Swart long siekte en swart steenkoolstof

*

Heelwat mineraalstowwe veroorsaak siektes, maar veral longsiektes, dink aan goudstof, asbestof en nou steenkoolstof, wat eintlik nie as ‘n onlangse siekte gediagnoseer is nie.   Dit kom wêreldwyd voor en dis veral harde werkers wat die meeste geraak word.   Hierdie longsiektes kan voorkom of grootliks beperk word.   Swartlong siekte is afkomstig van steenkoolstof wat ingeasem word en dit gebeur nie oornag nie, maar stof verrig skade aan die longe.   Meestal kom dit voor in en rondom myne waar steenkool gemyn word, maar indien daar nie genoegsame voorsorgmaatreëls in plek is nie, is daar heelwat gebiede wat geraak word.

*New York times photo

Black Lung Disease Comes Storming Back in Coal Country - The New York Times

*

Dit kom voor by alle kragstasies wat steenkool gebruik en nie voorsorg tref en die steenkoolstof natmaak dat dit die hele wêreld vol waai.  Dit versprei vinnig en maklik as dit droog is en vergif almal van ons.  Hierdie stofdeeltjies is swart en gaan in long in, nes met asbestose.  Dit vernietig basies jou longe van rooi na swart.   Dis onbehandelbaar en vernietig alles.   Simptome kan wel verlig word.

Dit word ook ‘ pneumoconiosis, or ‘black lung disease,’  genoem.  Dit is reeds lankal aan baie myners bekend.

Radikale elemente en gierigheid, het veroorsaak dat infrastrukture met opset verwoes word sodat daar algehele en verskillende tipes volksmoorde kan plaasvind.   Veral met swart long siekte afkomstig van swart steenkoolstof.

Hoe toevallig.  Simptome van die swartlong siekte, is gelykwaardig aan  sommige virusse wat reeds aan ons bekend is.  Dit veroorsaak ook heelwat probleme met sinus en allergieë.

STEENKOOLSTOF EN SWARTLONG SIEKTE

STEENKOOL EN – VERVOER (SUID-AFRIKA EN BUURLANDE)

Die vraag is, wat het van ons duur spoorlyne geword, want dit is steeds in gebruik. Die anc beheer alles en dink hulle is reg in alle opsigte – hulle is nie.

STEENKOOLSTOF raak elkeen van ons, want soms is die suurstof wat ons gebruik beslis nie suiwer en skoon suurstof nie.

Steenkoolstof moet natgemaak word, tydens ontginning, sowel as vervoer. Trokke is veronderstel om dit ook klam te hou tydens die hele proses van vervoer, punt a tot b.   
Lang treine na Hawes is spesiaal gebou om steenkool uit te voer.   Dis kwansuis verwoes, maar is dit regtig verwoes?

Weg van ons paaie af, weg van wind en stof wat deur wind gewaai word.   Heelwat trokke maak nie eers van seile gebruik nie.    Daarom is en was daar meestal van Treinvervoerstelsel gebruik gemaak, maar ons regering daarteenoor het besluit Trokke is veilig.   Hulle is nie.   Hulle is ook verder gevaarlik, veroorsaak heelwat gate in die paaie wat ongelukke veroorsaak en so word steenkoolstof eenvoudig na almal van ons versprei.   Selfs met die aflaai van steenkool by ‘tydelike plekke’ is daar nie geriewe om dit nat te maak nie.  Dit word weinig of ooit by kragstasies gedoen.

” R B Coal Terminal ” in Richardsbaai is spesiaal opgerig hiervoor.   Maar word steenkool van hieraf uitgevoer?   Dit wat vandag uitgevoer word, selfs in Mosambiek se hawens, word beslis en in meeste gevalle nie natgemaak nie.  Hierdie stof waai oral en nie net sekere windrigtings nie.

Hoeveel ander lande vervoer dit via padstelsel?   Hul ontvang dit in hul eie hawens en die vraag is, word die steenkoolstof in daardie land natgemaak om verder afgevoer te word?   
Hulle is nie veilig nie. Hoegenaamd nie.   Trokke voldoen nie aan die nodige standaarde nie en word oral ‘aanvaar’ as dat dit so moet wees.

Daar is duisende trokke op ons paaie wat steenkool vervoer wat ‘n magdom swart steenkoolstof bevat wat beslis nie nat is nie.   Bestuur agter trokke en kyk hoeveel fyn stof beland op en in voertuie.     Die leë trokke is veronderstel om gewas te word as trokke afgelaai het sodat daardie stof nie verder kan waai nie.

Daardie steenkoolstof beland uiteindelik in die lug en wind, wat dit oor ons dorpe en stede waai, ons omgewing besoedel, maar ook selfs jou sonpanele wat daarmee bedek word, verhinder die hoeveelheid sonkrag vir jou batterye en dit verkort ook die sonkrag aan jou huis en besighede.   Steenkoolstof is nie die enigste lugbesoedelaar nie.   Daar is heelwat ander minerale wat netso giftig is.

Daar is studies hieroor gedoen selfs oor die besoedeling van sonpanele.  Daar moet versigtig te werk gegaan word met die skoonmaak van sonpanele, en ook jou huis en besighede, waar stof inkom by oop vensters en deure.

Daar is heelwat industrieë wat nie dink aan hul uitlate en ons mense en omgewing, maar veral ons arm varswaterbronne in die hele proses vernietig.   Varswaterbronne sluit ook vleie hierby in, want vleie word erg geraak deur swart steenkoolstof.     Let op hoeveel erosie vind plaas met al die oopgroef steenkoolmyne, waar daar eenvoudig nooit rehabilitasie plaasvind nie.   Daar is meer as 6000 myne waar nooit rehabilitasie gedoen is nie.    Die maatskappye wat steenkool of ander minerale uithaal, is veronderstel om die natuur te herstel en hulle moet dit met die fondse wat uit minerale verkry is, doen.   Hulle vee hul af aan regulasies nes die regering nie omgee daaroor nie.     Hoe meer mense siek raak, hoe meer mense kan hul ‘behandel’ op hul maniere en soms word dit aan virusse toegeskryf.

UMHLATHUZE – RICHARDSBAAI, EMPANGENI EN OMGEWINGS

Die opposisie party is bekommerd dat langdurige blootstelling aan steenkoolstof, selfs in ‘n industriële spilpunt soos Richardsbaai, chroniese gesondheidskomplikasies kan veroorsaak – wat wissel van brongitis tot pulmonêre fibrose. Die DA het in hul navorsing beklemtoon dat ‘n dringende reaksie vereis word.

‘n Opname wat deur die DA in die stad uMhlathuze gedoen is, het ontdek dat die steenkoolstof ‘potensiële gesondheidsrisiko’s veroorsaak’.
Ongeveer 250 mense het klagtes geopper, waarin uiteengesit word hoe die steenkoolstof selfs hul binnenshuise ruimtes deurbreek.
Die dorpie Richardsbaai en die woonbuurt Arboretum is van die plekke wat die ergste geraak word in hierdie munisipaliteit.

*

SIMPTOME

Dit kan jare na blootstelling wees voordat jy simptome van swart longsiekte begin opmerk. Aanvanklik het jy dalk geen simptome nie. Maar met steenkoolwerkers se pneumokoniose kan jou simptome mettertyd vererger.

Simptome sluit in:

Strengheid in jou bors.
Moeilikheid om te oefen.
Voel kortasem. Jy kan dit selfs agterkom in roetine-take wat jou nie voorheen moeg gemaak het nie.
‘n Hoes wat soms produktief is (jy kan swart slym ophoes).

Tydens fisiese ondersoek kan jou gesondheidsorgverskaffer piepende of gekraak hoor wanneer jy asemhaal. Alhoewel jy nie sal kan sien dat jou longe swart is nie, sal beeldvorming spesifieke merkers openbaar wat jou gesondheidsorgverskaffer vertel dat dit swart long is en nie ‘n ander vorm van long (pulmonêre) siekte nie.

Jy kan nie altyd die deeltjies sien wat jy inasem nie. Maar die klein spesifikasies van stof (deeltjies) in steenkoolmyne het koolstof. En afhangend van waar jou myn is en deur watter tipe rots jy boor, kan die stof ook iets bevat wat silika genoem word.

Swart long siekte en simptome

Die skuld vir dit word so maklik voor ‘n gewone virus geplaas – DINK MAAR SELF … lees die simptome van die virusse en ook die van swart longsiekte.   Ongelukkig as ‘n persoon se longe beskadig word deur mineraal stowwe, sal dit outomaties ook geaffekteer word deur gewone griep en verkoue, dit vererger.

*

Beeldmateriaal

Alle ouderdomme word geraak en dit is nie net ‘n mynsiekte nie.

*

SWART STOF

Dit word maklik versprei.  Ook die werkers in kragstasies, of wat naby die kragstasies bly, die wat langs paaie bly waar trokke ry wat die stof letterlik die lug inblaas.

*

Swart long siekte kan voorkom word en dit hoef nie so te wees indien swart stof beperk en genoegsaam benat word, en dit sluit ook trokke in.  Maar die gevaar wat skielik opleef is al die duisende trokke met die swart stof op hul bakke en wat oral waai en alles binnedring.

*

Richards Bay in parliament

*

May be an image of blueprint, map and text

*

Steenkoolstof

*

Richardsbaai

https://www.thesouthafrican.com/news/breaking-which-municipality-choked-coal-dust-thursday-15-september/

https://zululandobserver.co.za/284404/watch-richards-bay-coal-dust-settles-on-parliament/

https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/25135-black-lung-disease#:~:text=Black%20lung%20disease%20is%20inflammation,symptoms%2C%20but%20there’s%20no%20cure.

Amerika 2018
https://www.reuters.com/article/us-usa-coal-blacklung-idUSKBN1K92W1
https://www.lung.org/lung-health-diseases/lung-disease-lookup/black-lung

Ukraine 2009
https://www.businessinsider.com/ukrainian-black-lung-finishes-off-2009-by-killing-675-people-2010-1

Suid-Afrika se werkers se eise gaan lank terug…
https://www.catholicnewsagency.com/news/255131/south-african-bishops-file-class-action-suit-against-mining-company-over-black-lung-disease

4 gedagtes oor “Swart long siekte en swart steenkoolstof”

Lewer kommentaar