TLU – TEKEN BESWAAR AAN VOOR 2 APRIL 2019
29 Maart 2019 – FRONT NASIONAAL
https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

2 APRIL 2019
FRONT NASIONAAL ONDERSTEUN HEELHARTIG HIERDIE AKSIE
Maak beswaar teen Malema en Andile se deelname aan die verkiesing
Julius Malema is pas deur die Menseregtekommissie kwytgeskeld van haatspraak.
Hy het in 2016 gesê die EFF vra nie nou al vir die slagting van witmense nie.
Meer onlangs het Andile Mngxitama van die BLF gesê hulle sal wit vroue en kinders doodmaak.
In die Uitspraak van Regter Lamont in die Gelykheidshof oor die sing van “Kill the Boer” het Lamont gesê dit gaan nie oor wat gesê word deur ʼn persoon nie, maar hoe die teikengroep dit verstaan en ervaar. Dit is duidelik dat beide menere dreig dat witmense vermoor moet word. Dit is soos dit verstaan word. Leiers wat sulke uitlatings maak teenoor ʼn minderheidsgroep mag nie deel van ʼn verkiesing wees nie.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se gedragskode bepaal partye wat taal gebruik wat geweld aanmoedig kan verhoed word om aan die verkiesing deel te neem.
Teken voor 2 April saam met TLU SA beswaar aan teen die EFF en BLF – insluitend hulle leiers – se deelname aan die volgende verkiesing.
***
RSG vanoggend oor HAATSPRAAK. Wanneer word woorde as HAATSPRAAK beskou ?
Chris Greyling
Die volgende bisarre definisie is vanoggend deur Danny Titus (voormalig van die MRK) verskaf:
As ‘n Witte sekere woorde sê kan dit as HAATSPRAAK beskou word maar as ‘n Swartpersoon dieselfde impliseer teenoor Witmense is dit nie HAATSPRAAK nie. Die rede daarvoor is dat die “PYN VAN DIE VERLEDE” ook in aggeneem word. Swartes of hul ouers wat onder apartheid gelei het, se “PYN” word in aggeneem. Wittes het geen “PYN” ervaar nie en is dus skuldig met dieselfde woorde.
Dis hoekom Malema kan uiter dat “WHITES WILL ONLY BE KILLED LATER” en “WE WILL CUT THE THROAT OF WHITENESS” (lees wittes) en dis nie HAATSPRAAK nie hoewel hy maar 10 jaar oud was toe Apartheid (en orde) afgeskaf was.
Wittes wat na swartmense op kwetsende wyse verwys soos Penny Sparrow se B*-woord is wel skuldig aan HAATSPRAAK, so ook Vicky Momberg wat die K*-woord geuiter het en vir 3 jaar tronk toe gestuur was daarvoor. Die drakoniese straf is klaarblyklik grootliks daaraan te wyte omdat hulle WIT is en nie “PYN” ervaar het nie.
Selfs om na ‘n swartpersoon as “swarte” te verwys is met die nuwe wet “HAATSPRAAK”. Dit geld egter nie vir “WITTE” nie.
GEVOLGTREKKING: ‘n Witte kan nie met die ANC se MRK of howe wen nie. Nie die grondwet of regstaat is vir ons van enige betekenis nie.
Wat ‘n antwoord is op die vraag: Hoekom kla Front Nasionaal nie dié of daardie aan nie?
By wie moet ons hulle aankla?
***
WIE IS DIE DR TITUS?
[…] Malema “haatspraak” – teenoor blankes […]
LikeLike
[…] Malema “haatspraak” – teenoor blankes […]
LikeLike
[…] Malema “haatspraak” – teenoor blankes […]
LikeLike
[…] Malema “haatspraak” – teenoor blankes […]
LikeLike
[…] Malema “haatspraak” – teenoor blankes […]
LikeLike
[…] Malema – haatspraak – teenoor blankes […]
LikeLike