Kringloop van omstandighede

Dit wat die huidige president, Ramaphosa aan ons toedig, naamlik die padda in die pot, is juis ‘n lewensles wat ons diep oor moet nadink.  Is dit nou ons wat in die pot sit, of die kommuniste self?   Dit moet ons juis aanspoor om weg te beweeg uit sy en sy kaders se vernielsugtige lewensbestaan.   Alles om hulle en wat hulle aanraak ver-flenter – dit word ‘n lego wat nooit weer opgebou kan word nie.  Wie is dus in hierdie water?  Klim uit as jy dink jy is in die “sauna”.

Image result for frog in pot ramaphosa


Ramaphosa het al heelwat van sy ware kleure gewys, nie net vir ons as onderdrukte volk nie, maar ook aan sy eie “ondersteuners”
Moenie kommunisme (bolshevisme) onderskat nie.  Dit het al baie volke verwoes en baie lewensverliese gehad.
Suid-Afrika Parlement /South Africa Parliament

Ramaphosa : In Denial

Geprojekteerde sondes

Ramaposa en Verenigde Nasies

Is this really Land expropriation?

LEWENSLES

Daar is heelwat van ons, veral konserwatiewes wat beslis nie in hierdie pot sit nie.  Diegene wat daarin sit, is liberales en al Ramaphosa se eie ondersteuners, wat dink hulle kan net alles doen wat hulle wil.   Die kaders, die liberaal verligtes, wat saam Ramaphosa is, sit saam in hierdie pot wat amper uitmekaar val.  En wat gebeur as ‘n swart pot oopbars?   Veral as dit ‘n baie warm vuur is – dan beland hulle self in daardie vuur.

Die spreekwoord sê – grou ‘n gat – jy grou ‘n gat vir jouself, jyself gaan nie daaruit kom nie.

Ramaphosa en sy vorige presidente is al vir 24 jaar besig om ons menseregte te skend.   Die rooi impi’s wat die strate vol dans en afbreek is soos lawastroom wat alles in hul pad probeer vernietig.   Alles wat ons sin was, word vernietig.  Wat die massas nie besef nie, is die dag as hulle alles vernietig het, is daar niks op winkelrakke nie, en dan sal Ramaphosa se pot nie meer daar wees nie.

Sabbotasie en geweld – Terreur en protesaksies – dis die ANC en EFF se beleid.

Hulle sing om ons uit te wis, om boere uit te wis, juis omdat ons nie deel van hulle is nie en nooit deel sal wees nie.  Diegene wat so dink is meer as welkom om in daardie Titanic boot te bly of deel van die rooi lawa stroom voortvloei na vernietiging.

Ons as volk het ‘n reg tot selfbeskikking, ‘n reg om totaal en al onafhanklik ons eie dinge te doen.

Volksgenote moet hulle nie as die slagoffers sien in die pot met warm water nie, maar sien eerder ons posisie en omstandighede – ons is nie binne daardie pot nie.  Dis juis omdat die kommuniste hul eie konkoksies kook en warm maak waarin hul hulself gaan verdrink.

Daar is regtig ander dinge wat belangriker is om na te streef – ons moet ons lewensomstandighede neem, die lesse wat goed was en uitstyg bo die neerhalende menseregteskendings.

.

Daar is baie positiewe dinge, besigheidsgeleenthede,  waaraan ons kan en mag werk in gebiede waar ons reg het om te wees.

.

Dekades gelede, wat soos gister voel,  het hierdie wurmpies heelwat kinders besig gehou.  Die kringloop van eiertjie tot die volgende eiertjie stadium, is in stilte en met groot opgewondenheid dopgehou.  Wanneer mens ‘n kind is, dink jy soos ‘n kind.   Dit was sekerlik die aangenaamste ervaring wat ervaar is om vir ure dop te hou hoe die wurmpies groter en sterker word.  Daar is ‘n kringloop, in enige van ons se lewe, ons onderskeie omstandighede,  maar ook op besigheidsvlak

Image result for cocoon sywurm   Image result for cocoon sywurm    Image result for cocoon sywurm
Neem dit daagliks stap vir stap.   Mens lewe nie verewig in verlede nie, maar haal juis dit uit die verlede, wat goed is en gebruik dit as kennis en ervaring.

Terug by die wurmpies en kringlope.  Alvorens daar gesit en droom kon word langs hierdie besige wurmpies, moes alle huiswerk en dagtake wat toegedeel was eerstens voltooi gewees het.   As kinders was daar sekere take in en rondom huis of besighede of boerderye uitgedeel en dit het verwissel, juis om kennis op alle gebiede op te doen.   Verskeie aspekte is in hierdie kringloop geleer.    Leer jou kinders, die leiers van more,  wat dit is om take uit te voer.  Klein takies moenie ‘n berg word nie, die berg moet juis met mening aangepak word om te oorkom soos met ons voorouers oor berge gegly het met hul ossewaens.

Die ossewaens was gebruik vir verskillende doeleindes:  dit was hul wonings, beskerming, hul vervoerwa hul lewe was hierom en dis ‘n kringloop uit ons geskiedenis wat nie net ‘n feëverhaal is nie.  Wat is die lesse wat ons vandag uit die ossewa tydperk moet leer, veral veiligheid.  Dit was as ‘n veiligheidsnetwerk ingespan om aanvalle te oorleef.  Dis hoe ons ons wonings vandag ook moet beskou.   Nie net as ‘n blyplek nie maar ook as ‘n fort om ons te beskerm.

Related image

Die lewe gaan weer aan by die wurmpies.   As kind het mens die werklikheid in die oë gestaar om te weet watter belangrike komponent maak hierdie wurmpies in ons lewens ‘n noodsaaklikheid.   Jaag die modes na, dis waar, mooi was nog nooit lelik nie.

Die vervaardiging van SY (SILK) en klere, sowel as die sagte linneware wat mens later versamel – is ‘n sterk fokuspunt en bestaan uit verskeie komponente net soos kos vervaardiging.  Die Tekstielbedryf – maar die fynere Sy vervaardiging.  Dink klein, alles begin klein, maar eindig groot.

Vandag is SY opsigself ‘n baie duur proses, maar beslis nie onmoontlik om te beproef nie.   Dit laat my terugdink aan my voorouers wat my vertel het hoe hulle geleer het om te weef in die tye net na die oorlog.  Wie sal die naam Emily vergeet?

Werk self en weet dit wat jy doen, is jou beste.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s