*
‘n Kerkgebou is alreeds lankal opgerig in Pietermaritzburg vir die Trekkers na die Gelofte op 16 Desember 1838. Hoekom is dit noodsaaklik dat daar weer eens nog ‘n ander kerk opgerig word vir dieselfde geloofsredes en -beloftes. Indien ‘geloftes’ onder sekere skrywers verskil, al het 100 jaar verloop, behoort daar geen impak op ‘n gebou van aanbidding te wees nie. Wat belangriker is, is die gelofte, tussen Hom en Trekkers, die Boere volk. Op 28 April 1840 is begin met die oprigting van die gebou wat vandag nog as die Geloftekerk of Voortrekker kerk/ museum bekendstaan. Dit is in 1841 voltooi. Vandag word daar etlike dienste gehou om hierdie dae van die Boere volk te herdenk.
![]()
*
Jare later, 1938, het J.H. Pierneef die skildery van die Geloftekerkie geskilder wat in die Huisgenoot verskyn het. Die skildery toon die kerkie soos hy gelyk het nadat die ornate gewels in die 20ste eeu aangebring is en is dus nie heeltemal akkuraat nie.
*
Read also – lees:
![]()
Die Geloftekerk soos dit in 1910 gelyk het. Destyds was die Boere volk nie so groot soos dit vandag daaruitsien nie. Die Gelofte wat altyd onthou en die Boere volk herinner wat hul voorgeslagte deurgemaak het.
![]()
*
Die eerste kerkgebou in die Voortrekkergebied is op Pietermaritzburg opgerig as uitvloeisel van die plegtige gelofte van Sarel Cilliers op Danskraal op 9 Desember 1838 wat ná Dingaan se Zoeloemag op 16 Desember 1838 verslaan is, na vervulling geroep het. Op die stadium van 1840, was hierdie kerkgebou dus reeds opgerig as gevolg van geloftes wat gemaak is.
Meer as 100 jaar later en volgens die kerkraad van die moedergemeente Pietermaritzburg in 1949 en ds. C.W.I. Pistorius, die leraar van 1946 tot 1948, nie die eintlike Geloftekerk nie omdat hulle dit as ’n tydelike geboutjie bedoel het wat later, sodra die nodige geld voorhande sou wees om die werklike Geloftekerk op te rig, in ’n pastorie omskep moes word.
Weens die Engelse anneksasie en die gevolglike vertrek van die meerderheid van die Voortrekkers uit Natal, het hierdie plan egter nooit werklikheid geword nie. Die kerkraad wou ’n sekere stuk grond in Pietermaritzburg, naamlik Langmarkstraat 33, wat die Volksraad oorspronklik vir die ware Geloftekerk opsy gesit het, ten einde dié gebou toe daarop te bou. Feite is, daar is ‘n kerk opgerig wat nie geignoreer kan word nie.
Die bouery het aan die gebou op erf no. 34 Langmarkstraat het einde April 1840 begin en in die loop van die jaar met rukke en stote gevorder. Die mense was arm en het swaargekry en sekere benodigdhede was skaars en moeilik bekombaar. Die geld was skaars en op 29 September 1840 het die boukommissie die Volksraad gevra om ’n lening uit die kerkfonds. Die Volksraad het dié versoek toegestaan en enkele maande later is die gebou voltooi. In 1841 is dit ingewy. Armoede maak nie saak nie. In die begin moes kerkgangers hulle eie banke en stoele aandra tot die gemeente kon bekostig om banke en stoele vir die kerk te koop.
Die groot vraag is, wie het dit verander tot ietsie anders omdat dit nie hulle ‘geloof’ gepas het nie. Die kerk is gebou gewees.
Nadat die nuwe kerk ingewy is, het die Geloftekerkie eers ’n skool geword en in 1874 het die gemeente dit verkoop. Adv. E.G. Jansen, die latere goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika, het dit gesien as ’n aptekerswinkel en as deel van ’n smidswinkel toe hy vroeg in die 20ste eeu in die stad as advokaat gepraktriseer het en elke Sondag op pad kerk toe het dit hom onaangenaam getref hoe hierdie geskiedkundige gebou aan verwaarlosing prysgegee is.
Die opinie is verder, dit is Boere volk eiendom en nie Unie eiendom gewees nie – dit geld vir alles wat aan die Boere volk behoort. Dit is duidelik hoeveel eiendomme en gedenkwaardighede tot niet gegaan het onder Unie wording, wat uit London beheer is. Die verwaarlosing sluit net aan by 1902 se Vredesverdrag wat nie nagekom is oor die Boere republieke nie en hoeveel waarde van Boere volkerfenisse behoue gebly het onder die Britse statebond en mede ‘regeerders’ wat hulself Afrikaners genoem het.
Die plaaslike NG leraar, ds. George Murray Pellissier (mev. Martha Mabel Jansen, vrou van die advokaat, se broer), en adv. Jansen het hulle vir die terugkoop en herstel daarvan beywer, bygestaan deur ’n komitee waarvan Jansen die sekretaris was en wat op Pellissier se aandrang in 1908 gestig is. Die komitee moes kyk hoe die kerk van algehele verval gered kon word en teruggekoop word vir die volk van Suid-Afrika en as blywende gedenkwaardigheid ingerig kon word.
Op 16 Desember 1912 is die kerkie toe op indrukwekkende wyse as Voortrekkermuseum in gebruik geneem. Die museum is later aan die staat oorgedra. Tot aan sy dood was adv. (later dr.) Jansen ere-voorsitter van die raad. Die raad het sy Julievergaderings altyd so gereël dat dit saamval met die winterverblyf van die goewerneur-generaal in Natal sodat hy die byeenkoms self kon lei.
Die daarstelling van ’n museum in die ou Voortrekkerkerkie was die eerste deel van ’n tweeledige doelwit. In De Bode van 1 Julie 1914 verskyn ’n brief van Jansen aan die minister van binnelandse sake waarin hy onder meer skryf: “Ik heb de eer u in kennis te stellen dat er nu stappen genomen worden om het tweede gedeelte van het oorspronklik plan uit te voeren n.l. het oprichten van een monument ter ere van Piet Retief, Gerrit Maritz, Piet Uys en andere Voortrekker voormannen.”
Hoewel die regering geen geldelike steun hiervoor wou toesê nie, is vir die doel van ’n Retief-standbeeld spesifiek geld van die publiek ingesamel. Die dryfkrag hieragter was mev. Jansen, en toe sy op 6 April 1962 die beeld te Pietermaritzburg onthul het, wat gemaak is deur Coert Steynberg, kon sy die bedrag met rente belopende R10 000 ter bestryding van die koste oorhandig. Weer eens was dit die publiek wat hul sakke geskud het.
Die tweede Voortrekkerkerk (van 1861) is later gesloop om plek te maak vir die Gedenkkerk. Die hoeksteen van dié kerk is op 6 April 1961 gelê ná ’n lang stryd om erf 33, naasaan die erf waarop die Geloftekerkie staan, te bekom. Die hoeksteen is ingemessel in die granietpodium aan die voorkant van die gebou. Die kerk is deur P.R le Roux ontwerp as ’n simboliese interpretasie van die gebeure wat op 16 Desember 1838 plaasgevind het. Weer eens moet daar na die belofte se inskrywings gekyk word oor wat opgerig moet word.
Volgens inligting, moes die gebou nie net ’n kerk wees nie, maar ook ’n monument aan die Voortrekkers. In die binnehof is die gelofte op die muur aangebring, wat met knopkierries en assegaaie omring is in die vorm van die Zulu-vegtaktiek of horingformasie. Die lig wat deur die dak op die muur skyn en die toring wat skerp na bo punt, simboliseer die bron van die Voortrekkers en Boere volk se krag. Die lamppale langs die gebou simboliseer die lanterns van die waens by Bloedrivier op 16 Desember 1838. Die mure aan weerskante van die gebou simboliseer beskermende arms.
Op 6 April 1962 is die Gedenkkerk ingewy. J.F.T Naudé het die gebou geopen en dr. A.J. van der Merwe het die diens waargeneem. Op dieselfde dag is die Retief-standbeeld onthul. Dit is deur Coert Steynberg ontwerp en weeg 363,3 kg. Retief kyk in die rigting van die “beloofde land”. Die stene aan die onderkant van die beeld kom van die plek waar Retief in 1837 Natal die eerste keer oor die Drakensberg binnegetrek het. Ds. F.P. Myburgh het die geleentheid geopen met skriflesing en gebed waarna P.W.J Groenewald ’n praatjie gelewer het. Na die koorsang het Mabel Jansen die beeld onthul en ’n toespraak gelewer.
Die gemeente het die Gedenkkerk in 2008 aan die Museumraad verkoop en toe het die bedieningspunt van die gemeente geskuif na Merrivale (op Howick) se kerkgebou, nadat dié gemeente in 1999 by Pietermaritzburg ingelyf is. Dis sowat 20 km vanaf die oorspronklike kerk in die middestad van Pietermaritzburg geleë.
http://www.gemeentegeskiedenis.co.za/2018/04/19/ng-gemeente-pietermaritzburg/
*
Die preekstoel in die kerkie wat in 1949 afgeneem is, is ‘n nasionale gedenkwaardigheid.

*
*
*
It was not supposed be be a school or anything else.
Before the Battle of Bloodriver/Ncome, the Voortrekker men, led by Andries Pretorius and Sarel Cilliers, decided to make a vow to God that they would build a church in His honour, should they win the battle. They were successful in defending themselves, and staved off the Zulu attack.
As soon as they settled Pietermaritzburg in 1839, funds were collected to start constructing a little church. It was completed early in 1841, and consecrated in April 1841- the first church-building north of the Orange river.
The congregation grew fast, and by 1855 the church was too small to accommodate all its members. It was therefore decided that a new church would be built on a neighbouring site. This building was completed, and ready to be consecrated on 7 April 1861. The new church, known as the ‘Tower church’, was used until June 1955.
After 1861, the original building was used as a school for a while, and the caretaker, Mostert, was also given permission to run a bookstore from there. Because it was a heavy financial burden, the church council decided in 1863 to sell the little church-building to ‘Vicar Brayhirst’ for ₤840.
The buyer had to agree that the building would never be utilised, without the consent of the full church council, as a hotel or canteen of any description. By 1865, however, Vicar Brayhirst was declared bancrupt and the building reclaimed. It was thereafter leased to the government again to be used as a school. This agreement was in place until 1873.
In 1873 the church was sold for the second time, this time to the wagonmaking firm of D.Whitelaw. The purchase price was only ₤700. During the period 1873 to 1910, the building was utilised as a smith’s workshop, mineral water factory, pharmacy and a tearoom.
The Church of the Vow became a museum on 16 December 1912, and was handed over to the Union Government for safekeeping. In 1938 it was declared a National Monument.
*
THE STATUES OF RETIEF AND MARITZ
The statue of Piet Retief, created by welknown sculptor Coert Steynberg, was revealed on 6 April 1962, at a ceremony that was also the consecration of the Voortrekker Memorial Church.
Sculptor Jo Roos was the creator of the Gert Maritz-statue, which was revealed on 16 December 1970.
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Op 28 April 1840 is begin met die oprigting van die geboutjie wat vandag nog as die Geloftekerk of Voortrekker kerk/ museum bekendstaan. Dit is in 1841 voltooi. Jare later, 1938, het J.H. Pierneef die skildery van die Geloftekerkie omstreeks geskilder wat in die Huisgenoot verskyn het. Voortrekker kerk Pietermaritzburg […]
LikeLike
[…] Voortrekker kerk Pietermaritzburg […]
LikeLike
[…] Op 28 April 1840 is begin met die oprigting van die geboutjie wat vandag nog as die Geloftekerk of Voortrekker kerk/ museum bekendstaan. Dit is in 1841 voltooi. Jare later, 1938, het J.H. Pierneef die skildery van die Geloftekerkie omstreeks geskilder wat in die Huisgenoot verskyn het. Voortrekker kerk Pietermaritzburg […]
LikeLike
[…] gebare teenoor die bewaring van Afrikaners se geskiedenis wat erken en geloof moet word.KERKVoortrekker kerk PietermaritzburgBakgatland – A H […]
LikeLike
[…] Voortrekker kerk Pietermaritzburg Monumente : Geskiedenis simbole ZAR Geloftedag 16 Desember 2022 […]
LikeLike
[…] Voortrekker kerk Pietermaritzburg […]
LikeLike
[…] Voortrekker kerk Pietermaritzburg […]
LikeLike
[…] Voortrekker kerk Pietermaritzburg […]
LikeLike
[…] Voortrekker kerk Pietermaritzburg […]
LikeLike
[…] Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n sabbat sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.Die huis is opgerig te Pietermaritzburg. Die huis was ook in die oorlog beskadig, maar is later herstel.Voortrekker kerk Pietermaritzburg […]
LikeLike
[…] https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-pietermaritzburg/Voortrekker kerk Pietermaritzburg* […]
LikeLike
[…] Voortrekker kerk Pietermaritzburg […]
LikeLike