*
Die artikel waarna verwys word, is gedurende 2012 geskryf wat nogal uitgestaan het om so ‘n netelige sakie aan te spreek. Dit is ‘n uitstekende opinie en gevolgtrekking, gestaaf met feite. Die Sensus volgens die skrywer is nie ‘n koptelling nie. Die Sensus is ook nie ‘n poging om die totale aantal inwoners van die land te tel of te bepaal nie. Die sensus is bloot ‘n amptelike belastingbetaler-befondsde opname onder mense met vaste adresse. Daar was glo 14 miljoen Sensusvorms vir die 2011-sensus gedruk, doen die wiskunde. Daar is baie meer burgers asook onwettige immigrante.

*
Volgens die amptelike 2011-middeljaarlikse bevolkingsberamings vir Suid-Afrika, was daar 50 586 757 mense in hierdie land, waarvan slegs 4 565 825 (9%) wit was.
Volgens die amptelike statistieke vir 1987 was die totale bevolking 29 025 000, waarvan 4,911 miljoen wit mense was. Dit beteken dat (amptelik) het die totale bevolking gegroei van 29 miljoen in 1987 tot 51 miljoen in 2011 gegroei. Die beraamde getalle sluit nie die immigrante of onwettiges hierby in nie. Dus bykans ‘n verdubbeling van die SA bevolking.
Die 1980-sensus was byna 23,8 miljoen; nog 4,6 miljoen is bygevoeg om te vergoed vir erkende ondertelling, wat ‘n landwye bevolking van 28,4 miljoen tot gevolg gehad het. Die syfers het diegene uitgesluit wat in drie van die tuislande gewoon het wat nominaal onafhanklik was in 1980. Hulle het selfregering gehad. ‘n Geraamde 2,7 miljoen in Transkei, 1 miljoen in Bophuthatswana en ongeveer 350 000 in Venda. ‘n Vierde tuisland, Ciskei, met ‘n bevolking van 678 000, het in 1981 “onafhanklik” of eerder selfregerend geword. Onafhanklikheid was erken, maar nie op internasionale vlak nie.
Die volgende sensus het gedurende 1991 plaasgevind te midde van ongekende politieke geweld. Vir die eerste keer het die regering lugfotografie en steekproefopnames gebruik om inwoners in agt-en-tagtig “onrus”-gebiede te tel, wat andersins ontoeganklik vir regeringsamptenare sou wees. Nadat dit vir ondertelling aangepas is, het die 1991-sensus ‘n telling van ongeveer 30 986 920 burgers opgelewer, uitgesluit die vier “onafhanklike” tuislande. Inwoners van die ander ses nie-onafhanklike (“selfregerende”) tuislande – 10 746 504 mense – is in die landwye telling ingesluit.
Kan dit regtig wees, dat geleerde en vername mense so hoog op met dit vorendag kom?
Gedurende 1989 het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Betrekkinge beraam dat daar SLEGS 1,2 miljoen onwettige immigrante in die land was. Teen September 1994 het die mees liberale dr. Frederik van Zyl Slabbert by ‘n HSRC-simposium aangekondig dat die aantal onwettige vreemdelinge in die land moontlik so hoog as 12 (twaalf) miljoen kan wees.
(http://www.queensu.ca/samp/sampresources/migrationdocuments/documents/2000/solomon.htm).
Dr. Buthelezi het dieselfde syfer in die Parlement in 1995 verklaar. Daar word geen ander amptelike verklarings gemaak oor die onwettiges in die land behalwe dat dit ‘beraamde’ getalle is.
Weet ons vandag beter as wat die laaste 30 jaar onder ons neuse plaasvind?
Was dit die doelwit van IDASA en KODESA?
Dit is altyd ‘BERAAMDE getalle”, want niemand neem in ag dat hierdie onwettiges reg langs groot stede en alle dorpe oop velde beset nie. Heelwat van die immigrante word later eenvoudig ingesluit in die munisipale verkiesings, met die oog om dienste of selfs gratis dienste te verskaf. Hierdie onwettiges het ‘n lewenstandaard dat hulle onwettige koppelings gebruik vir water en elektrisiteit, wat deur die belastingbetalers gedra word. Die X by munisipale en ander verkiesings is tog so belangrik vir die politici. Daar was al berigte dat van hierdie onwettiges landuit gaan en ook in hul eie lande gaan stem, nie net in Suid-Afrika nie.
Hoe later hoe kwater word dit, en die misdaad, sindikate, misdaad en moorde groei net al groter en groter. Dit word gedoen, sodat die werklikhede weggesteek word wie daaragter sit en wie word gehuur hiervoor. Die landsgrense is oop vir almal om te beweeg soos hulle wil. WAAG dit as Boer of Suid-Afrikaner om na hierdie Afrika lande te gaan, word hulle geblok om in te gaan.
Die getalle wat instroom , hetsy in of uit, is net nie moontlik soos wat beweer word nie, want grensposte is net in sekere plekke opgerig. Die res kan oorloop, kom en gaan soos hulle wil.
Daar is groot gebiede in die sentrale dele van groot stede, Johannesburg, Pretoria, Durban, Kaapstad en vele ander, wat eenvoudig beset word deur miljoen immigrante en almal is onwettiges. Daar word ook gefokus op myngebiede en dorpe, dit word eenvoudig beset en oorgeneem.
*
Die vraag is: Beheer onwettiges reeds die land as hulle al hierdie groot stede en dorpe beset het?
Hoeveel van hierdie immigrante het onwettige identiteitsdokumente en stemreg? Politieke partye het almal toegang tot die ‘kieserslyste’ en weet hulle presies wie hulle besoek en wie vir hulle stem. Heelwat van hierdie misdadigers maak hulle skuldig aan verskillende soorte ernstige misdade soos smokkel in mensehandel, dwelms en vele ander produkte is aan die orde van die dag. Hulle pleeg hierdie misdade hier in Suid-Afrika teenoor onskuldige burgers, neem burgers se werksgeleenthede op sonder om by te dra tot die land se vooruitgang. Hierdie gebiede, veral in die midde dorpe, word letterlik afgebreek soos ‘n bose sweer word alles toegelaat. Waar kry al die immigrante die geld of is dit betalend en lonend om hier te kom misdade pleeg of word hulle betaal om dit te doen?
Heelwat van ons eie mense en burgers, verlaat hierdie gebiede, juis omrede die hoë misdaad, wat die Polisie en die Regering, wat al die politici daarby insluit, nie kan hanteer nie. Let op hoeveel van hierdie gebiede is en behoort in werklikheid aan die BOERE volk en moes die Boere volk na 1902 hul 15 Boere republieke teruggekry het om oor hulself te regeer. Dit wil sê, immigrante en onwettiges word hier toegelaat en ‘verduur’ om die Boere volk totaal van hul grondregte te beroof en te vervreem.
*
Volgens Tokyo Sexwale het die aantal swart en ander plakkerskampe toegeneem van ongeveer 260 in 1994 tot 2 700 teen 2009. Intussen steek sowat 8 miljoen mense elke jaar ons landsgrense oor, die oorgrote meerderheid afkomstig van Afrikastate, en niemand weet hoeveel van diegene wat die land binnekom, ooit weer die land verlaat nie. Dit spreek vanself dat dit feitlik ONMOONTLIK sou wees vir Suid-Afrika om teen 2011 slegs 51 miljoen mense te hê, en slegs iemand sonder gesonde verstand sou dit glo. Volgens die syfers wat deur Van Zyl Slabbert en Buthelezi aangehaal word, sou ons teen 1995 reeds sowat 40 miljoen gewees het. Onthou ook dat ons volgens die VSA-syfers reeds teen 1994 reeds oor die 43,9 miljoen was.
“Tussen 2003 en 2008 het die Departement van Binnelandse Sake meer as 1,4 miljoen mense gedeporteer.”
“Navorsers beweer dat ons meer as 2,5 miljoen mense in die afgelope 20 jaar gedeporteer het. In ‘n gewone week deporteer ons gemiddeld 350 mense.”
In 1996 het die onafhanklike Franse navorser, Marc-Antoine Perouse de Monteclos, beraam dat een uit elke vyf van die inwoners van die dorpsgebiede rondom Johannesburg, ‘n onwettige vreemdeling was. Daarbenewens het hy opgemerk dat teen 1996 tot 70% van Berea en Hillbrow deur buitelanders bevolk was, waarvan driekwart onwettige immigrante uit die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) was. Sy navorsing het ook ‘n klein maar vinnig groeiende onwettige Rwandese gemeenskap in Durban geïdentifiseer.
In 2011/12 was Suid-Afrika se “amptelike” moordsyfer 30.9/100 000. Volgens die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad (UNODC) in samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie, word Suid-Afrika se moordsyfer geraam op so hoog as 69.0 per 100 000, wat die hoogste geraamde moordsyfer in die hele wêreld is!
Suid-Afrika het in 2013 altesaam 9 616 964 toeriste verwelkom.
Afrika bly die grootste bron van buitelandse toerisme-aankomste na Suid-Afrika met 6 889 389 in 2013. Dit beteken dat van die 9,6 miljoen, 6,6 miljoen uit Afrika was, soos elke ander jaar, en niemand kan sê hoeveel van hulle ooit weer die land verlaat nie.
Lees gerus meer – dis belangrik dat burgers weet en bewus is wat om hulle aangaan. Getalle word vals voorgehou in parlement en die werklikheid word weerspieël op grondvlak.
https://toxinews.blogspot.com/2012/01/lesson-in-mathematics-south-african.html
*
2012
The article referred to was written during 2012, which was quite remarkable for addressing such a sensitive issue. The Census of 2011, according to the author, is not a head count. The Census is also not an attempt to count or determine the total number of inhabitants of the country. The census is simply an official taxpayer-funded survey of people with fixed addresses. There were apparently 14 million Census forms printed for the 2011 census, do the math. There are many more citizens as well as illegal immigrants.
Officially according to the 2011 Mid-year population estimates for South Africa, there were 50,586,757 people in this country of which only 4,565,825 (9%) were white. According to the official statistics for 1987 the total population was 29,025,000 of which 4.911 million were whites. This means that (officially) the total population grew from 29 million in 1987 to 51 million in 2011.
The 1980 census count was nearly 23.8 million; another 4.6 million were added to compensate for acknowledged undercounting, resulting in a nationwide population of 28.4 million. The figures excluded those living in the three homelands that were nominally independent in 1980–an estimated 2.7 million in Transkei, 1 million in Bophuthatswana, and about 350,000 in Venda. A fourth homeland, Ciskei, with a population of 678,000, became “independent” in 1981.
The next census, in 1991, took place amid unprecedented political violence. For the first time, the government used aerial photography and sample surveys to enumerate residents in eighty-eight “unrest” areas, which were otherwise inaccessible to government officials. After being adjusted for under renumeration, the 1991 census yielded a count of 30,986,920 citizens, excluding the four “independent” homelands. Residents of the other six non-independent (“self-governing”) homelands–10,746,504 people–were included in the nationwide count.
In 1989, the South African Institute of International Affairs estimated that there were 1,2 million illegal immigrants in the country. By September 1994, the most highly liberal Dr Frederik van Zyl Slabbert announced at an HSRC symposium that the number of illegal aliens in the country maybe as high as 12 (twelve) million. (http://www.queensu.ca/samp/sampresources/migrationdocuments/documents/2000/solomon.htm).
Dr. Buthelezi stated the same figure in Parliament in 1995.
“Between 2003 and 2008, the Department of Home Affairs deported more than 1.4million people.”
“Researchers claim we’ve deported more than 2.5-million people in the past 20 years. In an ordinary week, we deport an average of 350 people.”
In 2011/12 South Africa’s “official” murder rate was 30.9/100 000. According to the United Nations Office on Drugs and Crime (UNODC) in collaboration with the World Health Organisation, South Africa’s murder rate is estimated to be as high as 69.0 per 100,000, which is the highest estimated murder rate in the entire world!
South Africa welcomed a total of 9,616,964 tourists in 2013.
Africa, remains the largest source of foreign tourism arrivals to South Africa with 6,889,389 in 2013.
This means that of the 9.6 million, 6.6 million were from Africa, as every other year, and no one can tell us how many of those ever leave the country again.
READ more:
https://toxinews.blogspot.com/2012/01/lesson-in-mathematics-south-african.html
*
https://onafhanklik.com/2019/09/21/illegal-immigrants/
https://onafhanklik.com/2019/11/01/immigrante-immigrants/
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com