IS DAAR ‘n VOLKSMOORD OP ONS OF NIE?
(Front Nasionaal)
Dr Pieter Groenewald het heelwat reaksie ontlok toe hy destyds op TV gesê het dat daar nie tans ‘n volksmoord in Suid-Afrika aan die gang is nie. Die ondersteuners van dr Groenewald argumenteer dat sy stelling nie binne die regte konteks gesien word nie, omdat “volksmoord” letterlik beteken die fisiese afmaai van ‘n etniese groep in groepe, byvoorbeeld wat in Rwanda gebeur het toe die Hutu’s die Tutsi’s in hope uitgewis het. Front Nasionaal sê: Nee, ons stem nie saam nie. Dit was ‘n jaar gelede – hoeveel moorde was daar sedertdien?
Volksmoord sluit ook in: Die doelbewuste vernietiging van die boustene van ‘n volk om hulle voortbestaan te bedreig. Dit sluit in: Doelbewuste verarming (soos deur die eietydse arbeidswetgewing), ontneming van eiendomsreg (soos deur die beplande onteieningswet), vervreemding van ‘n groep se kultuur en taal (soos deur die verengelsing van skole en Universiteite, verandering van name en vernietiging van historiese erfenis.)
Hierdie argument word deur verskeie internasionale gesaghebbendes bevestig. Raphael Lemkin, die gevierde Pools Joodse regsgeleerde, skryf: “By “genocide” we mean the destruction of an ethnic group…. Generally speaking, genocide does not necessarily mean the immediate destruction of a nation, except when accomplished by mass killings of all members of a nation. It is intended rather to signify a coordinated plan of different actions aiming at the destruction of essential foundations of the life of national groups, with the aim of annihilating the groups themselves. The overt acts of such a conspiracy may consist of attacks against life, liberty or property of members of such groups merely because of their affiliation with such groups. The formulation of the crime may be as follows: “Whoever, while participating in a conspiracy to destroy a national, racial or religious group, undertakes an attack against life, liberty or property of members of such groups is guilty of the crime of genocide. (“Genocide”, American Scholar, Volume 15, no. 2 (April 1946), p. 227–230)”
Resolusie 260 III Artikel 2 van die Verenigde Nasies soos aanvaar op 9 Desember 1948 spel dit selfs duideliker uit: “Any of the following acts committed with intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnical, racial or religious group, as such: killing members of the group; causing serious bodily or mental harm to members of the group; deliberately inflicting on the group conditions of life, calculated to bring about its physical destruction in whole or in part…”
Vakhan Dadrian, die wêreldbekende sosioloog, stem ook saam daarmee dat “volksmoord” nie beperk is tot die fisiese, gewelddadige uitwissing van ‘n volk nie. “Genocide is the successful attempt by a dominant group, vested with formal authority and/or with preponderant access to the overall resources of power, to reduce by coercion or lethal violence the number of a minority group whose ultimate extermination is held desirable and useful and whose respective vulnerability is a major factor contributing to the decision for genocide. (A Typology of Genocide)”
Ook die historikus, Yehuda Bauer, bevestig ons argument: “Genocide is] the planned destruction, since the mid-nineteenth century, of a racial, national, or ethnic group as such, by the following means: (a) selective mass murder of elites or parts of the population; (b) elimination of national (racial, ethnic) culture and religious life with the intent of “denationalization”; (c) enslavement, with the same intent; (d) destruction of national (racial, ethnic) economic life, with the same intent; (e) biological decimation through the kidnapping of children, or the prevention of normal family life, with the same intent….”
Ons kan nog ritse ander aanhaal. Dit sluit in historici, politieke wetenskaplikes, filosowe, sosioloë soos Tony Barta, Irving Louis Horowitz, Jack Nusan Porter, Leo Kuper. Trouens, selfs die Statuut van Rome beperk “volksmoord” nie tot fisiese uitwissing nie.
Front Nasionaal hou voet by stuk: Ons is reeds in ‘n proses van volksmoord vasgevang en ons moet onsself hier uitkry. Ons KAN dit nie ontken nie, want dan doen ons ons vermoorde volksgenote ‘n onvergeefbare onreg aan! En ons kan nie sien dat die krisis suksesvol aangespreek kan word as ons so ver wil gaan om te ONTKEN dat daar ‘n krisis is nie. Dis fataal!
Maar terwyl ons mekaar hier aan die hare beet het oor die kwessie of daar ‘n volksmoord is of nie, is dit insiggewend om kennis te neem daarvan dat ‘n baie prominente Europese politikus, Martin Bosma van die PVV, reeds op 25 November 2015, bykans 3 jaar gelede, in die Tweede Kamer van die Nederlandse Parlement opgestaan het en met verwysing na die situasie van die Afrikanervolk die volgende woorde gesê het: “Progressiewe Nederland het die ANC gehelp om volksmoord op Inkatha uit te voer. Die ‘bevrydingsbewegings’ in Angola, Mosambiek en Suid-Afrika pleeg almal volksmoord. Suid-Afrika is nou die mees rassistiese land ter wêreld, danksy Nederland en Jan Pronk (‘n voormalige liberale minister). Die land word regeer deur die intens korrupte ANC, wat ‘n kriminele organisasie is.”
As daar reeds in die Nederlandse Parlement openlik na die “volksmoord” verwys is, is dit des te meer onbegryplik dat ons hier te lande nog wil debateer oor die vraag: Is daar ‘n volksmoord teen ons aan die gang of is daar nie?
Front Nasionaal sê: “Ja, daar is. En die proses om die verkryging van selfbeskikking, ten einde onsself te groepeer in ‘n geheel wat verdedigbaar is teen die aanslag, is die allerenigste manier waarop ons dit kan beveg.”
***
Neem deel aan gesprek:
https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/
*
[…] Front Nasionaal – Volksmoord […]
LikeLike
[…] Front Nasionaal: Front Nasionaal – Volksmoord […]
LikeLike