‘n Baie spesiale geleentheid met spesiale mense het op 23 April 2019 in die hartjie van die land, Bloemfontein plaasgevind, wat geskitter het met ‘n paar bekendes se teenwoordigheid. Behalwe vir oom Charl Hertzog was daar ook Dr Jan du Plessis, Ds Johan Jacobs, Mnr Charl Hertzog, Adv Jurg Prinsloo SC (foto). ‘n Volwaardige soewereine gebied(e) wink vir ons Afrikaner en Boere (blanke) volkslede op die horison, weg van die kommunistiese en liberale gemaal van onderdrukking van swart bemagtiging, onteiening, ons pragtige taal, kultuur, tradisies en identiteit waarop ons ‘n reg het in gebiede wat ons sin is. Ons het ‘n mandaat daarvoor nodig om voort te gaan om dit moontlik te maak en met SY hulp en wysheid, deur te voer.
Front Nasionaal het op 23 April 2019 nie die geleentheid verby laat gaan, waar adv Jurg Prinsloo ‘n gehoor toegespreek het oor Front Nasionaal se beleid en waarom dit so belangrik is om vir ons te stem. Dis belangrik om ‘n mandaat te verkry om by ons horison van selfbeskikking uit te kom.
Wat baie spesiaal was aan die geleentheid is die feit dat ‘n paar bekende leiersfigure uit ons verlede asook die Vrystaatse gemeenskap, en veral uit die dae van die KP, dit bygewoon het. Vir Jurg was die herontmoeting met sy gerespekteerde ou Parlementêre kollega uit die dae toe die KP die amptelike opposisie was, ‘n besondere geleentheid.
Vir Front Nasionaal is die ondersteuning van ‘n man soos Charl Hertzog van enorme waarde en was sy teenwoordigheid by die vergadering ‘n groot eer.
En so kom ons uit al die koerse weer stuk-stuk bymekaar. Die oorlewingsgees van die Afrikaner word nie sommer net geblus nie! Hoe dan anders? Aan boord na ‘n nuwe toekoms wat op ons volkslede wag. Ons moet juis opstaan en geleenthede aangryp om dit vir onsself te verbeter. Hoe gering dit ookal mag wees. Selfbeskikking gaan nie gebeur onder die kommunisme en gedwonge liberale multi-kultuur leë beloftes waar al ons regte al geskend is nie. Waar ons ander volkslede wat oorsee is, wat gevlug het weens veiligheidsredes, weer kan terugkeer huis toe en help bou aan ons nuwe land se vooruitgang.
Word deel daarvan of bly onder die mag van kommunisme, rewolusie, korrupsie en misdaad.