Paardekraal belofte

*

‘n Artikel wat op Gelofteland se webtuiste verskyn het, is insiggewend, inspirerend en heelwat stof tot nadenke.  Dit strook wat geskiedkundig met ons voorouers gebeur het.  Nie net by Bloedrivier nie, maar ook vandag.   Die Boere en afstammelinge van die Boere Republieke van 2023 was nie daar in 1838 nie.    Voor hul gevestig het en volle vryheid geniet het, was die ossewa hul enigste plekkie van ‘n veilige hawe en rus.   Die Woord het saam hul getrek, hul enigste Anker.   Die inhoud daarvan was die belangrikste Boek om aan vas te hou en uit te bou.

*

Feite oor Transvaal en ZAR

Gedeeltes van Transvaal, was voorheen bekend as die ZAR, ‘n onafhanklik internasionaal erkende Boere repubiek.  Die naam Transvaal was die naam wat gebruik is om na die Transvaalstreek te verwys gedurende die tydperk van direkte Britse heerskappy en militêre besetting tussen die einde van die Tweede Anglo-Boereoorlog in 1902 toe die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR) ontbind is, en later die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 .  Transvaal was een van die 4 provinsies.

8

Hoe het dit destyds daaruit gesien?    Lyk die monument anders vandag?

Vir diegene wat dink die monument lyk vir jare so.   Aanvanklik was daar ‘n klipstapel.  En hierdie is nie die eerste klipstapel nie.     Nou wie het daardie idee gaan verander na iets anders?    Was baie jare gelede gepubliseer, van die skakels is natuurlik moontlik ‘met opset’ verander en gewysig.   

Grond is in 1886 aan die regering geskenk, tot 100 m van die terrein van die steenhoop, vanaf die plaas wat deur ‘n M.W. Pretorius besit word.    Hy het dele van sy plaas aan goudprospekteerders laat verhuur wat gesoek het na die voortsetting van die Hoofrif van die Witwatersrandse Goudstormloop, wat sy oorsprong oos in Johannesburg gehad het en nie wou hê dat hierdie heilige gedenkterrein versteur word nie.   In 1889 het die plaaslike Landrost Human aan die Suid-Afrikaanse Republiek voorgestel dat ‘n formele monument, in die vorm van ‘n obelisk, op die steenhoopterrein gebou word.

Die monument is in wit klip gebou, afkomstig van die gebied en sou op ‘n hoogte van 60 voet staan. Dit sou ‘n opening onder die basis van die monumente hê, met ‘n gerasperde ysteropening, wat die oorblyfsels van die oorspronklike steenhoop stoor. Dit sou op die kruin van ‘n heuwel staan, soortgelyk aan ander Boere monumente. Dit is ontwerp deur die argitek Sytze Wierda en gebou deur W.Y. Veitch. Die monument is amptelik deur Paul Kruger geopen op 16 Desember 1891. Tydens die besetting van Transvaal deur die Britse magte tydens die Tweede Boereoorlog is oorspronklike steenhoopklippe in die omheinde kamer deur Britse soldate geplunder en in die Vaalrivier gegooi. Die monument het op 17 April 1936 ‘n erfenislys geword.

image.png

Land was donated to the government in 1886, up to 100 m from the site of the cairn, from the farm owned by a M.W. Pretorius.   He had lease parts of his farm to gold prospectors who were searching for the continuation of the Main Reef of the Witwatersrand Gold Rush, which had its origins to the east in Johannesburg and did not want this sacred memorial site disturbed.   In 1889, the local Landrost Human, proposed to the South African Republic that a formal monument, in the form of an obelisk, be built on the cairn site.

The monument was built in white stone, sourced from the area and would stand at a height of 60 ft. It would have an opening underneath the base of the monuments, with a grated iron opening, storing the remains of the original cairn. It would stand on the crest of a hill, similar to other Boere monuments. It was designed by the architect Sytze Wierda and built by W Y  Veitch.   The monument was officially opened by Paul Kruger on 16 December 1891. During the occupation of the Transvaal by the British forces during the Second Boer War, original cairn stones in the gated chamber were looted by British soldiers and thrown into the Vaal River. The monument became a heritage listed site on 17 April 1936.

*

Die Gelofte van 13 Desember 1880

Haal aan van webtuiste Gelofteland:

Dit gaan sleg met Transvaal, want die mense is verdeeld.   Die land is amper bankrot en sukkel om sy Swart bure in toom te hou. Sir Theophilus Shepstone het in 1877 met 25 berede polisie in Pretoria aangekom en die meerderheid van die Volksraad oorreed om die Britse beheer te aanvaar. Hy belowe dat hulle spoedig ’n verantwoordelike regering sal kry, maar dit gebeur nie. Die Transvalers het daarna gepoog om hulle verlore vryheid terug te kry. Aanvanklik onderhandel hulle met die Britse owerheid oor hulle vryheid, maar hierdie pogings was sonder sukses. Toe is die ou Volksraad weer in die lewe geroep. In Desember 1880 het die Boere van Transvaal by die Paardekraal bymekaargekom.

Drie maande vantevore het hulle uitnodigings gerig aan die predikante van al die kerke in Transvaal.    Dit is later in elk geval sonder enige kerk uitgevoer soos later gesien sal word.    Vergelyk die kerkgenootskappe van destyds met wat in 1994 tot datum in SA gebeur, word heelwat gesigte weggedraai vanaf korrupsie, misdaad, aanvalle en moorde.

’n Vergadering van 4000 gewapende burgers het destyds op 8 Desember 1880 by Paardekraal vergader. Die Engelse kon nie wag om hulle as rebelle te verklaar nie.    Destyds is Paul Kruger, Piet Joubert en M.W. Pretorius as driemanskap gekies en neem die leiding. Teen 9 Desember het die getal tot agtienduisend (18000) gegroei.

Die kerke het hulle weereens gedistansieer en slegs een predikant het opgedaag  –  Dominee N J van Warmeloo van die Hervormde Kerk, die vader van die welbekende Johanna Brandt. Toe het die Boere van Transvaal gegaan en aan mekaar belowe (soortgelyk aan die Gelofte by Bloedrivier) om tot die dood toe te veg vir die oorwinning van hulle verlore vryheid. Hulle het hierdie belofte aan mekaar afgelê met die Almagtige God as hulle getuie en nie kerke nie.

Die belangrikste kern is elkeen se individuele geloof wat hul voortgedryf het om te fokus op hul vryheid.  Geen kerke kan vryheid of geloof waarborg nie.     Die Boere verootmoedig as volk en nie as lidmate van verskillende kerke nie.   Wat weer eens bewys dat dit nie altyd kerke of die beheerliggame van kerke is wat beheer kan uitoefen oor individuele kragte, geloof en sterkte nie.   Die Boere van destyds het sterk gestaan in geloof en dit wat hul gevra het.

Die Paardekraalgelofte lees soos volg:

In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, die kenner aller harten onder bidden opsien om sijn genadige hulp en ontferming, sijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek plegtig overeengekomem, gelijk wij dezen overeenkomen om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed beyweren. Ruim veertig jare is, het geleden, dat onze vadere die Kaapkolonie ontvlugt zijn, om vrij en onafhanklijk Volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden. Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republike gesticht en driemalen heeft die Engelsche Regering onze vrijheid vertracht en onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, maar den neergehaald. Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en sij magen dat nie dragen. God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren. Daarom is het dat wij hier bij elkander de hand geval en Volk en met het oog op God samen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek. Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig. Amen.

Dit was hulle onderlinge verbond aan mekaar.   Hierdie onderneming word gevolg deur vier onverbloemde wonderwerke (die Slag van Bronkhorstspruit, die Slag van Laingsnek, die Slag van Schuinshoogte en die Slag van Amajuba).

In 1881 rebelleer die Boere van die ZAR.    Hulle wen die slag van Majuba en verkry opnuut hul onafhanklikheid kragtens die Konvensie van Pretoria wat aan Brittanje nog in ’n mate in beheer van Transvaal se buitelandse beleid laat. Die Pretoriakonvensie maak ook voorsiening vir godsdiensgelykstelling.

Voor die einde 1882 het die eerste Hindoetempel in die Transvaal verrys by Marabastad te Pretoria. En stadig maar seker het Hindoetempels en Moslemmoskees verrys waar die Indiërs uit Natal hulle ook al gevestig het. Hulle kon nou die Transvaal sonder belemmering binnestroom omdat hulle as Britse onderdane deur die Pretoriakonvensie beskerm is. Die Boere self het onmiddellik teruggeval in hulle kerkstrukture, die kerke se lafhartige en verraderlike optrede ten spyt. En hierdie volk, wat op 9 Desember 1838 ’n gelofte afgelê het om vir Hom ’n volk te vestig en wat tot daardie onderneming en die verbond wat die Almagtige met hulle gesluit het op 16 Desember 1838, verdeel in twee Boere Republieke en drie verskillende kerke.

*

Verwante artikels,  inligting en bronne

Veranderde weergawe … die klipstapel – wie het dit verander?

https://en.wikipedia.org/wiki/Paardekraal_Monument

Landdros van Krugersdorp – Human
https://sahris.sahra.org.za/sites/922330005

https://sahris.sahra.org.za/node/42228/sitereport-archaeology-pdf

https://www.schanskraal.co.za/page/thomas_francois_burgers

https://wareboereweerstandsbeweging.blogspot.com/2012/03/paardekraal-en-bloedrivier-n-besondere.html

*

ABOorloë  – ABWars

Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae

17 Januarie 1852 ZAR

ZAR  – PRESIDENT PAUL KRUGER

Die Vierkleur van die ZAR, Transvaal Boere republiek

President Thomas Francois Burgers

7 gedagtes oor “Paardekraal belofte”

Lewer kommentaar