vir sioniste. Geskied
*

Duidelik is hierdie klipmure en steenhuise oer oud. Die kwaliteit bouwerk spreek vanself in hierdie baie ou geboue en steenterrasse.
https://www.palestineremembered.com/Jerusalem/Lifta/Picture32114.html
https://www.palestineremembered.com/Jerusalem/Lifta/Picture118406.html
https://www.thenationalnews.com/mena/2023/05/15/nakba-day-lifta-palestine-israel/
*
Nog foto’s wys hoe daardie eens ou huise en gemeenskappe floreer het. Daar is baie geboue en murasies wat nie vernietig is voor die lang oorlog begin is deur Brittanje en later gevolg is deur ‘Israel’ om plek te maak vir sioniste.

https://www.972mag.com/photos-visiting-the-last-standing-nakba-village-of-lifta/
*
BEELDMATERIAAL
Menige dorpies word al sedert 1920 vernietig in Palestina.
https://www.youtube.com/watch?v=CtGYBisRPfU
*
Die dorp van Lubya – huise se dakke word totaal en al vernietig. Die ligging is onder ‘n bosarea geleë.
https://tv.apple.com/mz/movie/the-village-under-the-forest/umc.cmc.6f4b8h9fzy03oc1gr9phmsf91
*
Verwante artikels en inligting
Lifta in Palestina (Mei Naftoach)
Jaffa Palestina 1900
Ruïnes in Palestina ..
Rafah, Palestina
Napoleon, Egipte, Ottomans, Palestina
Die hond en die halsbandjie
Aardgas en olie – Palestina en Israel oorloë
Gas in Israel en Palestina
Internasionale reg tot lewe
Five Israeli Weapons June 2019
Balfour verklaring – Jan Smuts
Kibbutz called Jan Smuts
Jan Smuts en Brittanje (44)
Kibbutz Ramat Yohanan (Jan Smuts)
Jan Smuts – VN – Darwin – Britse ryk
J C Smuts, Balfour, Zionism …
[…] Vernietigende oorlog in PalestinaRuïnes in Palestina .. […]
LikeLike
[…] Sioniste plannePalestina gebiede en sy menseRuïnes in Palestina ..Lifta in Palestina (Mei Naftoach)Vernietigende oorlog in PalestinaNapoleon, Egipte, Ottomans, PalestinaJaffa Palestina […]
LikeLike
[…] Vernietigende oorlog in Palestina […]
LikeLike
[…] Vernietigende oorlog in Palestina […]
LikeLike
[…] Vernietigende oorlog in Palestina […]
LikeLike