Slagting op plase (John Boon)

As dit nie Boere en sy familie is wat vermink en vermoor word nie, is dit vee wat ly en betaal vir terreurdade.   As dit nie die besighede is wat deurloop nie, is dit klipgooiery en protesaksies op die land se paaie wat alles rondom ons beheer.    Die volgende foto wys van karkassa op ‘n bakkie – dit was in 2012.
Meneer en mevrou die plaasboer – vir wie werk jy nou eintlik as daar so onder die vee, pluimvee en ander diere gesteel, afgeslag, soms lelik vermink en eenvoudig weggery word sonder om 1 sent daarvoor te betaal asof dit hulle sin is.  Daar word in die stuk, melding gemaak van een boer wat meer as een keer deurgeloop het, maar duisende boere loop daagliks deur onder aanvalle waar hul vee of pluimvee gesteel of andersinds vermink en doodgekap word.  Anders word boere en hul vroue direk aangeval en vermink agtergelaat.


John Boon
Torture of cattle – Marteling van vee
***

John Boon se plaas

Dieselfde boer en diere is ook in 2019 geteiken.

Gedurende Oktober 2012 spring ‘n paar dooie karkassa, erg bebloed,  vanself agterop die bakkie.  Watter polisieman glo sulke snert?    Die bestuurder van Soweto,  kon ook geen verklaring gee hoe die “karkassa” daar beland het nie en pleit onskuldig.

Dieselfde oggend ontvang John Boon dat van sy stoetvee, wat koeie insluit,  se senings afgekap is en vermink in die veld lê.  Die gedeeltes en karkasse op die bakkie wat ook aan Boon behoort het hy by die polisiestasie geidentifiseer, omdat dit gebrandmerk is.   Boon laat al sy vee merk.  Boere is verplig om hul vee te brandmerk.

***

Lieflik as daar wette is, maar dit word nooit toegepas nie of word dit?   Geld dit net as daar blankes by betrokke is?   Wat help enige wet ons vandag as dit nie toegepas word nie?

Of die terroris(te) ooit aangekla is onder die Wet op Veediefstal (Wet 57 van 1959) of Wet op Dieremishandeling (Wet 71 van 1962) en (Wysigingswet 7 van 1972) – weet niemand nie

(http://www.lac.org.na/laws/GGsa/rsagg3414.pdf)

***

Sover kon geen vervolging hoegenaamd op internet of media opgespoor word in die geval nie –  dus word afgelei dat daar niks was nie, net soos moorde.   Of dit is nie van belang dat dit wel vermeld word nie.

Soms word moordenaars opgespoor en vervolg en soms word daar beskuldigdes gevang maar dan verdwyn die saak oor die misdaadhorison, weens gebrek aan inligting en net soos die korrupsie in die land nie werklik aangespreek word nie.  Hoeveel sake al ooit 100% afgehandel word, is ook ‘n ope vraag wat nie antwoorde het nie.

Hoeveel immigrante sit regtig in hierdie land?  Niemand weet nie – maar daar was al berigte dat daar meer immigrante in Suid-Afrika is as wat daar burgers is.  Dit kan waar wees, aangesien daar meer as 25 miljoen swart en khoi san in die ou tuislande, vandag beter bekend as Trustgebiede of CPA’s woon en werksaam is.  Immigrante bly meestal rondom ons dorpe en stede en verwag gratis inwoning, elektrisiteit, skole, medies, ensomeer.

Advertisements

4 gedagtes oor “Slagting op plase (John Boon)”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s