Dis elke blanke se reg en plig, om teen SWART BEMAGTIGING (B-BBEE en RA/AA) op te staan, anders is jy ten gunste daarvoor. Ons blanke volk word benadeel, ons menseregte word daagliks geskend en die wat op hulle jisse sit en niks doen nie is tevrede met die ANC, DA, EFF en ander se beleid wat ons ekonomies vernietig. Moenie steur aan afdreigings nie. Dit is in lyn met internasionale reg om op te staan teen B-BBEE en nie net te aanvaar die sogenaamde “regstellende aksies” of “vorige benadeeldes” is reg nie… dit bly rassisme en diskriminasie. Moenie blankes verder in die grond in trap as ons reeds op die grond is nie, want as ons herstel het, is dit moeilik om ons te keer. Ons het dit in die verlede ervaar waar ons voorouers ook vertrap is, en nou doen die ANC en DA en ander dit weer. Moenie ons intelligensie en deursettingsvermoë onderskat nie.

Van Damme se uitspraak is in lyn met haar party en ook in lyn met die DA se Provinsiale beleid.

***
Ongelukkig kan Van Damme nie bewyse lewer dat “swart bemagtigiing en regstellende aksies” persone, die werk kan doen nie, want die feit dat alles inmekaar instort is bewys daarvan.
Indien al hierdie mense weet wat hul doen, op alle vlakke van regering en SOE, sou dit nie nodig gewees het vir beurtkrag of munisipaliteite wat nie kan dienste lewer nie. Hoeveel munisipalieite is nie banktrot of hoeveel provinsies is nie al onder administrasie geplaas nie.

***
TER AGTERGROND
***
WESTERN CAPE PROVINCE – WESKAAP PROVINSIE
***
2013
***
FRONT NASIONAAL
DA VERDEDIG REGSTELLENDE AKSIE (BEE) BINNE ESCOMIn ‘n powere poging om regstellende aksie te verdedig, het die DA se woordvoerder, Phumzile van Damme, op ‘n tweet gesê dat diegene wat uitwys dat “affirmative action” vir Escom kniehalter, derhalwe rassiste is. Dit is ironies dat sy die ANC se beleid namens haar eie party verdedig.
Enige regdenkende persoon kan die ooglopende raaksien dat daar ‘n direkte ooreenkoms is tussen die afdanking van blanke werkers en die sneuwel van Escom. Maar vir die liberale denkers en die selfaangestelde swart slagoffers, is dit bloot rassisties om die waarheid te vertel. Hoe anders verduidelik jy die ondergang van die eens vooruitstrewende en suksesvolle elektrisiteitsreus? Want in ons land is politieke korrektheid gelykstaande aan intellektuele oneerlikheid.
Dit wil voorkom dat die DA ‘n draak is met twee koppe. Aan die eenkant ontken die DA dat hulle tengunste van BEE is, maar aan die anderkant verdedig hulle dit. En waneer mense die ooglopende uitwys dat BEE die oorsaak is van Escom se ondergang, word hulle dadelik die etiket van rassiste gegee.
Ons moet nou maar eens en vir altyd die ooglopende besef: die swart gety binne die DA het die eens liberale party ingesluk en dit verander na ‘n swart nasionalistiese party wat geen plek vir witmense meer het nie. En dit geld vir enige ander multikultuur party wat probeer swart politiek speel. Dieselfde noodlot wag vir die VF+, Cope en ACDP wat probeer mulikultuur politiek speel.
In hulle waansinnige poging om swart stemme te trek, probeer die DA meer swart wees as die ANC of die EFF, en sal hulle nie skroom om blankes op die altaar van politieke korrektheid op te offer nie. Die blanke raadslede binne die DA moet nou maar eenmaal begin besef dat Phumzile en haar genote hulle onder die bus gegooi het. Dit is net ‘n kwessie van tyd alvorens hulle ook uitwerk word, netsoos met Helen Zille. Maar vir tyd en wyl word die blanke raadslede binne die DA gehou en verdra, net om naiewe blanke stemme te trek totdat hulle ook hulle relevansie verloor het.
Hou op lugkastele bou en dagdrome droom van ‘n reënboog nasie. Daar bestaan nie so iets nie. Ons het eerder ‘n swart tornado wat alles opsuig en vernietig. Neem die besluit en stem vir jou eie mense. Stem vir Selfbeskikking. Stem vir Front Nasionaal.
https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/
[…] Swart bemagtiging – Eskom – DA – Van Damme […]
LikeLike