1995 – Mandela en Pienaar

Durf dit gevra word, veral met die komende reenboognasie wereldbeker op die horison, wat het ons in 25 jaar al prysgegee?       Waar is ons volk vandag – bannelinge in ons eie land en op alle kontinente versprei?   Hoeveel het ons volk in die 25 jaar verloor wat in arm plakkerskampe of nedersettings sit?   Hoeveel finansies is spandeer en het in ander lande ingegaan met emigrasie waar volklede ‘n ander heenkome moes soek of werksgeleenthede weens swart bemagtiging?  Hoeveel volkslede moes eie waardes, tradisies, vriende en selfs families prysgee,  ‘n ander volkskultuur aanneem – eintlik nou net volkloos en staatloos?    Sport kon ons nog nooit red nie en het nog geen volk ooit gered nie, maar ons het ons prioriteite en volkskap prysgegee vir SPORT en alles in die proses verloor.   Volksmoord – Genocide.  Hierdie is alles deel van volksmoord.  Wie se skuld is dit – nie sport se skuld nie, maar ons moet hand in eie boesem druk.  Hoeveel het ons gehad voor 1994 teenoor wat ons vandag het?

Image result for francois pienaar mandela

‘n Vals Reenboognasie en die val van ‘n volk …

Dis net ironies, hoe reageer ons mense op sosiale media op al die klassieke reenboognasie tipe berigte, wat ons kinders raak in skole, seks onderrig, (die hele facebook, nie net my blad nie – op twitter ), lees meer oor artikels wat hieroor handel, maar ook ander sin, medekommentare.

Maar as daar gestem word, en dit was heel onlangs in 2019, word daar gestem vir die gemengde multi-kultuur reenboognasie en al die gemengde skole en gemengde tradisies. Nie almal nie, ek het beslis nie vir enige van die politieke partye in parlement gestem nie, omdat ek selfbeskikking verlang.

Ons moet regtig besluit wat vir ons belangrik is, wat ons vir ons kinders soek in hierdie land, ons het ook regte, maar dit is nie die multi-kultuur kommunisme en liberales se denkrigtings,, wat nou op ons afgedwing is sedert 1994 nie… Word gefinansier deur Soros.  Indien daar ‘n handjievol is, die res moet dan maar die reenboognasie navolg en die volk agteruit skuif.   Aanvaar dan alles van die reenboognasie, want dit is wat dit is vanaf 1994.

Toevallig steun alle partye in parlement  die kommunistiese grondwet, steun multi-kultuur vermengings en ons, ons sit en gaap soms op FB en elkeen lewer kommentaar, teen dit wat regering aanvang, en tog stem ‘n groot persentasie nie vir ons volk nie, maar vir die kommunisme wat swart bemagtiging en regstelaksies op ons afdwing. Waar is ons hart regtig? Of waar behoort dit te wees?  Is dit dan regverdig?   Kommuniste en liberale gaan nie by konserwatiewes aanpas of plek maak daarvoor nie, dis slegs hulle wil en grondwet wat geld.

Sommige van ons steun weer rugbyspelers wat onder die nuwe reenboognasie vlag rugby speel, en tog het duisende my ook al gevra steun die boikotte, en wat help dit , reenboognasie en vlag gaan nie verdwyn nie.  Inteendeel, alles is sedert 1994 van ons verwyder, onder die naam van “sport”.   Onthou gerus hoe mense tekere gegaan het oor die rugby toernooie in 1995…

Die 2019 sport maak nie swart bemagtiging en regstellende aksie tot niet nie, inteendeel.   Dit gaan nie ons skole verander soos wat ons gehad het voor 1994 nie.  Dit gaan nie Afrikaans herstel soos voor 1994 nie.

Antwoord maar al die vrae wat hier gevra word – wat het ons oorgehou as volk – geen skool in Afrikaans, geen tradisies, geen volkskap, slegs geen deelname aan ekonomie nie, vlug uit land met jou spaargeld, vlug uit land vir jou veiligheid, en  swart bemagtiging, regstellende aksie, verEngelsing is in beheer en ons het geen identiteit maar is landloos en staatloos.

*
Hoeveel van hierdie was regtig eg, was die wen nie maar net “beplan” nie as ‘n “troosprys” nie?   Hoekom wyk die prentjie nooit nie?
Image result for francois pienaar mandela

3 gedagtes oor “1995 – Mandela en Pienaar”

  1. […] Mandela : revolutionMandela – terreur- terrorismMandela, Mbeki and the GuptasMandela and SorosBlack PimpernelFW de Klerk en Nelson Mandela (Nobel)“Mandela rules” (United nations)Goldman Sachs – MandelaFW de Klerk under EFF rules of order debates 2020 – Zindzi Mandela1995 – Mandela en Pienaar […]

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s