FN Opinie: Louisenhof moord: Stefan Smit

 

Hierdie tipe van uitwissing is persoonlik niks ander as volksmoord nie.  Daar word ook ander gejag, maar regtig, kyk verby die groter prentjie en sien 4 miljoen teenoor 100 miljoen wat uitgewis word.   Paddas – dis wat ‘n president ons noem – ander verkondig dit oop en bloot as daar “kill the boer” or “bring me the machinegun” .   En steeds gee ons maar opleidings aan diegene wat ons uitwis en vermoor. Steeds word daar miljoene rande geskenk om mentors te wees. Steeds word daar miljoene rande gegee aan “wagte” – om jou te beskerm – maar doen hulle regtig?   Oral word gelees ‘n blanke boer of ander blankes se vuurwapens is netjies uit die kluis geneem, sonder inbraak en die res is geskiedenis.  Hoekom ‘n duur wapen aanskaf wat ander kom steel as jy dit nie kan gebruik nie, gee dan vir ‘n volksgenoot die finansies en doen opleiding in beveiliging sodat ons meer wagte onder ons eie mense kan hê wat weet wat hulle doen.

Image may contain: tree, plant, sky, outdoor and nature


*

LOUISENHOF PLAASMOORD – MOENIE DIE GEHEELPRENTJIE MISKYK NIE
Front Nasionaal SA
Suid-Afrika is vanoggend geskok en nogmaals verafsku deur die gruwelike moord op Stefan Smit, die boer van Louisenhof by Stellenbosch, gisteraand. Drie gemaskerde mans het om ongeveer 20:00 gisteraand op Louisenhof opgedaag en die boer vermoor.    Daar is egter heelwat meer agter hierdie saak as bloot net nog ‘n plaasmoord.

1) Pas nadat Cyril Ramaphosa president geword het, in Februarie 2017, lewer hy sy eerste Staatsrede waarin hy onteiening van eiendom sonder vergoeding as regeringsbeleid bekend maak. Minder as ‘n maand daarna, in Maart 2017, begin die EFF met grondbesettings in Gauteng en verklaar sekere gebiede in die land as “prioriteitsgebiede” vir sulke beoogde besettings. Stellenbosch Distrik word vermeld. In Oktober van daardie jaar word Joubert Conradie vermoor op sy plaas by Kanonkop, sowat 14 kilometer vanaf Stellenbosch. Dit lei tot die landwye “Swart Maandag” protesaksie.

2) Tussen Maart en Augustus 2018 begin inwoners van Kayamandi digby Stellenbosch om onwettig hulle plakkershutte op te slaan in die wingerde van Louisenhof, die plaas van Stefan Smit. Hy moet hom herhaaldelik na die hof wend om die hutte te laat verwyder.

3) In Junie 2018, dieselfde periode waarin die onwettige besetting van Stefan Smit se grond plaasvind, word Jeff Zettler, die aarbeiboer, aan die ander kant van Stellenbosch, minder as 20 kilometer van Louisenhof af, vermoor.

4) Op 25 Augustus 2018, te midde van Stefan Smit se stryd om die plakkers van sy grond af te hou, berig IOL en ander nuusagentskappe dat baie grond in Stellenbosch skielik in die mark is en dat grondpryse skerp gedaal het.

5) Op 9 April 2019 nooi die boere van Stellenbosch vir Cyril Ramaphosa om hulle toe te spreek op die landgoed, Beyerskloof. Dié gesprek word afgesluit deur ‘n emosionele verklaring waarin Cyril Ramaphosa bestempel word as die “gesalfde leier” en ‘n man wat ten volle vertrou en gerespekteer moet word. Die vergadering is stapfastand van die woonhuis op Louisenhof.

En by daardie woonhuis word Stefan Smit op ‘n soel Bolandse Sondagaand koelbloedig om die lewe gebring.

Die skuld van sy dood kan voor die deur van veel meer as drie gemaskerde mans gelê word.

Die president en regering van Suid-Afrika moet ook in die bank staan. Dis hulle wat die duiwel losgelaat het met hulle beleid van onteiening sonder vergoeding, wat elke rondloper en geweldenaar laat dink dat daar maar gevat kan word na hartelus.
Die radikale politici in Suid-Afrika wat links en regs uitlatings maak oor watter grond geprioritiseer moet word vir onteiening en met haargevulde uitsprake hulle volgelinge aanhits teen blankes, staan ook met Stefan Smit se bloed aan hulle hande. Hulle wie se uitsprake volgens die MRK nie haatspraak is nie.
Die Afrikanerpolitici wat nog steeds die volk mislei met valse ondernemings en beloftes oor hoe die Nuwe Suid-Afrika verbeter kan word om minderhede te beskerm. Ons is slim genoeg om te weet dat dit in der ewigheid nie kan gebeur nie, maar hulle is slim genoeg om te weet dat jy die breë massa so maklik mislei met die gesigte en stemme van “celebrities” en soetklinkende ondernemings. Ook hulle moet vanmore antwoord gee vir wat gisteraand op Louisenhof gebeur het, want ten koste van hierdie boer (en soveel ander) het hulle nog 5 jaar van tydmors vir eie belang gekoop.
Die mede-boere van Stefan Smit, wat ‘n Kommunis en oud-terroris om die nek geval het, wel wetende wat sy beleid is, en hom tot “gesalfde” verklaar het. Wat het hulle van hierdie kruiperige vertroue gekry anders as om vanmôre hulleself te vra: Wie van ons is die volgende? Ook hulle moet vanmôre in die bank verskyn.

Louisenhof het die potensiaal om die Slagtersnek van ons dag te word in ons volk se vryheidstryd. Dis te betwyfel of dit sal gebeur. Ons gaan ook nie deur die moord op Stefan Smit tot opstand en terugveg aangespoor word nie, want ons wil nie regtig nie.
Ons is tevrede om maar net ons simpatie te betuig en verder te kla. So lank as wat ons nog ons luukses en geriewe, ons braaivuurtjie, ons rugbywedstryd op TV, ons dubbelkajuitbakkie het en die verskoning kan aanvoer dat ons enigiemand sal volg wat eerste leiding neem, is die moord op Louisenhof niks anders as nog ‘n gruwelike voorval nie. Dis niks anders as maar nog ‘n boom wat uit ons bos gekap word nie. En daarom moet elkeen van ons vanoggend onsself afvra: As ek kyk na my keuses en my gebrek aan betrokkenheid…staan ek nie ook vanoggend in die beskuldigdebank nie?

Front Nasionaal betuig hiermee ons opregte meelewing met die Smit gesin van Louisenhof. Stefan was die vierde geslag op Louisenhof. Ons treur saam met julle.

https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

***
Sluit aan by Burgerlike Beskerming of betroubare buurt en plaaswagte – skep jou eie, wees paraat – ons moet regtig begin om onsself meer te beveilig – hou op vrae vra wat moet ons doen – ons weet mos die regering gaan vir ons niks doen nie – vir wie word dit gevra – ons moet elkeen ons bydraes maak tot ‘n meer veiliger lewe, in jou huis, besigheid en omgewing.
https://www.facebook.com/Burgerlike-Beskerming-337118586636052/

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s