*
Hierby ‘n artikel van 1922 oor Plauson wat handel oor die opwekking van goedkoop elektrisiteit uit die aarde se atmosfeer wat ook aan Tesla gekoppel word is meer as ‘n eeu oud. Die tydskrif “Science and Inventions” het in 1922 die artikel oor Plauson se uitvinding gepubliseer. Hermann Plauson is afkomstig van Estonië wat grotendeels in Hamburg en Switzerland woonagtig was. Van sy eksperimente het hy in Finland uitgevoer. Hy het van sy patente in Amerika, Engeland en Duitsland geregistreer in die 1920’s.

*
Wat behels dit alles?
HERMANN PLAUSON
’n Ballon wat van aluminium gemaak is, is met waterstof of helium gevul en het op ’n hoogte van 270m ’n gelykstroom van 400 volt met ’n krag van 1,8 ampère geproduseer. Twee ballonne met ‘n kapasitorbattery het ‘n krag van 81 kilowatt per dag gegee.
Die skrywer van die artikel het voortgebou op die patent van Plauson. Die uiteensetting daarvan is baie groot en die mening is destyds gehuldig dat die uitvinding binnekort in algemene gebruik regoor die wêreld sal kom, veral in landelike gebiede en spesifiek waar waterkrag ook skaars is.
Duidelik verskaf die atmosfeer heelwat energie wat benut kan word wat goedkoop verkry kan word, goedkoper as om met water krag op te wek. Donderweer en storms straal erge energie ladings uit.
Maar, daar word beweer, geen vernietigende donderstorms kom naby sulke lugkragsentrales voor nie, want die ballonne ontslaan vinnig die grootste donderwolk, veilig en stil deur gegronde vonkgapings.
Wat het na die uitvindings of patente gevolg en waarom is dit nooit verder ontwikkel nie? Dit is goeie vrae wat niemand antwoorde sal verskaf nie. Speel geld en korrupsie ‘n groot rol vandag? Dink so. Die nwo leiers en agente speel hul eie rolle hierin.
A balloon made of aluminum was filled with hydrogen or helium and at a height of 270m produced a direct current of 400 volts with a power of 1.8 amperes.
Two balloons with a capacitor battery gave a power of 81 kilowatts per day. The author of the article elaborated on the patent those days. Its outline is very large and it is believed that the invention will soon come into general use around the world, especially in rural areas and specifically where water power is also scarce.
Clearly, the atmosphere provides a lot of usable energy that can be obtained cheaply, cheaper than generating power with water. It was stated that no destructive thunderstorms occur near such air power plants because the balloons quickly discharge the largest thundercloud, safely and silently through grounded spark gaps.
What followed the inventions or patents and why was it never developed further? Good questions.
Artikels
https://lovexxmk.best/product_details/61419831.html
https://www.lenr-forum.com/forum/thread/7100-energy-from-atmosphere/
https://homemade-generator-tao.blogspot.com/2024/04/power-from-air-free-energy-by-hugo.html
https://onlinelibrary.wiley.com/doi/abs/10.1002/ange.19210347402
https://terszobraszat.hu/terszobraszat_kep/pajert48/Plauson_1540998.pdf
*
Beeldmateriaal oor die onderwerp
Atmosferiese elektrisiteit – Nicola Tesla – Hermann Plauson
https://www.youtube.com/watch?v=F3tzGVDOAPM
*
Is dit moontlik om elektrisiteit uit die atmosfeer op te vang en te behou vir huishoudelike en besigheidsgebied.
https://www.youtube.com/watch?v=OcOcTwwhza4
*
WAT GEBEUR TANS IN SUID-AFRIKA? Die teenoorgestelde van goedkoop elektrisiteit.
Belastingbetalers en besighede betaal ten duurste vir die gerief van elektrisiteit. Ons bly betaal vir die luukshede van die regering, parlementslede en hul kaders wat die land in die afgrond in bestuur.
15% BTW in Suid-Afrika
Was Eskom (kragvoorsiener) ons beste opsies op sekere stadia in Suid-Afrika? In die babaskoene van Eskom / Evkom was die elektrisiteit baie goedkoop, goedkoper as wat dieselfde monopolie vandag handhaaf. Daar is eenvoudig te veel direkteure en veral sindikate wat deel het aan tenders, veral swart bemagtigers wat min of glad nie onderhoud op kragstasies uitvoer nie. Sindikate en swart bemagtigers wat nie die ondervinding het of eenvoudig nie lus het om dit te herstel nie.
Steenkool en ander stasies
Steenkoolkragstasies is nie altyd modern nie, maar indien onderhoud gedoen word kan dit effektief werk. Dit gee heelwat besoedelingstowwe af, dit weet elkeen wat rondom in dorpsgebiede of platteland rondom hierdie kragstasies woon en werk. Huishoudings en besighede wat geraak word, se sakke word op mediese vlakke geruk hierdeur. Dit raak ook die water en rioolwerke.
Die ekstra onkostes en uitgawes, waar die regering 15% BTW ontvang, hetsy met duur mediese behandelings is hoog.
Steenkoolstof is ‘n groot kommerwekkende gesondheidslas vir elke land en haar inwoners wat dit gebruik. Steenkoolstof veroorsaak ‘n longsiekte wat nie herstel kan word nie. Dit geld vir die hele proses, vanaf die myn van steenkool, tot by kragstasies of uitvoer van die produkte aan ander lande.
Kernkrag het ook ‘n risiko van veilige berging van afvalstowwe en verg ook permanente en veilige onderhoud.
Sonkrag is ‘n duur opisode met installering van verskillende artikels soos batterye, omskakelaars en sonpanele, veral as dit ten volle in huishoudings of groot besighede geimplementeer word. Die onderskeie gedeeltes hou ook nie verewig nie en die afvalstowwe is en kan later ‘n probleem word. Dit is vir heelwat besighede en huishoudings ‘n hoofplan A, wat reeds 15% BTW aan regering gegee het, sonder dat die regering 1 sent bygedra het tot daardie hoofplan A in plek. Eskom en die regering, wat verantwoordelik is vir Eskom, durf nie ekstra belastings plaas op sonkrag nie, want hulle het hul plig versuim om elektrisiteit te voorsien.
Gas word ook reeds in heelwat huishoudings en besighede aangewend, nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld. Hier palm die regering weer eens 15% BTW in.
Tog is die aanduidings dat ‘n staatsentiteit, wat ‘n monopolie is, 100% deur regering aangedryf om te manipuleer vir meer dieselgebruike en brekasies. Die laaste paar dekades word dit duidelik hoe sindikate Eskom eintlik beheer met die toekenning van tenders vir herstelwerke by kragstasies edm. Vir die geringste brekasie word diesel ten duurste aangewend, wyl hierdie werkers net hul werk moet doen met behoorlike onderhoud van elke kragstasie.
Verskeie planne is sedert korrupsie en misdaad gegroei het, ingespan, net om weg te kom van die duur staatsentiteite van liberaal verligte en kommunistiese regerings wat alles manipuleer met beurtkrag.
Aankope van al hierdie toerustings spesifiek by staatsentiteite, kry die regerings reeds ‘n groot hap uit belastings. Nie net word daar persoonlike belastings gehef, afgedwing en geïn deur regerings nie, maar ook met duur 15% BTW wat reeds gratis aan regerings oorhandig word. Hulle kry reeds belasting uit burgers en besighede se sakke, maar vir die regerings is dit nie genoeg nie, daarom die 15% BTW om nog belastingkoeie te melk.
Indien toerusting op staatsentiteite breek of ten duurste onderhou word, is dit die burgers wat ekstra betaal vir onderhoud, ekstra brandstowwe deur entiteit maar ook tydens beurtkrag en versekerings op alles, wat ekstra onkostes is vir die publiek en besighede. Neem diesel as voorbeeld, dit is nie net Eskom wat dit ekstra aankoop en gebruik nie, maar ook die publieke huishoudings en besighede. Misdaad eis ook ‘n tol saam versekerings.
Indien die son as voorbeeld langer as ‘n sekere aantal dae nie skyn vir elektrisiteit nie, moet daar ‘n alternatiewe plan B of C in plek wees by besighede en huishoudings. Hierdie alternatiewe planne het ook reeds ekstra 15% BTW aan regerings oorgedra.
Die regering oes net die hele tyd en melk die koeie om hul eie sakke aan te vul. Politici speel almal saam, want daar word baie goed na die hoë lui gekyk.
*
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] 1h ago […]
LikeLike