*
Politieke partye poets behoorlik hul eie agendae. Sommige politieke partye is oop en bloot reeds besig met twee en selfs meer agendae op hul onderskeie tafels. Die maan en sterre word gereeld voor verkiesings wat plaasvind belowe, tog gebeur dit gereeld dat alle beloftes met die maan en sterre verdwyn. Vals beloftes word uitstekend via media kanale aan die groot klok gehang en politieke partye word teen mekaar afgespeel. Dis juis die politieke speelballe waarna verwys word wat na die verkiesings die koalisies met die regering en opposisie partye sluit. Dit word al vir 30 jaar gedoen, nie net tydens nasionale en provinsiale verkiesings nie, maar ook munisipale verkiesings.
![]()
*
Daar bestaan nie riglyne hoe sogenaamde demokratiese verkiesings werk nie. Kiesers moet hul huiswerk behoorlik doen en fyn luister met politiese uitsprake van politieke partye wat hul steun, veral as dit gaan oor nasionale en provinsiale verkiesings. Veral as daar oor koalisies gepraat word, want dit verander meer as gereeld.
Munisipale verkiesings gaan uit en uit oor kwaliteit dienste lewerings op plaaslike vlakke en -regerings. Terwyl die eerste twee fokus op lands- en nasionale belang. Aan die einde van die dag is dit die regering van die dag wat die nasionale wetgewings en beleid bepaal, herroep en wysig. Indien daar nie ‘n meerderheid is nie, is daar normaalweg ‘koalisie’ partye wat hul steun. Dis hulle wat die grondwet totaal kan verander.
Sedert 1994 kom en gaan koalisies wat veral hand op die blaas is met die huidige regeringsparty maar ook ooreenkomste sluit met die ander opposisie of kleiner partye. Soms word daar op meer as een stoel gesit en gedurig vind ‘n rugstekery plaas.
VOORBEELDE –
Moonshot Pact 2023
*
Hersov onderhoud deur Biz news wat op eiendomsregte fokus, dit veral is ‘n politieke speelbal .
*
Patriotic Alliance se Gayton McKenzie oor die verskillende stoele wat gesit word. Die PA is nie die enigste party wat dit doen nie. Ander doen dit ook.
*
Kunene
*
IN DIE GESKIEDENIS
In 1994 is daar ‘n mandaat verkry om die Boere en konserwatiewe Afrikaners se selfbeskikking en onafhanklikheid ‘n werklikheid te maak, maar na 30 jaar is dit gerieflik lankal van die tafels afgevee. Daar is teveel vaste inkomstes en byvoordele wat die persone op alle vlakke van regerings verdien. Dit sluit die duisende tradisionele leiers hierby in.
*
ELKEEN WIL MIDDELMA N SPEEL – EEN MET KOALISIES VAN ANDER POLITIEKE PARTYE EN EEN SAAM ANC
Al waarin sommige partye glo is om die land op te bou en te herstel. Die wat dit egter weer moet opbou het dit nie vernietig nie. Persone en veral politieke partye wat hul verbind tot rewolusies, geweld, misdade, aanvalle moorde en korrupsie breek alles af. Met swart bemagtiging en regtellende aksie sak dit net al dieper weg in die moeras van ekonomiese en maatskaplike vernietiging.
Corne Mulder teken ‘n verklaring saam ander multi-kultuur organisasies om saam die ANC ‘n nuwe Suid-Afrika her op te bou met belastingbetalers se inkomstes.
Dus, met die regterhand is hy saam die ANC en met die linkerhand trek hy sy veerskillende kleure baadjies en onderbaadjies uit vir ‘n veel party ‘koalisie’ groeperings.
Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
Afrikaner multi-kultuur verklaring Eloff-Buys
*

Saamstaan met koalisies en groepering van veelparty multi-kultuur politieke partye
*
AGTERGROND
Wanneer en deur wie het swart bemagtiging begin: Dit word wel deur die ANC en ander politieke partye deurgevoer.
Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989
2024
Verryking van politiek – swart bemagtiging
Swart bemagtiging is nie die ANC of Ramaphosa se skema nie, dit is verskeie wetgewings wat na 1995 die lig gesien het, met Ramaphosa as voorsitter van die ANC kommissie.
Maar steeds woeker die DA en VF plus voort om ‘n land te bou saam die res en saam die regering van die dag, wat nie van voorneme is om ontslae te raak van diskriminasie en rassisme nie.
Die DA se beleidsdokumente op provinsiale voldoen aan nasionale wetgewing van swart bemagtiging en regstellende aksie.
Alle partye wat deelneem op munisipale vlakke voer hierdie wetgewings deur.
Beeldmateriaal is 2019 en dis steeds so, wetgewing diskrimineer teenoor blankes, die Boere en besighede.
Praat en praat, gaan niks verwyder van die wetboeke nie.
*
DIE VIERKLEUR IS ‘N BOERE VLAG, NIE ‘N AFRIKANER VLAG NIE. DIE BOERE EN AFRIKANERS IS TWEE VERSKILLENDE VOLKE
Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae
Die Vierkleur van die ZAR, Transvaal Boere republiek
Niemand anders as Pieter Groenewald skors ‘n VF plus raadslid omdat hy die Boere republiek se VIERkleurvlag vertoon het tydens ‘n hofsaak in 2024.
Wat dit inderwaarheid beteken, is dat ‘n persoon geskors word wat die Boere vlag, die Transvaalse vlag laat wapper, maar dit is strydig met Dr Groenewald se idee dat Boere geen bestaansreg het as volk nie. Maar die geskiedenis word in ons kele afgedruk deur die ‘afrikaners en hul politieke partye. Hulle maak of dit hul eiendom is.
Verskillende Afrikaner organisasies teken ook die verklaring dat hulle met die ANC die land, SA wil heropbou maar val oor mekaar se voete om toesprake te hou by die geskiedenis van die Boere en kultuurfeeste.
Dit is ook duidelik dat die VF plus nie genoeë is met die Boere republieke se vlae nie, maar tog woon hy die Boere republieke se funksies van Bloedrivier as ‘n spreker. Daar is ander geleenthede ook, wat nie sin maak hoekom die leier van die VF plus ‘n raadslid skors as gevolg van die ou Transvaal (ZAR) vlag.
Die gelofte van 16 Desember is deur Boere van die Boere republieke gedoen, nie deur Afrikaners nie.
So is daar ander geleenthede waar die VIERkleurvlae en Vrystaatvlae gehys word deur persone wat hulself Afrikaners noem. Majuba se feesvieringe is ‘n Boere fees en die geskiedenis is ingestel op die Boere nasate. (27 Februarie) se strydvlag. Dis nie afrikanervlae nie, maar Boere republieke se vlae wat wapper.
Skorsing – raadslid …
*
Wat is ware vryheid in werklikheid ? Die afbreek van ‘n totale land, ekonomie en sisteme tot op grond is die werklikheid en ware vryheid om vry te wees om enigiets te verwag of uit te voer. Dis hulle wat die land bestuur, wat vry is om te maak net wat hulle wil.
*
Multi-kultuur party
https://www.youtube.com/watch?v=1f3LS_GJeUA
Groenewald op Boer media
*
VERWANTE INLIGTING EN BRONNE
Montevideo 1933 requirements for self-determination
Internasionale selfbeskikking vereistes (1933)
Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)
ZAR VIERKLEUR – Is die Boere vlag nou ‘n vals vlag?
Die Vierkleur van die ZAR, Transvaal Boere republiek
https://adrian.frith.dev/new-interactive-election-map/
https://en.wikipedia.org/wiki/2004_South_African_general_election
https://superostmk.live/product_details/37083815.
htmlhttps://en.wikipedia.org/wiki/2019_South_African_general_election
[…] *Politieke skip in SAMoenie die BOERE volk inwurg in ‘n Afrikaner nasie nie. Dis nie die Boere volkslede wat die Afrikanernasielede van die afrikanerdom moet gelukkig hou of selfs steun nie.Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+Politieke speelballe* […]
LikeLike
[…] Politieke speelballe […]
LikeLike