Verwoesting van Lifta – Foto’s en ruïnes



*

Pragfotos van Alex Shams oor die dorpie Lifta in Palestina, die sterk geboue en ruïnes, wat eens mooi en luuks was, is met geweld en oorlog, of plofstof vernietig.  Soms is daar net geraamtes van die geboue te sien.  Orals is tekens van bouvalle en verwoestings van geboue en huise wat bewoon of waar besighede bedryf was.   Hier het mense nog ‘n lewe en gemeenskap gehad wat gemeet was aan hul eie standaarde.  Standaarde wat nooit gevul sal word deur die vernietigers of besetters van hierdie pragtige ou geboue nie.  Opgrawings in Palestina toon ook daar is heelwat ou antieke geboue wat eerder bewaar moes gebly het.  Palestina is nie die enigste land wat al deurgeloop het hieronder nie.

*

Al bou die nuwe besetters nuwe moderne en duursame geboue, wat almal omring word met 30 meter hoë mure, sal dit nooit hierdie geskiedenis uitwis nie.  Dan wonder mens hoekom die sioniste en ander regerings wat Israel steun, so bang of vreesbevange is vir diegene wat hul van hul aardse huise beroof en beset het, hul uitgejaag het om nooit weer terug te keer nie.  Die besetters is Israel en die leiers wat haar steun, nie andersom nie.   Dit is egter Israel wat bang is vir die handjievol inwoners van Palestina.   Israel met haar en haar vennote se grootste en beste weermag, lug en seemagte, is inderdaad vreesbevange vir die eens ou bewoners van Palestynse dorpies soos Lifta en vele ander wat vernietig is na 1920.   

Elke huis lyk uniek anders van ‘n ander gebou, sommige is met groot klippe en stene gebou.   Sommige plekke toon dat geboue totaal en al platgevee en verwoes is deur die plofstowwe wat gebruik is.  Hoe jammer moet mens vir hierdie besetters voel wat uit is om alles te vernietig, af te neem en te maak  of dit nooit bestaan het nie?   Hulle wat geen respek het vir ‘n ander se lewe, se besittings en almal het hard gewerk vir wat hulle kon bekostig en bou.   Die gebiede is nie gekoop nie, dis eenvoudig vernietig en daarna beset.

Na die vernietiging- en besettersproses, word moderne geboue opgerig met meer as 30 meter hoë, aanvullend met kamera sisteme.   Hoë mure om die nuwe besetters, Israel, te beveilig, nugter alleen weet teen wie.   

Met alle respek teenoor die gestorwenes en vermoordes, is Israel bang vir die terugkeer of opstanding van die dooies vanaf Nakba  en ander dorpies se inwoners wat sal terugkeer wat aan hulle behoort het?   Die vorige inwoners het paleise gehad waarin hul gebly het, dit was hul droomhuise vir dekades en langer as eeue.

Die afrondingswerk is uniek en elkeen het ‘n eie verhaal en storie wat aangeteken is in hul geheues, wat niemand, ook nie die besetters en haar vennote, ooit sal kan uitwis nie.   Duisende voetspore en besighede het hier verwissel.

*

INLIGTING, ARTIKELS EN BRONNE

In photos: Hiking the ruins of Lifta




Napoleon, Egipte, Ottomans, Palestina

Jaffa Palestina 1900

Palestina gebiede en sy mense

Gas in Israel en Palestina

Onregte van besettings deur oorlog en geweld

Gaan hier ook nou Israel nedersettings en besighede opgerig word?
Oktober 2023 Groot gedeeltes van Rimal in Gaza vernietig

Brittanje en Frankryk
Ottomans –  Arabs –  Palestine –  Israel –  England –  France

Palestina gebiede en sy mense

Jaffa Palestina 1900

Die Leviatan-gasreservoir

Aardgas en olie  – Palestina en Israel oorloë

1 gedagte oor “Verwoesting van Lifta – Foto’s en ruïnes”

Lewer kommentaar