Agteruitgang in SA

Op 3 September 2018 skryf Front Nasionaal ‘n artikel en gee agtergrond wat ons in 1994 gehad het en hoeveel daarvan vernietig is.  Dis eintlik skokkend as mens al hierdie agteruitgang daagliks beleef.   Heelwat finansies is hierin gesit om dit beter te maak.

Lees gerus wat is reeds alles weggegee, afgesien van die swak dienslewering, infrastrukture wat ernietig word.

Selfbeskikking Selfdetermination

FRONT NASIONAAL

Die blanke werknemers van Sasol begin vandag met ‘n staking uit protes teen ‘n nuwe aandeleskema waarvolgens eienaarskap van Sasol gedeel sal word met werknemers, maar nie met blankes nie. Deel van die staking is ‘n beroep op blanke motoriste om nie brandstof by Sasol diensstasies in te gooi nie, om Woensdag landwyd in blou/wit aan te trek en om Donderdag in Secunda die dorp tot stilstand te bring.

Front Nasionaal wil ons mense aanmoedig om asseblief hieraan deel te hê en ons volksgenote by Sasol te ondersteun in hulle protes.

Hoe op aarde dan het dit gebeur dat Sasol, die magtige industrie wat opgerig is uit blanke armoede en blanke arbeidskrag, vandag openlik en ongrondwetlik oorgedra word aan mense wat geen bydrae daartoe gelewer het nie?

Dit is alles deel van waarvoor ‘n meerderheid blanke kiesers in die referendum van 1992 “Ja” gestem het en wat deel was van die pakket in ‘n lamsakkige en ongeëwenaarde oorgawe van mag en besitting soos wat die wêreld nog nooit beleef het nie.

Met die aanbreek van die Groot Depressie, net na die ineenstorting van die New Yorkse aandelebeurs, het die regering van genl Hertzog besef dat mynwese, industrie en ekonomie in die land grootliks in die hande van die Engelssprekende pro-Empire segment van die samelewing was. Tussen 1928 en 1950 het die staat dus alles in hulle vermoë gedoen om die Afrikaner in hierdie velde te bemagtig.

In 1928 is Yskor gestig onder voorsitterskap van Hendrik vd Bijl om werk te skep vir duisende boere wat vanweë die droogte en Depressie hulle grond verloor het. Yskor is in 1992 present weggegee. Vandag is dit ‘n filiaal van die Indiese staalmagnate, Mittal, en staan bekend as Mittal Steel SA.

Op dieselfde wyse is die ATKV gestig as kultuurorganisasie vir die SAS&H. Vandag is dit ook onder vreemdelinge se beheer. Die SAS&H bestaan nog net as ‘n spookgedaante, bekend as Transnet, en is word nog net genoem wanneer ons praat oor gesteelde pensioengeld, brandende treine en korrupte bestuur.

SASOL (SA Steenkool, Olie en Gasmaatskappy) is in 1950 gestig en was so ‘n sukses dat ‘n hele dorp aangelê moes word om die toestroming van werknemers van behuising te voorsien. Vandag word dit uitgedeel aan ander mense.

Dieselfde gebeur met ABSA. Volkskas is in 1934 gestig met JJ Bosman as eerste Hoof. Dit was aanvanklik ‘n leningsbank om verarmde Afrikaners weer op die been te help. Vandag staan dit onder beheer van Maria Ramos, ‘n oortuigde Kommunis en ANC meeloper, wat sommer openlik verklaar dat Absa die grondonteieningskema van Ramaphosa steun en sal help om swart ontvangers van gesteelde plase te befonds.

Die bank is gestig en opgebou uit die pennies van arm Afrikaners. Net soos wat die Nasionale Party gebou en gevestig is met muntstukkies uit verslete ou leerbeursies van mense wat van die hand na die mond geleef het.

Dit is nie alleen op ‘n silwer skinkbord aangebied as moreel lofwaardige “deelskema” nie, dit is daarna sommer blatant gesteel tot by die punt waar daar nou openlik gesê word: Jy is wit, jy mag nie deel van Sasol hê nie en Absa sal help om jou grond van jou te vat.

Het ons dit in 1992 besef? Ek glo nie. Geen regdenkende mens sou tog willens en wetens vir so-iets gestem het nie. Maar dit is waar ons mense se grootste probleem lê: Ons wou dit nie glo toe daar gewaarsku is nie. Ons wil dit vandag ook nie glo nie. Dis veel lekkerder en makliker om die fout onder ons eie mense te soek.

Duisende mense, wat nou sê: “Ek is spyt oor my “ja” stem van 1992,” gaan volgende jaar ‘n stem gee vir Mmusi Maimane en sy multikulturele DA of Terror Lekota en sy multikulturele Cope.

Duisende mense wat in dieselfde posisie sit as die Afrikaner van die jare 30 gesit het – met pennies in verslete leerbeursies. Die verskil is net: Hulle het destyds besluit om hulleself te help en vertroue in hulle volk te stel.

En ons geslag het toegelaat dat hulle nalatenskap van ons gesteel word, nee, inderdaad het ons die diewe ingenooi!

~

ALLES te dankie aan swart bemagtiging, diskriminasie en die vernietiging van ons menswees en voortbestaan in Suid-Afrika.   Steun volkseie besighede vir ‘n gesonder en eie ekonomie.  Fokus veral op veiligheid.

 

Advertisements

Een gedagte oor “Agteruitgang in SA”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s