Front Nasionaal: Selfbeskikking

 

Selfbeskikking is nie ‘n toevallige deel van Front Nasionaal se beleid nie. DIT IS ONS BELEID.   Dis wat die Afrikaner wil hê, dis die Afrikaner se enigste kans op oorlewing. Maar bowenal is dit die Afrikaner se besluit of hy daardie stap gaan neem en ‘n stem vir selfbeskikking uitbring.  Of daar word saam die multi-kultuur weggespoel in ondergang of daar word vir oorlewing en vryheid, selfbeskikking en onafhanklike gebiede gestem.  Een van ons regte wat geskend word is ons Afrikaanse taal.  Afrikaans word ook gedeel met ander volke, net soos wat Franse, Duitsers en Spanjaarde ‘n taal deel.   Nie alle Spanjaarde, Duitsers of Franse is noodwendig Spaanse, Franse of Duitse burgers nie.   Daar word byvoorbeeld baie Frans in Afrika gepraat en elders, maar hulle is niks van Frankryk nie.
https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/
https://www.frontnasionaalsa.co.za/wie-is-front-nasionaal/beleid/

Image may contain: text

Niemand van ons haat ‘n ander taal nie, maar as daar protesaksies plaasvind of gesprekke op radio, gaan dit oor die obsessie van swartes en liberales oor Afrikaners, Boere en ook Afrikaans.

*** *** *** ***

DAAR IS GROOT HAAT VIR AFRIKAANS EN AFRIKANERS
Front Nasionaal SA

Vroeër vandeesweek was daar ‘n gesprek op RSG met die Jeugleiers van ‘n aantal politieke partye. Dis ooglopend dat die probleem wat ons nou ervaar maar ‘n aanduiding is van wat voorlê ,as jy geluister het na wat die jong Turke van die ANC en die EFF kwytraak.

Daar is ‘n enorme haat vir alles wat Afrikaans en Afrikaner is.

Die jeugleiers van die DA en die VF+ het hard probeer, maar in tipiese Afrikastyl is hulle eenvoudig doodgepraat, want in die politiek van die dag handel dit nie meer oor wie sin praat nie, maar oor wie die hardste skree, al skree hy ook totale onsin.En dis net daar waar beide hierdie partye teen ‘n klipmuur vasloop met hulle oortuiging dat ‘n multikulturele bestel, gegrond op grondwetlike beskerming en die handhawing van beskaafde norme, enige toekomswaarborge bied.

Dis ‘n lugkasteel wat hulle vir hulself en hul kiesers bou.

Die radiodebat het ‘n mens laat dink aan Piet Retief se twee keuses voor die ingang van Dingaan se kraal:

1) Sit neer jou wapen, stap in en vertrou Dingaan
2) Draai om en stap so ver weg as wat jy kan en fokus op jou eie sake.

Die Afrikaner moet op 8 Mei 2019 weer daardie keuse maak.

Front Nasionaal weet watter een ons keuse is. Want ons het geleer uit Retief se oordeelsfout en De Klerk se misleiding. Hierdie land gaan nie meer deur welbewoorde politieke debatte reggemaak word nie.Daar word nou geluister na wie die hardste skreeu. En dis ‘n baie naiewe mens wat anders glo.

In ‘n whatsapp gesprek oor die radio-uitsending sê een van die bekendste akademici op Stellenbosch toe die volgende:

“Wat my verbaas het was die swak argumente van die Afrikaanse studente. Demmit, Afrikaans is die 3de grootste huistaal in SA (naas Zulu en Xhosa), en Engels taal no 6. Dan: wat het geword van die grondwet wat bepaal dat SA 9 tale het met GELYKE STATUS? Laastens, Engels is NIE die lingua franca van SA nie en dit is geklik om te aanvaar dat almal Engels verstaan. Engels is netso uitsluitend vir mense wat die taal nie ken nie as wat Afrikaans of Xhosa of Zulu of Sotho is. Die ergste dwaling was die stelling dat Afrikaans die gevolg van kolonialisme is. Skynbaar is dit nie die geval met Engels nie!”

Presies ons argument, Professor. Want wat die blanke kieser, en in besonder die Afrikaanssprekende kieser, in 2019 sal moet besef is dit: Daar is alreeds groot haat onder die geslag van die toekoms vir die Afrikaner. As hy eers sy mond oopmaak en sy taal praat, word dit ‘n kreet om verdelging.

Onthou dit maar wanneer jy op 8 Mei 2019 by die stemhokkie instap.

***

DIS NOU TYD VIR DAARDIE TREE!   DOEN DIT OP 9 MEI 2019 – VIR VOLK, TAAL, KULTUUR EN IDENTITEIT
Front Nasionaal SA

In Januarie 2010, bykans 16 jaar na die 1994 oorgawe, doen Die Beeld ‘n aanlynmeningspeiling onder lesers om te bepaal of die selfbeskikkingsgedagte dood is. Dit is die belofte waarmee die VF+ in 1994 meer as 500 000 stemme getrek het – dat Selfbeskikking vir die Afrikaner beding sou word.

Teen 2010 was daar nog geen woord oor gepraat nie en het die media aanvaar dat die selfbeskikkingsgedagte doodgeloop het. Derhalwe probeer hulle dit bewys deur die aanlynpeiling. Uit 11019 respondente sê 6178 (dis 56%): “Ja, ons soek selfbeskikking en is bereid om te verhuis na ‘n volkstaat.” Slegs 27% het selfbeskikking toe nie as oplossing beskou nie.

Media 24 moes nou vining keer. Dis nie die uitslag wat hulle wou hê nie en derhalwe verklaar hulle dat die gedagte van selfbeskikking nie “doodgeloop” het nie, maar “doodgebore” is!

Maar die regering neem kennis. So vroeg as 5 Junie 1998 sê Mohammed Valli Moosa, ANC Minister van Grondwetlike Ontwikkeling: “The ideal of some Afrikaners to develop the North Western Cape as a home for the Afrikaner culture and language within the framework of the Constitution and the charter of Human Rights is viewed by the government as a legitimate ideal.”

Stelselmatig, met die agteruitgang van die staat en die VF+ se toegewings aan die multikulturalisme ten koste van die selfbeskikkingsideaal, en met toenemend meer klem op “minderheidsregte” eerder as selfbeskikking, het die media gehoop dat hulle selfbeskikking nou kan begrawe. 5 Jaar verloop na 2010 se opname.

Maar in daardie 5 jaar word Front Nasionaal gestig en word “selfbeskikking” opnuut deel van die politieke debat in die land. In 2015 besluit Rapport om ‘n meningspeiling te doen en te bewys dat selfbeskikking werklik nie meer as ‘n opsie beskou word nie. Hulle kyk leliker op hulle neuse as wat Beeld gedoen het. Uit 10959 respondente verklaar 93,6% dat hulle selfbeskikking verlang.

Dit word 7 maande later bevestig toe Solidariteit ‘n peiling hou waarin hulle selfbeskikking as een van 6 opsies aanbied. 49% van mense sê hulle wil selfbeskikking hê!

Nou kom die vraag: Hier het ons nou die bewys dat die selfbeskikkingsideaal nie alleen springlewendig is nie, maar inderdaad groei. Waarom dan, wonder ‘n mens, struikel ons telkens by die stembus? Waarom neem ons net nie daardie kernbelangrike stap nie?

Want dit is nou die volgende stap – om deur ‘n stem vir selfbeskikking in die volgende nasionale verkiesing op 8 Mei die bogenoemde bevindings in ‘n wesenlike mandaat te omskep. En daarvandaan kan die proses aan die gang gesit word en kan die detail van hoe, waar, wat, wanneer, deur wie en volgens watter proses bepaal word.

Nou sien ons weereens verkiesingsmanifeste wat beoog om terug te baklei teen korrupsie en oor munisipale dienslewering en wat nog, en selfbeskikking as sekondêre prioriteit iewers toevallig in die beleidsdokument. Dis wensdenkery. Die TOTALE politieke opposisie in die land met sowat 37% steun kon in 25 jaar se tyd nog nie terug baklei teen korrupsie, swak dienslewering, grondgrype ensomeer nie. ‘n Driejarige kind kan jou vertel dat een party wat dit belowe, lugkastele verkoop.

****

6 APRIL 2019 – MAAK SEKER JY IS DAAR AS JY NABY BLY

FRONT NATIONAL / FRONT NASIONAAL
PRESS RELEASE – INVITATION / PERSVERKLARING – UITNODIGING

FRONT NATIONAL : LAUNCH OF ELECTION MANIFESTO
FRONT NASIONAAL : BEKENDSTELLING VAN VERKIESINGSMANIFES

2 April-2019

Front National would like to invite representatives of the media, party members and members of the public to the official launch of our election manifesto which will, simultaneously, take place at two venues.

Both events take place on Saturday 6 April at 11:00

PRETORIA
Afabs Offices
587 Makou Street
Monument Park
Enq: Henry White – 082 703 2275
Speaker: Adv Jurg Prinsloo SC

CAPE TOWN
MBA Club
23 Concordia Str
Southern Paarl (off Main Rd)
Enq: Ada Esplin – 083 306 8600
Speaker: Daniël Lötter

A press conference will be held after the main event

We invite you to meet our candidates in person and enjoy a cup of tea or coffee with us afterwards

+++++++++++++++++++++++++

Front Nasionaal nooi hiermee graag verteenwoordigers van die media, partylede, vriende en lede van die publiek na die amptelike uitrol van ons verkiesingsmanifes. Die geleentheid vind tegelykertyd plaas op Saterdag 6 April om 11:00

PRETORIA:
Afabs Kantoor
Makoustraat 587
Monumentpark
Navrae: Henry White – 082 703 2275
Geleentheidspreker: Adv Jurg Prinsloo SC

KAAPSTAD
MBA Klub
Concordiastraat 23
Suider Paarl
Navrae: Ada Esplin – 083 306 8600
Geleentheidspreker: Daniël Lötter

‘n Perskonferensie sal gehou word na afloop van die geleentheid

Ons nooi u om ons kandidate persoonlik te ontmoet en ‘n koppie tee of koffie na die tyd saam met ons te geniet.

INFORMATION DESK
FNSA

Image may contain: text

Advertisements

3 gedagtes oor “Front Nasionaal: Selfbeskikking”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s