Oor beveiliging – ons is op ons eie – veral met die oog op onteiening wat sal volg, niemand het swart bemagtiging gestop in die 25 + jaar nie en niemand gaan “onteiening van alles” stop nie, dis net ‘n kwessie van tyd, dis reeds alles in plek. Hoeveel regskostes was daar ten opsigte van swart bemagtiging nie en hoeveel moorde is daar in ons eie familiekring/ vriendekring nie? Hoeveel moordenaars loop rondom ons rond en slaan toe op ‘n volgende slagoffer. Dis eenvoudig. Nadat die kommando sisteem verwyder is in 2003, het reserviste ook verdwyn. Dit sal nie weer teruggebring word nie. Net soos met die “oproep van oud weermaglede”. Misdaad is ‘n ekstra inkomstebron vir die regering, uit die slagoffer se sakke wat dit hard voel.

Daar moes al meer as 10 jaar gelede iets in plek kom, maar ANC regering voer meer immigrante in sedert die dae toe “N Zoema” die grense oopgemaak het. Ministers baklei steeds in Hansards oor wie is verantwoordelik vir die onbemande grense en grensdrade wat gestroop is.
Met miljoene immigrante wat rondom ons groter stede plak, groei misdaad, aanvalle en moorde en terloops – Sasria behoort aan die regering. Misdaad is ‘n groot inkomstebron vir regering en hul agente, wat “regmaak, ekstra maak uit kameras en sekuriteit en sisteme.
Veral al hierdie maatskappye en besighede is grotendeels B-BBEE en hul fokus net op hulself en beslis nie op ons as die slagoffers nie. Solank daar geld gemaak kan word, is hulle 100% gelukkig. Probeer fokus op volkseie besighede en begin so iets as dit nie bestaan nie.
Dis belangrike voorstelle. Kry jou eie beveiliging in plek. Maak seker bevoegdheid sertifikate is in plek. Maak voorsiening vir jou eie veiligheid, sluit aan by ‘n tak van Front Nasionaal en beveilig julself – skep eie takke in omgewing, sluit by Burgerlike Beskerming aan en van daar sal dit versprei word. Daar word opleiding verskaf.
Dis ‘n feit – ons is op ons eie – ons het nou gesien wat met die verkiesing gebeur het hoe ons FN stemme nie getel is of by ander gevoeg /verskans is om hulle beter en groter te maak. Interessant dat daar 5 groot liberale partye is en voorkom wat “gegroei” het.
Wees maar verdag, dis menslik om altyd versigtig te wees. Moenie op “reserviste” staatmaat nie – die kans is 100% hulle is MK lede wat meestal AK47s het. Die Fokuspunt is om jou eie weerbaarheid op te skerp, aan te sluit by groepe wat soos jy voel – die wat jy vertrou.
Like this:
Like Loading...
Gepubliseer deur volksvryheid
Ondersoeker tot die reg van vryheid, selfbeskikking en menseregteskendings, swart bemagtiging, taal, kultuur en identiteit.
Beskou all artikels deur volksvryheid
[…] Beveiliging – ‘n lewensprioriteit […]
LikeLike