*
Daar is heelwat ouma’s, oupa’s, ma’s, pa’s, ou mense, dogters en jong kinders wat Emily Hobhouse se pad gekruis het tydens die Anglo-Boere oorlog en Britse konsentrasiekampe, martel- en helkampe. Martel en helkamp is en was dit beslis, hulle is sonder voedsel en medikasie gestraf vir die dade wat Engeland en bondgenote gereken het as sonde.
Foto: Hartseertye van Lizzie van Zyl, haar oë weerspieël haar pyn en lyding op ‘n 8 jarige ouderdom, wat lank voor dit begin het. (1894-1901) Die lyding wat sy moes deurmaak, onbeskryflike hartseer oomblikke.

*
Die Boere volk as geheel is nie as vlugtelinge aangehou nie, maar as kriminele want hulle was opgepas onder Britse weermagsoffisier. Dit was dus nie enige vlugtelingkampe nie. Hul huise is afgebrand, sommige vroue en dogters is verkrag voor hul die huise moes verlaat en is aangejaag na hul naaste kampe, soos troppe vee met gewapendes agter hulle.
Dit was ‘n donker droewige tydperk in ons Boere volk se geskiedenis. Soms wil mense dit eenvoudig agter hulle sit en vergeet. Maar dit is nie moontlik om geskiedenis, hoe droewig dit ookal mag wees, te vergeet of dit nooit bestaan het nie. Geskiedenis moet ons sterker maak en dis ‘n leerproses. Geskiedenis is deel van enige volk.
Nugter alleen weet hoekom enige volk nie hul vryheid mag verdedig nie – dis ‘n mensereg. So jammer vir die hartseerverhale van ons verlede, net omdat die Boere volk wou vry wees van Britse heerskappy. Die Boere volk wou nooit deel wees van enige Britse statebond nie, dis op ons voorouers afgedwing na 1902. Daarna het Afrikaners en Engelse kom maak of daar nooit ‘n Boere volk bestaan het nie en dat hulle nie geregtig is op ‘n lewe soos die Zoeloes, Xhosa, Khoi san en ander volke nie.
Die Britse Konsentrasiekampe en Verskroeide aarde beleid was boos en die bewoners, meestal vroulike geslag, is opgepas asof hul kriminele was. Wat het gemaak dat die Boere volk as ‘kriminele’ behandel is – omdat hul nie die knie wou buig voor ‘n koningin Victoria nie. Meeste voedsel is en was beperk tot sekere gesinne en ook kinders het daaronder gely, gestraf omdat Boere vengters, mans en seuns, nie wou oorgee nie. Hulle was maer en tingerig, met geen kragte. Heelwat voedsel is gedokter met verskillende snaakse artikels wat onmenslik is om te sluk. Heersers doen dit vandag steeds en het nog nooit daarmee opgehou nie.
Die haatlike Britse bewind en sikloon, wat oor ons Boere volk in die Boere republieke gewaai het, het derduisende lewens verwoes sover hul gegaan het. Die Boere was bly oor hul kon vry wees en daarom is daar na 1830 verskillende Boere republieke uitgeroep – meer as 15, selfs buite die landsgrense van suidelike Afrika. Die grond het aan NIEMAND behoort nie. Die Kommando’s het egter respek getoon en onderhandel met swart hoofmanne en moontlik ‘n koning hier en daar om van die grond te bekom, te koop of geruil vir vee. Wat ook gedoen is, daar is verskillende transaksies uitgevoer deur die Boere leiers destyds. Daar was ook aggressiewe stamme wat ander minder aggressiewe stamme aangeval en hul van hul vee en vrouens beroof het.. Later het hulle geveg vir Boere republieke en hul vryheid en dit was ‘n sonde in die Britte en ander ondersteuners se oë.
Daar was nie ‘n ding soos dat die Boere volk mag veg vir hul vryheid nie, hulle moes kruip vir die Engelse bewind in die Kaapkolonie en Natal. Engeland was nooit alleen nie. Sy het ‘n hele paar bondgenote gehad, en het hier kom veg teen ‘n handjievol Boere en sodoende vroue en kinders in kampe laat oppas sonder voedsel en ‘n gebroke kring van maatskaplike probleme wat soos ‘n atoombom ontplof het, kinders en vroue, die mans en seuns se lewens verwoes. Sou Engeland, Amerika, Australië, New Zealand, Europese land dit toegelaat het as die Boere volk hulle lande oorgeneem het en eenvoudig beset het? Emily Hobhouse, ‘n respekvolle vrou, het baie ver gereis om te kom help in suidelike Afrika en veral die Boere republieke en konsentrasiekampe. Net soos soldate duisende kilometers ter see gereis het om met Lizzie se pa en ander swaarde te kruis, sodat hul onderdanig moet wees aan die Britse kroon, Victoria. Dit is juis een van die redes hoekom die Boere volk die Kaapkolonie begin verlaat het na 1930 teen Britse en ander vervolgings. Tot kerke het hul sensuur toegepas en was ongehoord.
*
Emily Hobhouse told the story of the young Lizzie van Zyl who died in the Bloemfontein concentration camp – May 1901. She was only 8 years old.
She was a frail, weak little child in desperate need of good care. Yet, because her mother was one of the “undesirables” due to the fact that her father neither surrendered nor betrayed his people, Lizzie was placed on the lowest rations and so perished with hunger that, after a month in the camp, she was transferred to the new small hospital. Here she was treated harshly.
Emily Hobhouse – ‘n ikoon
![]()
*
Daar is ‘n Hemelse Troos aan Lizzie van ons verlede en geskiedenis – vandag dra sy haar Hemelse kroon met trots. Lizzie het geweet Emily was daar vir haar in haar laaste oomblikke.
Tragies was die lewe van Lizzie van Zyl, wat eensaam en alleen, met hongersnood en pyne geworstel het, die straf wat die Engelse op haar geplant het. Lizzie het geweet, êrens in die oop veld, onder bome of rotse, was Lizzie se pappa, oupa en ander familie lede aan die opstaan en veg vir vryheid en soewereiniteit van die Boere republieke. Al die families wou net ‘n beter lewe vir die Boere volk gehad het, nie onder die Engelse beheer nie. Niemand het dit wat in die martelkampe afgespeel het, aan enige aardbewoner toegewens nie.
Wan- en ondervoed met ‘n poppie op die arm wat deur Emily Hobhouse geskenk was tydens een van haar besoeke in haar konsentrasie-helkamp waar haar gesondheidstoestand al meer en meer agteruitgegaan het tot daar bykans niks oorgebly het nie, is ‘n skokkende toneel wat aan elke lid van die Boere volk nagelaat is. Geen mens kan so oorleef of normaal wees daarna, na soveel martelings en uithongering nie.
Die Engelse regering was Emily glad nie goedgesind dat sy haar ontferm het oor die Boere volk se mense wat erg deurgeloop het met pyn en lyding in die Boere republieke en konsentrasie martelkampe nie.
Die Engelse en soldate het absoluut niks vir hierdie oorlogwesies gevoel nie. Wan- en ondervoed met ‘n poppie op die arm wat deur Emily Hobhouse geskenk was tydens een van haar besoeke in haar konsentrasie-helkamp, waar Lizzie se gesondheidstoestand al meer en meer agteruitgegaan het tot daar bykans niks oorgebly het nie, is ‘n skokkende toneel wat aan elke lid van die Boere volk nagelaat is.
Alles ‘n herhaling van flitse oor die trauma van ‘n jong kind wat bly vassteek in die wroegingsirkel. Dit word nie regtig beter nie, dit het nie beter geword wanneer daar na die foto of ander soortgelyke foto’s gekyk word hoe maer en uitgeteer ons voorgeslagte was na die ervarings van die martelingskampe. Waar jong meisies en vroue eenvoudig verkrag is deur die vyand.
*
Lees meer oor wat word geskryf oor hierdie hartseerverhale deur Elizabeth van Heyningen – sy het lank studies hieroor gedoen, soos verstaan word, meer as 15-20 jaar.
https://international-review.icrc.org/sites/default/files/irc_97_900-4_0.pdf
https://fr.wikipedia.org/wiki/Lizzie_van_Zyl
Relevante inligtingstukke
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Anglo-Boere oorloë – Springfontein
Gedenkdag – onthou 16 Junie-June 2019 – Remember this day
Anglo-Boere Oorlog: Konsentrasiekampe
Britse konsentrasiekampe Hester de Beer
*
Vir die oningeligtes …
Suid-Afrika se kommunistiese rewolusie het nie in 1994 begin nie, maar het sedert die anneksasie van die twee onafhanklike Boere Republieke 1899 begin, wat voorafgegaan is deur die Groot Trek. Tydens hierdie pogings is baie van ons volkslede uitgewis. Dis sedert 1838-1880 waar Boere, Boervroue en kinders vermoor is in oorloë en konsentrasiekampe. Die Boere se kosvoorrade is tot op die grond afgebrand en vroue en kinders is soos vee aangejaag na Britse helkampe.
Die Britse regering het sedert 1899 soveel hartseer en ellende in die twee Boere repubieke veroorsaak wat vir dekades daarna nog gevoel word met nuwe inligting wat verskyn. Al ons Boer voorouers is uit hul huisies forseer met een kledingstuk as hul gelukkig was. Presies dit wat in Palestina gebeur vandag, het met ons voorouers ook gebeur. Al die huise en stoorgeboue is later doelgerig verbrand om seker te maak daar is niks oor nie – meer as 30000 dorps en plaashuise afgebrand. Die kos op die lande is gebrand of vee is doodgekap of gekaap vir eie gebruik.
Menigmaal wanneer daar na beeldmateriaal gekyk word, selfs oor die Anglo-Zoeloe oorloë besef mens wie die werklike tiranne was wat hul koloniale beheer afgedwing het in suidelike Afrika. Strategiese grondgebiede is geannekseer, ook die van Zoeloes, reeds lank voor die Anglo-Boere oorloë en ook van die Griekwas en Khoi San volke, wat later as Reservate en Britse kroongebiede bekendgestaan het (1854). Brittanje het alles geannekseer, ook ons lewens en ons forseer om deel van die statebond te wees en bly.
Lord Shepstone het die beleid amptelik gemaak in 1854 (Port Natal) saam die swart hoofmanne wat grond beset het.
Die gebiede was destyds al apart van mekaar, waar Swartes en Khoi san, die wat van die Noorde afkomstig was, kom vestig het. Swartes het grond beset en dit van niemand gekoop nie. Alle grondgebiede was niemandsland, selfs die wat onderhandel was tussen Boere en Trekkerleiers met swart leiers. Vandag word die Boere geblameer vir hierdie aparte gebiede wat steeds met ons is na 1994. Aparte gebiede vir Khoi san, Griekwa en verskeie Swartes is steeds van krag (Trust en KEV gebiede) na 1994. Inligting hieroor is vrylik beskikbaar om te bestudeer.
Met Mfecane oorloë (6) ongeveer vanaf 1805-1835, het duisende swart volke mekaar reeds uitgewis en was geen Boer of Blanke hierby betrokke nie.
Swart stamme het hul ook teëgesit teen Britse oorheersing. ‘n Eeu daarna hardloop soveel van Suid-Afrika se burgers steeds agter die Britse Statebond of deelname aan en beleef ons steeds rewolusionêre nagmerries van swart bemagtiging, regstelaksies en uitwissing van Boere. Net omdat die Boere se vyande, die koloniale magte wou afdwing op twee onafhanklike Boere Republieke vir hul minerale rykdomme. Die Britte het die Boere gevolg en vervolg met aanvalle in die onafhanklike Boere republieke.
Dis waarskynlik hoekom wyle Dr Verwoerd nie deel wou wees van die Britse statebond nie, juis omdat hy geweet het wat die verskillende Khoi san en Swart volke in die mou voer saam die Engelse. ‘n Referendum is in 1960 gehou waartydens meestal Engelse (wat ook na 1800 hier kom vestig het), nie wou padgee uit die statebond nie, Brittanje was nie baie gelukkig met die situasie waar Dr Verwoerd aan elke swart of ander volk hul onafhanklikheid laat verkry het. Hy is in 1966 vermoor deur agente.
Goud en diamante is net voor die Anglo-Boere oorloë begin het, ontdek. Die heksejag was toe reeds aan die gang.
Nie lank daarna het die wrede en barbaarse Jameson inval begin teen die burgers van die Boere republieke. Die Britte se magsbeheptheid vir die minerale asook om die Boere en gesinne uit te wis, het soos borrelende lawa eilande op verskillende plekke uitgebars. Lords Milner, Kitchener, Chamberlain en Roberts, is name wat uitgestaan en in beheer van die Britse konflikte.
Op 12 Oktober 1899 het die eerste skote geklap.
Die massas soldate was nie net magsvertoon nie, maar was meer as die burgers van die Boere republieke. Massas opgeleide soldate het hier in die suidelike punt van Afrika kom veg, meestal uit al die statebondslande, hul het in hul 100 duisende teen ‘n handjievol Boere, kom veg, wat geen weermagopleiding gehad het nie. As Boere kommando’s het ons Boere en soms ook vroue, soos een man gestaan om verskeie lande se soldate teen te staan.
Honderde duisende perde uit Amerika, Australië en ander lande het per stoomskepe suidelike Afrika geland om die Britte te ondersteun.
“Scramble of Africa” is nie deur die Boere in die twee onafhanklike Boere republieke veroorsaak nie, maar deur die oorneem van die Britse kolonialisme en die wat hul ondersteun het.
Na die bloedige Anglo-Boere oorlog, in 1902 het die Britse volle beheer oorgeneem van alle myne en mineraalregte in Suid-Afrika, die Boere republieke ingesluit. Hierna het die Britse regering meer as 400000 buitelanders en immigrante uit Afrika en China ingevlieg/bring om in die myne te kom werk.
Die Vredesverdrag van 1902 was ‘n totale klugspul en leuens wat ons Boere in hierdie situasie ingedwing het in die Unie regering – dokumente wat deur Jan Smuts sionis geskryf is. Die stryd van die Boere volk het nie by die Vredesverdrag gestop nie, die Rebellie van 1914 het gevolg. Dink mooi wie was almal betrokke by die ANGLO-Boere oorlog en selfs daarna. Dit woed in 2024 steeds voort.
Melrose huis – Vrede van Vereeniging
Jan Smuts – VN – Darwin – Britse ryk
Boereheld Jopie Fourie en Smuts
*
Die Anglo-Boere oorlog
https://www.youtube.com/watch?v=8wR-HXyBljc
ABOUT THE BOER WOMEN

*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] Emily Hobhouse en Lizzie van ZylLionel Phillips (mynmagnaat)Diamonds/Diamante Gold/Goud -MINERALS […]
LikeLike
[…] – apartheid : British rulesBritish concentration camps – ABW (Rudie Rousseau)Emily Hobhouse en Lizzie van ZylVerdrag van Vereeniging 1902Melrose huis – Vrede van […]
LikeLike
[…] Vrymesselaar broers om die Boere volk wat nie lede is van hul organisasie nie, uit te wis nie. Emily Hobhouse en Lizzie van ZylSodoende is die omstandighede in die Britse Konsentrasiekamper vererger om elke vrou en kind daar by […]
LikeLike