*
Om vir kilometers te myn, die aarde se binnekant te skuif met groot toerusting, sal ‘n groot impak en effek hê met nagevolge op inwoners en burgers wat bo so ‘n gebied huise gebou, werk of selfs inkopies doen. Dis net logies dat die uitgeholde gate wat deur mynmaatskappye gelos word en nie ordentlik na die tyd beveilig en gerehabiliteer nie, tol sal eis. Selfs voor 1887-1910 toe daar diep gemyn is, is hierdie myne se gange en gate eenvoudig netso gelos.

*
Gaan na die miere en word wys
Mineraalontginning sal en gaan ‘n groter impak hê op die aarde se tektoniese plate, foute, bewegings en sal uiteindelik groter aardbewings veroorsaak. Indien die berge en rotse in see erg versteur word is daar aardse verskuiwings wat alle land en seelewe beïnvloed.
Doen die oefeninge op ‘n miernes, hol dit van onder uit en kyk wat gebeur met die kroon of top van die miernes en hoop. Dit verweer, tuimel in en miere verlaat die omgewing wat eens veilig was. Elemente soos water en wind verweer alles. Ook met en tydens mineraalontginnings.
Inwoners wat huise bo-op hierdie ou uitgeholde myne gebou het en steeds bewoon weet nie regtig hoe hol is die aarde se binnekant onder hulle nie, behalwe as hul fisies dit gaan ondersoek het. Indien ‘n persoon grond of huis bekom, word daar nie aan hulle verklaar die gebied is ‘n uitgeholde myn nie.
Die onlangse aardbewing in Suid-Afrika is nie die enigste en ook nie die laaste hiervan nie. Dit sluit hidrobreking en bedrywighede se nagevolge hierby in.
Regerings en mynbase neem geen verantwoordelikhede
Volgens mynpermitte wat uitgereik word is maatskappye wat myn, veronderstel om rehabilitasie te doen, wat nie gebeur nie. Die regering van die dag sien ook nie toe dat hierdie rehabilitasie voorwaardes nie behoorlik nagekom word nie. Dit geld vir oopgroefmyne sowel onderaardse myne wat ons varswater en standvastigheid op die kontinente beïnvloed.
Wat help dit persone sit met ‘n huis of geboue wat later as gevolg van onnatuurlike aardbewings kraak, inmekaartuimel en ‘n gevaar is om in te bly of te werk. Terwyl oorsake grootliks is as gevolg van ou uitgeholde myne.
Die feite dat daar so min rehabilitasie al vir etlike jare nie plaasvind nie, word direk voor die regering en betrokke ministers se deure gelê wat nie hulle werk behoorlik uitvoer nie. Met die uitreik van mynpermitte word daar groot fooie gevra en voorgeskryf vir rehabilitasie. Daardie ekstra inkomste verdwyn dan of saam die regering of saam die maatskappye wat myn. Dit word nie uitgevoer nie.
Hoeveel mineraalontginnings vind plaas waar die foutlyn in Afrika uitstaan soos ‘n seer oog, waar ‘n nuwe oseaan gevorm word? Is dit natuurlik of is dit mensgemaakte foute wat hier plaasvind. Maklik om tektoniese plate of aardplate die skuld gee as daar heelwat gemyn word vir verskillende soorte minerale in Afrika en selfs elders op ander kontinente.
*
https://twitter.com/JustdoitZee/status/1667748059776704514/photo/3
*
Beeldmateriaal rakende die aardbewing in ou Transvaal (Gauteng en Mpumalanga)
Die geluide klink nie na aardse geluide nie, maar metaal op metaal. En dit wil voorkom of daar nie net een aardbewing was nie, maar twee of selfs meer.
Soos in die verlede, het kragtige skuddings Sondagoggend (11 Junie) groot dele van Gauteng geskud. Inwoners in verskeie gebiede het na sosiale media-platforms gegaan om hul skok oor die seismiese aktiwiteit, ongeveer 5,0 in omvang, uit te spreek.
Na wat verneem word, het dit omstreeks 02:38 gebeur. United States Geological Survey het getwiet dat ‘n “opmerklike aardbewing” sowat 6 km suidoos van Alberton opgespoor is. Een inwoner het op Twitter geplaas: “Die hele Gauteng is nog wawyd wakker. En al die hadedas ook. Dit was ‘n helse aardbewing! Nog een inwoner het gesê dat heelwat Mense in Johannesburg het ‘n aardbewing ervaar wat groot genoeg was om hulle wakker te maak en hul gesonde verstand te bevraagteken.
*
‘n Aardbewing van ongeveer 5.0 op Richter skaal het Gauteng Sondagoggend om 02:38 getref. Mense het wakker geword van hewige skudding en gedreun, met ‘n mate van skade wat aan die Oos-Rand aangemeld is. Die Amerikaanse Geologiese Opname sê dit het sowat 10 kilometer onder die oppervlak getref. Dit plaas die episentrum rondom Katlehong aan die Oos-Rand. Willem Meintjes van die Raad vir Geowetenskap het meer inligting.
*
‘n Aardbewing van 4.4 op die Richterskaal het dele van Gauteng omstreeks 02:38 getref en skade aan sommige huise in die Oos-Rand aangerig. Vir meer praat eNCA met Ray Durrheim Professor in die Skool vir Geowetenskap by Wits Universiteit.
*
Die Raad vir Geowetenskap ondersoek of mynaktiwiteite in die gebied agter die aardbewing kan wees.
*
Gauteng is op 11 Junie 2023, net voor 20 tot 03:00 die oggend deur ‘n aardbewing met ‘n magnitude van ongeveer 4,5 getref. Die episentrum was in Gauteng se Oos-Rand, maar dit is in die middel van Johannesburg sowel as in die noorde en weste van die stad gevoel en dit is in Pretoria gevoel. Om te bespreek word ons aangesluit deur Geoloog, Dr Gideon Groenewald.
*
Twee jaar gelede oor die Kaapse aardbewing – Dr Groenewald
*
Aardbewing is op heelwat omliggende plekke gevoel.

Volgens Earthquakelist.org, ‘n hulpbron vir aardbewings wat oor die planeet plaasvind, was die aardbewing vlak en het 17 kilometer onder die grond getref. Vlak aardbewings het gewoonlik ‘n groter impak as aardbewings diep in die aarde, het die hulpbron opgemerk. Bewings is so ver as Botswana aangemeld.
Aardbewings van hierdie sterkte is nie so algemeen in die streek nie, maar dit is nie die eerste keer nie. Dit is die sterkste aardbewing wat getref is sedert 3 April 2017, toe ‘n aardbewing van 5.2 148 km verder wes-suidwes getref het. ’n Selfs sterker aardbewing van 5.4 het op 5 Augustus 2014 plaasgevind.”
Daar is gerugte dat Indonesië, Turkye en die Bali See ook aardbewings ervaar het. Turkye het heelwat groot aardbewings al ervaar. Toevallig ? Wie sal weet.
*
BRONNE
https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2023-06-11-watch-powerful-tremor-rocks-gauteng/
https://www.sciencedirect.com/science/article/abs/pii/S1464343X18302620
*
VERWANTE INLIGTING EN ARTIKELS
Suid-Afrika, foutlyne en aardbewings en Afrika
Saviese earthquake – Valais kanton