Politieke speelballe

*

Politieke partye poets behoorlik hul eie agendae.  Kyk hoe gaan dit in die land, onder een sambreel, maar elkeen hul eie agenda, wat nie die belange van die land of haar burgers eerste stel nie.  Hulle durf nie voetjies verkeerd sit nie, want hul 1996 grondwet bepaal dit, hulle word ingesweer onder ‘n kommunistiese grondwet en huis.  Dit is nie net in Suid-Afrika die geval nie, oorsese lande volg dieselfde patroon.

2019 South African general election - Wikipedia

*

Politici dra altyd verskillende baadjies by hul byeenkomste veral as dit voor verkiesings plaasvind.   Sommige politieke partye is oop en bloot reeds besig met twee en selfs meer agendae op hul onderskeie tafels.  Die maan en sterre word gereeld voor verkiesings wat plaasvind belowe, tog gebeur dit gereeld dat  alle beloftes met die maan en sterre verdwyn.

Waar sit ons vandag – in ellende gedompel na al die korrupsie, misdaad, aanvalle en moorde?   Die howe en polisie speel dieselfde deuntjies as hul regerings.

Vals beloftes word uitstekend via media kanale aan die groot klok gehang en politieke partye word teen mekaar afgespeel.    Dis juis die politieke speelballe waarna verwys word wat na die verkiesings die koalisies met die regering en opposisie partye sluit.  Dit word al vir 30 jaar gedoen, nie net tydens nasionale en provinsiale verkiesings nie, maar ook munisipale verkiesings.

Daar bestaan nie riglyne hoe sogenaamde demokratiese verkiesings werk nie.   Kiesers moet hul huiswerk behoorlik doen en fyn luister met politiese uitsprake van politieke partye wat hul steun, veral as dit gaan oor nasionale en provinsiale verkiesings.   Veral as daar oor koalisies gepraat word, want dit verander meer as gereeld.

Munisipale verkiesings gaan uit en uit oor kwaliteit dienste lewerings op plaaslike vlakke en -regerings.   Terwyl die eerste twee fokus op lands- en nasionale belang.   Aan die einde van die dag is dit die regering van die dag wat die nasionale wetgewings en beleid bepaal, herroep en wysig.   Indien daar nie ‘n meerderheid is nie, is daar normaalweg ‘koalisie’ partye wat hul steun.  Dis hulle wat die grondwet totaal kan verander.

Sedert 1994 kom en gaan koalisies wat veral hand op die blaas is met die huidige regeringsparty maar ook ooreenkomste sluit met die ander opposisie of kleiner partye.  Soms word daar op meer as een stoel gesit en gedurig vind ‘n rugstekery plaas.

Propaganda is soms te groot soos iemand wat ‘n nommer 5 skoen dra, dra nou skielik ‘n nommer 10 of 12.

Die stof van kommunisme sit vas aan iedereen van hulle soos klitsgras in ‘n wolkombers.

VOORBEELDE

Moonshot Pact 2023

*

Hersov onderhoud deur Biz news wat op eiendomsregte fokus, dit veral is ‘n politieke speelbal .

*

Patriotic Alliance se Gayton McKenzie oor die verskillende stoele wat gesit word.   Die PA is nie die enigste party wat dit doen nie.   Ander doen dit ook.

*

Kunene

*


Afrikaner selfbeskikking – ‘n politieke speelbal.   Hoe kan ‘n veelvolkige Afrikaner nasie aandring op hul eie gebied as hulle in 1994 geskep is deur dieselfde spul, die Kodesa en Idasa spanne?   Hulle is en bly veelvolkig, so hulle kan nie aandring op grond wat nog nooit hulle sin was nie.

Daar bestaan nie so iets nie, dis ‘n kat en muis speelbal.

*

Daar is teveel vaste inkomstes en byvoordele wat die persone op alle vlakke van regerings verdien.  Dit sluit die duisende tradisionele leiers hierby in.

Intussen word dit jaarliks aangepas en kry hulle alles gratis vanaf belastingbetalers.

Salarisse en byvoordele van tradisionele leiers in SA
*

ELKEEN WIL MIDDELMA N SPEEL –  hulle sit op tientalle stoele.

EEN MET KOALISIES VAN ANDER POLITIEKE PARTYE EN EEN SAAM ANC

Daar vind baie misleidings plaas

Al waarin sommige partye glo is om die land op te bou en te herstel.   Met die harde en getroue werkers se geld, nie die korruptes sin nie.  Die wat dit egter weer moet opbou het dit nie vernietig nie.  Dit word met voorbedagte rade gedoen – so die harde werkers dra by tot ‘opbou’ maar inderwaarheid ook met die afbreekproses.     Persone en veral politieke partye wat hul verbind tot rewolusies, geweld, misdade, aanvalle moorde en korrupsie breek alles af.

Met swart bemagtiging en regtellende aksie sak dit net al dieper weg in die moeras van ekonomiese en maatskaplike vernietiging.

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

So doen hulle dit, met die belastingbetaler se geld.   Sioniste en hul agente lag al die pad en word beloon met ‘n klop op die skouer.

VF Plus-manifes 2024: Die tyd om te herstel en bou sonder die ANC het aangebreek

Lagwekkend

Corne Mulder teken ‘n verklaring saam ander multi-kultuur organisasies om saam die ANC ‘n nuwe Suid-Afrika her op te bou met belastingbetalers se inkomstes.

Dus, met die regterhand is hy saam die ANC en met die linkerhand trek hy sy verskillende kleure baadjies en onderbaadjies uit vir ‘n veel party ‘koalisie’ groeperings.  Hulle sit op meer as een stoel.

Dit word nou so erg, dat tot swartes en anderskleuriges, hul rug draai op die een span kommuniste en korrupsie, maar sluit aan by die volgende span kommuniste.

Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+

Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring

Afrikaner multi-kultuur verklaring Eloff-Buys

Afrikaner – verklaring 2024

WEES wakker.

Hierdie kom al sedert 1806 se Britse anneksasies aan.   Swartes is baie misbruik en GEbruik deur die Engelse om die hele land te laat stroop, deurdat hulle treinspore en blokhuise gebou het vir die Engelse.  Swartes is gebruik om die Boere se huise af te brand en voedsel te vernietig.   Vandag word alles herhaal.

Ander swartes en selfs chinese het kom werk in die myne – die mynmagnate (foreigners) wat wyle president Paul Kruger se lewe HEL gemaak het.

Lees die 1996 grondwet en vergelyk dit met die 1955 manifes van die ANC-PAC-SAKP.  Dis identies dieselfde dokument – dis deur die heersers en manipuleerders opgestel.   De Klerk en presidente daarna, is almal agente vir hulle om hul donker agendae uit te voer in SA.

1996 Grondwet en 1955 manifes

1955 ANC Freedom Charter

ANC – Freedom charter 1955

Constitution 1996 Grondwet – POLISIE  – POLICE

*

🎙️ MANIFES 2024: Koalisies - Saamstaan om te herstel en te bou!

Saamstaan met koalisies en groepering van veelparty multi-kultuur politieke partye

*

AGTERGROND

Wanneer en deur wie is swart bemagtiging begin:  Dit word wel deur die ANC en ander politieke partye deurgevoer.     Ironies genoeg, is dit die Afrikanerbond – Broederbond het hul maatskappye en besighede vir swart bemagtigers oopgegooi reeds 1991.   Sanlam en Metropolitan is maar van die eerstes, daar is ander, veral die staatsentiteite het summier die afdraende pad van vernietiging gevolg.

Moeletsi Mbeki en swart bemagtiging is deur die Broederbond begin – hy verduidelik:   Dit was begin in Dakar, 1986.

https://www.youtube.com/watch?v=eNKg-W8RPHA

Regstellende aksie –  Affirmative Action –  Dakar 1989

*

2024
Verryking van politiek – swart bemagtiging

Swart bemagtiging is nie die ANC of Ramaphosa se skema nie, dit is verskeie wetgewings wat na 1995 die lig gesien het, met Ramaphosa as voorsitter van die ANC kommissie.

Maar steeds woeker die  politici, die DA en VF plus voort om ‘n land te bou saam die res en saam die regering van die dag, wat nie van voorneme is om ontslae te raak van diskriminasie en rassisme nie.   Hulle gebruik hul sogenaamde opbouers se geld om weer dit wat opgebou word, af te breek.

Die DA se beleidsdokumente op provinsiale voldoen aan nasionale wetgewing van swart bemagtiging en regstellende aksie.

Alle partye wat deelneem op munisipale vlakke voer hierdie wetgewings deur.

Beeldmateriaal is 2019 en dis steeds so, wetgewing diskrimineer teenoor blankes, die Boere en besighede.

Praat en praat, gaan niks verwyder van die wetboeke nie.

*

BOERE
BOERE VOLK
BOERE VOLK KINDERS EN VROUE

DIE VIERKLEUR IS ‘N BOERE VLAG, NIE ‘N AFRIKANER VLAG NIE. 

DIE BOERE IS ‘N VOLK, MET ‘N HOOFLETTER.   

DIE AFRIKANERS ‘N VEELVOLKIGE REëNBOOGNASIE

Die wat lede is van die Afrikaner organisasies , en daar is ‘n paar, steun die veelvolkige reënboognasie.   Lidmaatskapfooie en ondersteuning gaan aan die veelvolkigheid wat hulle omring.

DAAR IS VERSKEIDENHEID VLAE VAN AL DIE BOERE REPUBLIEKE

Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae

Die Vierkleur van die ZAR, Transvaal Boere republiek

Paardekraal belofte

Geloftedag 16 Desember 2022

IN DIE ONLANGSE GESKIEDENIS

Niemand anders as Pieter Groenewald skors ‘n VF plus raadslid omdat hy die Boere republiek se VIERkleurvlag vertoon het tydens ‘n hofsaak in 2024.

Wat dit inderwaarheid beteken, is dat ‘n persoon geskors word wat die  Boere vlag, die Transvaalse vlag laat wapper, maar dit is strydig met Dr Groenewald se idee dat Boere geen bestaansreg het as volk nie.

Maar die geskiedenis word in ons kele afgedruk deur die ‘afrikaners en hul politieke partye.  Hulle maak of die grafte rondom die konsentrasiekampe, die Boere volk se geskiedenis, Anglo-Boere-oorloë en Boere republieke hul eiendom is.  DIT was nog nooit enige Afrikaner republiek nie.   Hulle het ook saam Brittanje, teen die Boere republieke geveg.

Verskillende Afrikaner organisasies teken ook die verklaring dat hulle met die ANC die land, SA wil heropbou maar val oor mekaar se voete om toesprake te hou by die geskiedenis van die Boere en kultuurfeeste.

Dit is ook duidelik dat die VF plus nie genoeë is met die Boere republieke se vlae nie, maar tog woon hy die Boere republieke se funksies van Bloedrivier as ‘n spreker.

Daar is ander geleenthede ook, wat nie sin maak hoekom die leier van die VF plus ‘n raadslid skors as gevolg van die ou Transvaal (ZAR) vlag.

Die gelofte van 16 Desember is deur Boere van die Boere republieke gedoen, nie deur Afrikaners nie.

So is daar ander geleenthede waar die VIERkleurvlae en Vrystaatvlae gehys word deur persone wat hulself Afrikaners noem.   Majuba se feesvieringe is ‘n Boere fees en die geskiedenis is ingestel op die Boere nasate.  (27 Februarie) se strydvlag.   Dis nie afrikanervlae nie, maar Boere republieke se vlae wat wapper.

Skorsing – raadslid …

*

Wat is ware vryheid in werklikheid ?   Die afbreek van ‘n totale land, ekonomie en sisteme tot op grond is die werklikheid en ware vryheid om vry te wees om enigiets te verwag of uit te voer.     Dis hulle wat die land bestuur, wat vry is om te maak net wat hulle wil.

*

Multi-kultuur party

Groenewald op Boer media

*

VERWANTE INLIGTING EN BRONNE

Montevideo 1933 requirements for self-determination

Internasionale selfbeskikking vereistes (1933)

Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)

ZAR VIERKLEUR – Is die Boere vlag nou ‘n vals vlag?

Die Vierkleur van die ZAR, Transvaal Boere republiek

https://adrian.frith.dev/new-interactive-election-map/

https://en.wikipedia.org/wiki/2004_South_African_general_election

https://superostmk.live/product_details/37083815.

htmlhttps://en.wikipedia.org/wiki/2019_South_African_general_election

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

2 gedagtes oor “Politieke speelballe”

Lewer kommentaar