Genl Hertzog – grafskending

Hoe laag kan mens daal om so iets te doen, maak nie saak wat die motief is nie.    Verseker gaan die skuldiges seker weer “onskuldig” pleit.    Dis skokkend verby.  Mnr. Basie Hertzog, die jongste kleinkind van genl. Hertzog, het gesê hulle het nog geen aanduiding wat die motief vir die grafskending is nie.

 

*

Die laaigraaf wat gebruik was om Generaal James Barry Munnik Hertzog, beter bekend as Barry, oop te grou is gevind.    Die polisie het Maandag 16 Maart op die laaigraaf beslag gelê in Verena. Die man wat die laaigraf bestuur het, word ook ondervra.     Mnr. Basie Hertzog, jongste kleinkind van genl. Hertzog, het gesê hulle het nog geen aanduiding wat die motief vir die grafskending is nie.

“Die bure in die omgewing het Saterdag onbekende mans by die familie-kerkhof gewaar. Ek het besluit om Sondag self ondersoek in te stel en op die graf afgekom wat oopgegrawe is,” het mnr. Basie Hertzog, jongste kleinkind van genl. Hertzog gesê.

Polisie ondersoek die saak.

WATCH: Laaigraaf wat genl. Hertzog se graf oopgrawe in Verena gekry

*

Die historiese graf van Generaal James Barry Munnik (Barry) Hertzog is oopgegrou.   Dié skok-ontdekking is Sondag 15 Maart omstreeks 15:00 gemaak.   Volgens die polisie in Verena is daar merkbare spore van ’n laaigraaf (TLB) op die toneel by die graf gekry.

Genl. Hertzog se graf is in 1988 ook geplunder. Destyds is genoem dat die motief moontlik was dat mense geglo het dat daar geld saam met genl. Hertzog begrawe is.

Die groot klip met die naamplaatjie wat in 1942 op die graf geplaas is, is ’n entjie weg van die graf af gevind

Genl. Hertzog se graf op familieplaas oopgegrawe

*

Laaigraaf wat genl. Hertzog se graf oopgrawe in Verena gekry

*

Generaal James Barry Munnik Hertzog

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s