Verskeie seilvaarders het die Kaap van Storms voor 1652 besoek

*

Tussen 1600 en 1700 was daar reeds 1730 Hollandse skepe wat die roete na Indie geseil het. Logboeke beaam dat daar ten minste 334 tot soveel as 738, VOC skepe by die Kaap geanker het wat gemiddeld drie weke op ‘n slag gebly het. Vanaf 1600 tot Jan van Riebeeck wat aan wal gekom het in 1652, het 286 Engelse skepe en 146 skepe vanaf Frankryk, Denemarke, en Portugal aan die Kaap anker gegooi. Selfs die bekende kaptein Francis Drake het om die Kaap gevaar in 1580.

*


In 1598 was die poolse verkenner John Davis aan die helm van die Hollandse skip Lion. Sy manskappe het by Tafelbaai met die strandlopers, of Hottentotte, geruilhandel toe die strandlopers skielik die matrose aanval en dertien manne vermoor het. In 1601 was Davis weer in die Kaap, en hy het aan wal ‘n hospitaaltjie met seile gemaak waar skeurbuik bemanning behandel is. Na 1616 was Engelse skepe beveel om in Kaap te stop. Die skepe van vele lande, na die nuutse ramings oor die 1200 skepe, het voor Van Riebeeck in die Kaap in die baai geanker.

In 1601 was daar selfs ‘n hospitaaltjie gebou vir siek matrose en skepe het in die Kaap oorwinter (MacCall Theal, 2025). Theal se boek bevat vele beskrywings wat die matrose aan die Kaap gesien het, en hulle interaksies met die strandlopers. Hy het skeepsjoernale, dagboeke, en boeke deur verkenners van verskeie lande as bronne gebruik, en al die beskrywings stem ooreen dat die strandlopers nie altyd te vertroue was nie.

Die matrose het nie almal net weggeseil toe vars water aan boord geneem is nie. Verskeie skipbreukelinge, soos byvoorbeeld die van die Nieuwe Haarlem en Mauritius Eyland, het vir maande aangebly en forte vir hul beskerming opgerig. Jan van Riebeek was aan boord in die vloot wat die skipbreukelinge van die Nieuwe Haarlem kom red het in 1648. Die vloot van 12 skepe het vir drie weke in die baai geanker.

Daar is deesdae ‘n neiging om geskiedenis te herskryf om vir party groepe ‘n roemryke, beskaafde verlede op te tower en om ander groepe, gewoonlik blankes, af te kraak. Hier is een so “n herskrywing, van dieselfde webwerf wat akkuraat die hoeveelheid skepe aan die Kaap gemeld het:

Only two sketchy narratives are available about Xhore and Autshumao, but enough to dispel much European mythology and primitivizing of the Khoe. We know that Autshumao had adopted dressing habits and culinary habits acquired in his voyage to Java and back. That he was able to converse in at least three European languages and the English referred to him as the Governor at the Cape and their business agent, emphasise the fact that by simply characterizing him as an ignorant vagabond and hustler, is a gross misrepresentation. Yet van Riebeeck referred to him and his people at times as ignorant beach-bums (Strandlopers) and dirty beasts.(Before 1652 – Camissa Museum, 2020).

Jan van Riebeeck se dagboek en die joernale van ander skeepsvaarders het gewys dat Harry die Strandloper gebrekkige Engels kon praat wat hy by ‘n Engelse skeepskaptein geleer het toe hy vir Harry op ‘n reis saamgeneem het. Jan het vir Harry so vertrou dat hy vir hom Hollandse klere gegee en saam met sy gesin aan tafel as ‘n vriend laat eet het. Die joernale het opgeteken hoe Harry op meer as een geleentheid vee van die Hollanders gesteel het. In twee sulke gevalle het Harry en sy geselle die veewaqters vermoor. Harry het ook die Hollanders mislei op ‘n ekspidisie na die binneland waar hy die Hollanders se ruilgoedere gesteel het.

Die Hollandse kommisaris het aanbeveel dat Harry na Batavie verban moes word, maar die goedgelowige Jan van Riebeeck het Harry na Robbeneiland gestuur om daar vee op te pas. Hy kon dit nie oor sy hart kry om sy ou “vriend” toe te sluit of verban nie. Harry het dit reggekry om van Robbeneiland te ontsnap, en weereens het Jan se hart versag. Jan het Harry verblyfreg in die fort gegee.

Geen hoeveelheid geskiedenis herskrywery gaan die skeepsjoernale se verhale laat verdwyn nie. Daar is selfs webwerwe wat beweer Jan het die fort bo-op Harry se dorpie laat bou! Natuurlik is daar ook, soos deesdae mode is, aantygings dat Jan die strandlopers (ook genoem khoi, san, of khoe) se grond gesteel het, en dat die strandlopers die ware vinders van die Kaap was. Die ergste nog is die bewering dat Harry se gestelery eintlik net entrepreneurskap was!

Die strandlopers is al voor Van Riebeeck se dae beskryf deur kartograaf Jan Huygen van Linschoten. Hy het die strandlopers op Afrika se weskus van die Steenbokskeerkring tot by die kaap beskryf as nomadies en sonder konings, maar met vele hoofmanne. Hulle het in hutte gewoon wat vinnig afgeslaan en elders opgeslaan kon word. Die strandlopers het diervel klere gedra en vreemdelinge vermy. Linschoten het ook gesê dat die meeste van die binneland leeg en bergagtig was. Die swart inboorlinge van Afrika se kleredrag is diplomaties beskryf as dieselfde as Adam in die paradys (Linschoten, 2025) .

Maar die geskiedenis of bewerings van die afstammelinge – of beweerde afstammelinge- van die
strandlopers is van geen belang vir hierdie video/artikel nie. Hulle kan beweer wat hulle wil. Die
geskiedenis van die Kaap is maar net ‘n klein voetnota in die geskiedenis van die Boere volk voor hulle
weggetrek het, eers na die buitenste grense van die Kaapkolonie en daarna die binneland deurkruis het om die Boererepublieke te verstig.

Die Boere volk wou nie onder die VOC, Nederland of Brittanje staan of leef of deur hulle regeer word nie. Die Boere republieke het in werklikheid in die Kaapkolonie ontstaan.




*

BRONNE EN VERWANTE ARTIKELS

Bronne – References

Before 1652 – Camissa Museum. (2020). Camissamuseum.co.za.
https://www.camissamuseum.co.za/index.php/orientation/before-1652

De Wet, G. (n.d.). Autshumao (Herrie die Strandloper, King Harry). E.CKE.
https://ecke.co.za/autshumao-herrie-die-strandloper-king-harry/

Linschoten, J. H. (2025). Itinerario, voyage. Internet Archive.
https://archive.org/details/itinerariovoyag00linsgoog/

MacCall Theal, G. (2025). History of South Africa (1486-1691). Internet Archive.
https://archive.org/details/historysouthafr06theagoog/page/n5/mode/1up

Mulder, P. (2015, February 27). Eensydige of gebalanseerde geskiedenis?
Reaksie op artikel oor Jan van Riebeeck. | Freedom Front Plus. Freedom Front Plus.
https://www.vfplus.org.za/af/jongste-nuus/eensydige-of-gebalanseerde-geskiedenis-reaksie-op-artikel-oor-jan-van-riebeeck/



*


Die Hottentotte en Khoi se ware kleure

https://www.youtube.com/watch?v=K_C5mw8V_MA&t=2s

Tafelbaai voor Jan, en die skelm strandlopers

https://www.youtube.com/watch?v=feT3limDb10&t=127s

*

Beeldmateriaal

Gevolgtrekking
Die KAAP voor 1652 was woes en leeg, daar was nie moderne stede of dorpies nie. Dit was die kuierplek van diere.

https://www.youtube.com/watch?v=h96Es2uf0lo

*

Verrassende elemente
Voyages-Reise (Elemente-Elements)

Cape of Good Hope 6 April 1652


https://en.wikipedia.org/wiki/Boers

https://www.discoveryuk.com/mysteries/bartolomeu-dias-navigating-the-cape-of-good-hope/

/SN




*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

1 gedagte oor “Verskeie seilvaarders het die Kaap van Storms voor 1652 besoek”

Lewer kommentaar