Fritz Joubert Duquesne (ABO) …

*

Volkslede wat hom geken het, het Fritz Joubert as ‘n held vereer.   Sy naam vir sommige dalk onbekend, maar daar is heelwat oor hom wat ons as volkslede nie geweet het nie.        Daar was ‘n hartseer binne Fritz, wat baie nie van kennis gedra het nie en hy nie kon stilkry nie.  Dit het hom gevolg tot dit volbring is.  Die moord op sy gesin het hom aangevuur in wat hy nagestreef en uitgevoer het tot op die einde van sy lewe.  Dit maak hom ‘n held in baie van ons volkslede se lewens en geskiedenis.

Fritz Duquesne in various outfits

*

Soms is dit verbasend om die hartseer oomblik vir ‘n paar sekondes te beleef.   Daarna spring die held se optredes na vore.   Verskeie name, vanne, titels en range ….

*

Kryger, spioen in die ABO

Hy was nie net ‘n gewone kryger nie, maar ook spioen vir die Boere.   Hy het maklik die engelse se beplannings en aksies teen die Boere geinfiltreer.    Daar word heelwat oor Fritz geskryf en ook sy ander name, vanne en titels wat gebruik is.  Volkslede vandag, het nie in 1900 geleef nie.   Dit was ‘n fisiese oorlog.    Daar was nie baie huise na die ABO oor nie as gevolg van die Britte se verskroeide aarde beleid, waar meer as 30000 huise en produksie, vee en diere, verbrand is.

Daar was ook nie destyds speurders en polisie wat sake moes ondersoek nie – dalk was daar, maar anders.   Tog, beleef ons vandag ‘n ander tipe sagte teiken oorlog wat in die nag kom en familielede uitwis, vermink, vermoor en verkrag.  Meestal gaan die moorde en uitwissing oor grond, hervorming van grond, onteiening van grond, minerale rykdom op die grond(e) ter sprake sowel ekonomiese ontmagtiging op plase wat voedseltekorte meebring.

Dus was elkeen wat ‘n slagoffer geword het van ‘n moord op familielid(e) destyds, verantwoordelik om dit verder te neem.   Daardie verantwoordelikheid het nie verander nie.   Ons polisie is ongelukkig nie van die beste nie, want net om te kyk na statistieke hoeveel onopgeloste moorde daar is, is dit beter om ook self ondersoek(e) te doen oor moorde, veral op plase en Boere.  Myns insiens is dit baie moeilik, maar dit kan gedoen word.   As speurders ondersoeke kan doen, kan naasbestaandes dit ook uitvoer.

Inderwaarheid het Fritz ‘n baie indrukwekkende en doelgerigte lewe gehad.   Om ringkoppe se binnekring in te sypel, alles in te neem om dit later uit te haal of te verwoes.    Alles het daaroor gegaan, hy wou die persone wat verantwoordelik was vir sy familielede se wrede moorde en verkragtings, moet boet vir hul dade.      Dus is dit geen wonder dat daar al verskeie boeke geskryf en rolprente oor hom gemaak is nie. Gedurende die Anglo-Boere oorlog II was hy as die Swart Luiperd bekend.

Sy alles oorheersende haat vir die Engelse het tot gevolg gehad dat hy tydens die twee wêreldoorloë as spioen vir Duitsland opgetree het.

Hy is bekend as “Die man wat Lord Kitchener se dood veroorsaak het.”   Dra ons nie almal daardie wrok in ons harte rond, veral as daar vandag steeds meer inligting uitspring uit wakiste van geheime.   Die hartseer van 30000 afgebrande plase kan dalk mettertyd vervang word, maar die dood van vroue, kinders en ou mense in bloedige Britse konsentrasiekampe kan nooit herstel of teruggebring word nie.    Indien die Engelse ons nie kom aanval en probeer uitwis het nie, sou ons situasie vandag baie anders gewees het.   Sit jouself ‘n oomblik in sy skoene.

*

Fritz Joubert Duquesne se lewe was nie maklik nie, hy het sekere pad geloop nadat hy in Mei 1919 uit die Bellevue Hospitaal in New York ontsnap het, tot by sy dood in 1956. Ook in hierdie laaste deel van sy lewe het Fritz nie stilgesit nie, en is steeds deur sy intense haat vir Brittanje aangedryf.

*

Fritz Duquesne – the spy who never came in from the cold

*

Dit was die persoon wat Roberts en Kitchener gejag het oor dat hulle sy ouers vermoor het. Die Amerikaners was so geslaan deur sy lewe en spioenasie dat hulle ‘n rolprent gemaak het oor sy lewe naamlik 52 nd STREET.

*

*

*

“GAME” of

 Fritz Duquesne

*

Artikels en bykomende inligting

Boerespioen Fritz Joubert Duquesne (ABO)

Fritz Joubert Duquesne …

Verskroeide aarde  –  Scorched earth



*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

Lewer kommentaar