FW en sy “demokrasie”

Wanneer gaan FW de Klerk en sy liberale (blanke) agente erken dat ‘n multi-kultuur nog nooit gewerk het in Suid-Afrika nie en dit nooit gaan werk nie.   Al wat die liberaal verligte oorgawe gedoen het is om ‘n uitnodiging te gerig het aan al die Afrika en Brics lande wat werkloos is om hier te kom afpak.     Swart en bruin etniese volke het voor 1994 hul “etnisiteit” onderhandel met ooreenkomste – elkeen het hul eie etnisiteit behou – en dis ook so in Witskrifte aangeteken.   De Klerk, of sy ondersteuners, het help skryf met die Ingonyama wetgewing wat hy onderteken het.  Immigrante is binne genooi omdat die grense oopgestel is.  Natuurlik sal almal binnestroom en onder swart bemagtiging gehelp word.  Gebeur dit nie nou ook in die EU lande en word “open society” van George Soros in almal se kele afgewurg?   Duitsland en ander liberales forseer dit op ander af.  In ‘n mate stem ek saam met Bitterbek se plasing hieroor, maar hoeveel moes ons al in 25 jaar verduur – en dit voor vryheidsdag wat niks beteken nie.

Image result for fw de klerk soros photo

Of die handjies skoon is – sal hyself en sy liberale genote, daar uit Dakar en Kodesa, maar eendag moet gaan rekenskap gee.   Die wat BEE voorgestel het moet maar eendag die gevolge hiervan dra.   Die groot besem gaan nog hard vee.

FW de Klerk, Broederbond (Afrikanerbond) en liberaal verligtes weet ons is ook geregtig op ons eie gebiede en om onsself te regeer maar dis ons nie gegun nie.  Dis ‘n internasionale reg dat daar vir alle volke voorsiening gemaak moes word en ons is ook ‘n volk wat nie wil deel wil wees van ‘n gemengde “vals geskepte reënboognasie” nie.

FW en sy agente was voor 1994 reeds bewus van ons “regses”, “volkstaat” en regte tot selfbeskikking, tog is dit van ons weerhou – maar Tuislande is verander na Trustgebiede of “grondeise” het afsonderlike CPAs geword.    En dis nie asof FW en sy onderhandelingspanne nie daarvan bewus was nie.  Dis dan in die “grondwet” ingeskryf.   Ek het nie daardie grondwet geskryf nie en nog minder was ek deel van daardie derde rangse spanne.

Hiermee is die ideologie geskep dat ons al die grond besit, want hierdie Trust/cpa (grondeise) gebiede is slegs kommunale gebiede – vir wat is dit so gedoen as ons dit nie eers geskep is nie.   Ons het dit nie geskep nie.  Tradisionele leiers het saam by Kodesa en Kontralesa gesit en uitdink hoe om van ons ontslae te raak.

***

HAAL BITTERBEK SE SKRYWE AAN SAAM DIE VIDEO MATERIAAL – DANKIE

Bitterbek skryf:

Die Eersteburger, Teregstelling of Joernalisme?

Inleiding: Hier gaan die regses my kap, ek gee hier ‘n regverdige behandeling aan F.W. de Klerk en staan selfs vir hom op. In die program First Citizen, het ENCA ‘n onderhoud met F.W. de Klerk. Ek het ‘n probleem met daardie vorm van onderhoud waar die saamsteller al die mag het, want hulle weet wat hulle gaan vra, hulle weet waar hulle die persoon wat hulle ondervra in ‘n blik gaan indruk en hulle het bo alles die mag van redigering waar hulle die hele konteks en agtergrond kan verander om volgens hulle bepaalde agenda in te skakel.

***

Die FW de Klerk redigering (aanbeveel)

Edited, containing FW de Klerk only

I do not have the right to this video. I do not monetise on this video or have any benefit from its publication, other than it being informational. This video is placed under the fair use principle since it highlights a item of particular interest. In this case it highlights how fair the views of a politician are when the loaded questions, the hit piece, the verbal attacks and political innuendo of the biased presenter is removed.

***

Eers oor F.W. de Klerk, want dit gaan die steen des aanstoot wees vir baie, en nie die eintlike punt wat ek oor joernalistiek wil maak nie. Vir die rekord, ek het Nee gestem in die referendum van 1992 – want as daar een ding is van regses wat ek weet, is dat hulle absoluut voorspelbaar is (wat nie noodwendig ‘n slegte ding is nie) en dat die beskuldiging sekerlik sal kom dat ek Ja gestem het.

Ek voel dat die bedeling wat ons voor 1994 onderhandel het, ‘n baie swak bedeling was en dat ons dit nog in die toekoms terdee gaan berou. Ek voel ook dat in plaas van om die ANC volmag te gee na 2 Februarie 1990, moes die ANC eerder met ‘n yster hand in toom gehou word tot nadat ‘n nuwe bedeling beding was.

Ons het op daardie stadium al die mag gehad om die tier in sy hok te hou en vir hom eers goeie maniere te leer, juis sodat die toekoms beter sou wees. In stede daarvan was die tier uit die hok gelaat en al wat die wit minderheid, F.W. de Klerk inkluis, daarna kon doen was om aan die tier se stert vas te klou anders word almal opgevreet. Maar in teenstelling met meeste regses glo ek absoluut dat die val van die Berlynse muur en die ineenstorting van die Sowjet Unie die ANC in sy swakste posisie ooit gelaat het en dat ons eenvoudig daardie enkele historiese geleentheid moes aangryp. Dit is net dat ons dit op die heel verkeerde manier gedoen het.

Nou vir my eintlike storie…

Die persoon wat die onderhoud voer het in hierdie tipe van onderhoud die oorhand omdat hy of sy weet wat die vrae gaan wees. Daar is vooraf kennis oor wat die aanvanklike antwoorde op die vrae gaan wees en die gesprek kan gevolglik in ‘n rigting gelei word waar die opponent die hele tyd op agtervoet sal wees, waar elke volgende vraag net nog ‘n aanval sal wees, en dikwels vanuit ‘n heel onverwagte hoek. Effektief is dit ‘n politieke teregstelling deur middel van ‘n onderhoud.

Maar die grootste mag lê nie of by die vooraf kennis, of by die feit dat jy bepaal watter vrae gevra sal word nie, maar op die redigeertafel. Want met skerp redigering kan wat onder helder sonlig staan, sterk skemer gemaak word. Wat Nee is kan so geplaas word dat dit na Ja klink, wat goed is kan as onderduims vertoon word.

Gelukkig bly ons in ‘n tyd waar ek ‘n gevorderde bedryfstelsel (Ubuntu Linux) ‘n gevorderde stuk gereedskap (ffmpeg) asook ‘n puik program vir redigering (kdenlive) alles kan aflaai, installeer en nie ‘n duit daarvoor te hoef te betaal nie. Daarteenoor sou ENCA se stelsels etlike miljoene gekos het. Maar nou is ek weer op ‘n gelyke voet wat redigering betref en die mag van die redigeertafel behoort nou aan my.

Vir die wat belangstel, kyk of net na die FW de Klerk redigering (minder as 12 minute) of kyk ook na die hele reeks ongeredigeerde onderhoude (minder as 20 minute). Ek sou hoogs aanbeveel dat almal na die FW de Klerk redigering kyk, ongeag van hul politieke oorweging.

Wat ek in die FW de Klerk redigering gedoen het, was om net vir F.W. de Klerk in te laat en soveel moontlik van die aanbieder uit te sny. Dit laat twee algehele verskillende videos, een waar ‘n heel redelike F.W. de Klerk as politikus vertel van wat voor 1994 gebeur het. Daarteen bevat die ander video die identiese materiaal as die eerste video maar met die voordeel van redigering. Wat die verskil tussen dag en nag maak, is al die insinuasie, die giftige aanvalle en die subtiele politieke manipulasie van die aanbieder wat dit ‘n algehele ander betekenis gee. In die een video is F.W. de Klerk ‘n heel redelike politikus wat opreg voorkom, in die ander redigering word hy vertoon as ‘n opperste skurk. En die enigste verskil tussen die twee is dat die manipuleerder wat die vrae stel, uitgeknip word.

***

The First Citizen | FW De Klerk | Part 1 | 23 April 2019

***

The First Citizen | FW de Klerk | Part 2 | 23 April 2019
In a series of sit down interviews with former presidents. Anchor Aldrin Sampear speaks to F.W De Klerk, Olusegun Obasanjo, Ellen Johnson Sirleaf and other

***

The First Citizen | FW de Klerk | Part 3 | 23 April 2019
https://www.youtube.com/watch?v=uykTG7whvPw

***

Traditional leaders South Africa: 8840

Agreements and Traditional leaderships

Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget

a LIE – apart areas – homelands just became Trustlands  / CPAs (landclaims)

Begroting – tradisionele leiers 2019

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s