Beleggingsopinie – Tito Mboweni – Davos

Tito Mboweni het ‘n paar sake blootgestel met sy toespraak in 2020 te Davos, maar niks nuuts wat ons nie reeds weet nie.   Vir sommiges sal dit as net nog ‘n toespraak van verbygaande aard wees omdat nog meer geld benodig word (of gevat kan en gaan word met onteiening) om die inisiatiewe verder te neem – en moenie die buitelandse belegger se “bydrae” weggooi nie.   Dit klink hoeka al vir mens soos ‘n “ponzi skema” of aandeleblokskema geurtjie.

Image result for Tito Mboweni   davos

Daar het al hoeveel mense bloutjies geloop met die aandeleblokskema, dink aan die vakansieplanne, flexiplanne en daar is ook ander plase wat uitgegee word met Aandele.   Nooit word daar ‘n titelakte gekry om in so ‘n gebied te bele nie.   In heelwat gevalle bekom ‘n persoon aandele in ‘n maatskappy of besigheid, en het gebruiksreg of vruggebruik van grondgebiede.  Lees al die toepaslike wetgewings van toepassing.   Dit maak deure oop om mense nader te lok soos ‘n mot om ‘n kers, tot mens vasgevang word in die pit wat brand en alles insluk aan die einde.

*

Korrupsie is massief groot in Suid-Afrika

Alle regering hef belastings op enige denkbare ding en aan die einde betaal ons 10 keer belastingheffings op alles.   Misdaad het ook 15% VAT heffings op alles wat vervang moet word, nuut aangekoop op mediese versorging verg.    Dis ongelukkig ook so, dat heelwat van die skenkings en donasies nie by die arm opheffingswerk uitkom nie, maar dit beland eerder in die ryk persone se sakke of besighede en bankrekenings na herverkope.   Oral is daar weer 15% VAT ter sprake.

Oral en onder alle bevolkingsgroepe is daar korrupsie maar in Suid-Afrika dryf dit op die oppervlak en ons bly sink soos die Titanic boot.

Die staatsbeheerde organisasies, staats en provinsiale hospitale en munisipaliteite is ‘n groot kopseer, maar vir die direkteure en bestuur is dit niks, aangesien hul keer op keer kry wat daar gevra word – net nog ‘n groter salaris en nog ‘n groter bonus om hul rykmanslewe te onderhou.  Eskom, SAUK, Denel, SAL word jaarliks miljoene ingepomp en tog verdwyn die geld oor die horisonne.

*

Onteiening van eiendom, grond, plase en alle bates

‘n Teer puntjie wat na vore gekom het en soos ‘n swaard oor ons  koppe hang,  is die eiendom verdeling sonder vergoeding, wat natuurlik net vir meestal handjievol blankes sal geld en nie al die ander multi-biljoeners wat na 1994 ontpop het as “elite” en wat heelwat uit die B-BBEE wetgewing geskep het vir eie voordeel.

Indien daar net op ‘n handjievol ryk elite gefokus word, verloor die jan alleman alles in die straat om ooit beter opheffing te smaak.   Die regering en hul kommunistiese kaders gaan vir meer as 25 jaar voort met hierdie wetgewing om blankes te belaster en menseregte te skend, al was daar al in rondte een hoeveel teenkanting gewees.   Dit gaan die ANC se president en sy handjievol kommunistiese kaders aan die einde wees  wees wat daaroor sal beslis.

*

Onteiening nes Swart bemagtiging is nie ‘n “BELEID” nie, maar is in Wetgewing vervat en die Grondwet wat gewysig gaan word sal voortgaan ten spyte van teenkanting.    As daar wetgewing is, volgens die regering, is niks volgens hulle onwettig nie, al is dit teen die internasionale reg en skending van menseregte.

Maak nie saak hoeveel van ons volkslede stuur verslae of artikels daaroor in nie, dis nie ‘n ANC beleid nie, maar wetgewing wat by die Grondwet aanpas om dit te “vervolmaak” as wettig en “uitvoerbaar”.

Toe die destydse Engelse premier May hier was, het sy haar steun daartoe verleen mits dit “wettig” gedoen word.

Terloops – die “anneksasie van al ons grond en minerale” was ook volgens die Britte wettig om duisende kilometers te kom om dit te kom afvat.    “Britse konsentrasiekampe was ook deur die Britte gewettig, nes die Unie van Suid-Afrika sowel anneksasie van die myne in Suid-Afrika wat uit London beheer is”.

*

Hoeveel van ons geslagte is met hierdie paar jaar uitgewis?   Ons moet meer op ons veiligheid fokus en onsself verdedig.

Net soos wat swart bemagtiging en regstelaksie ongrondwetlik is, so is onteiening of verdeling van eiendom die geval en ‘n skending van menseregte en ongrondwetlik .   Waarskuwings om dit te verander, val op dooie ore, want dit pas by die kommunisme (bolsjevisme) aan om alleen alles te besit en in die afgrond in te bestuur.

Die ekonomie gaan nie net val nie, dit het reeds omgeval, maar gaan die afgrond in.

*

Tito Mboweni en eiendom

Tito Mboweni meld dat die regering ontslae moet raak van al die duisende eiendomme en plase van die regering en dit moet hervorm en uitdeel.

Die Minister van Finansies, benadruk dat dit nou die tyd is om van selfverrykingsbeleid weg te beweeg, en om na voertuie te kyk wat die ekonomiese welvaart van die land kan help ontsluit.

Waarmee saamgestem word.

Hy erken ook volmondig die regering is die grootste eienaar van grondbesit in die land.  (hoe weet hy dit – hy is met die ANC).   Die ware toedrag van sake word in ‘n vakuum geplaas al sedert 1994 en die regering hits geweld en haat in die land aan, juis omrede hierdie vals persepsie van die werklike eienaars.   Ander volke word aangehits om ons vals te beskuldig dat ons grond gesteel het.

Dit is reeds vir 25 jaar aan die gang, juis om hulself te verryk en iets wat Mboweni moontlik weet maar nie noem nie, is WIE is die groter geldmagte agter die regering staan om dit uit te voer. 

‘Hy erken ook dat daar nie ‘n akkurate bateregister bestaan nie en word dit algemeen aanvaar dat die regering êrens ongeveer R1,5 biljoen geboue besit, in vergelyking met die hele genoteerde sektor waar die markkapasiteit tussen R600 miljard en R700 miljard is, met die waarde van sy bates net onder of ongeveer R1-triljoen. Op grond hiervan is die regering die waarde van die bates die grootste eiendomseienaar.   

Hierby moet nog die 5000 plus plase gevoeg word dat die regering met belastinginkomste aangekoop het, wat inderwaarheid belastingbetalers se eiendomme is en nie die ANC nie.  Dus, hoekom word dit dan nie deur die burgers gebruik nie, maar sommige bevoordeelde politieke leiers in parlement braak gal om van ander wettige eiendomme te neem en te onteien.

*

Hy noem verder die regering op ‘n ekonomiese stimulus-goudmyn sit, maar oefen dit nie uit nie, ondanks die feit dat hulle toegang het tot ondernemings, sakelui en beproefde metodes om ‘n stimulus-pakket vir die fiskus te ontsluit wat nog nooit vantevore gesien is nie.   Dus hoeveel belastings gaan hierdeur verlore of gaan in ANC en ander elite se sakke/bankrekenings.

Hy stel verder voor, die regering moet ‘n deel van die waarde ontsluit wat inherent is aan so ‘n groot portefeulje, in ‘n beginsel waar die regering ‘n portefeulje van eiendomme saamvat en op die JSE lys as ‘n genoteerde eiendomsonderneming, in dieselfde trant as ‘n veerkragtige of groeipunt of pylkop. Daar is ‘n aantal beleggers in die mark, klein en groot, wat graag in so ‘n portefeulje wil belê.

(Hoe weet hy dit – hy het reeds voelers uitgesteek na sy inisiatief)? 

Natuurlik word nie hiermee saamgestem nie, die regering het sedert 1994 nog nooit oop kaarte gespeel of eerlik gewerk met belastinginkomste nie.  Hierdie eiendomme is myns insiens met belastinginkomste bekom en moet dus ALLES ontbloot word en nie net ‘n deel daarvan nie.    Dit behoort aan die belastingbetalers, al is hulle op pensioen!     Die inisiatief is om wat mee te doen?  Om die kommuniste nog verder te verryk?

Dis ontstellend genoeg dat die regering en handlangers ons blankes vals beskuldig van diefstal op grond en die ondersteuners aanmoedig om ons uit die samelewing te verwyder.   Dis ‘n feit,  indien geboue of plase aangekoop en bekom is uit die staatskas, moet dit as belastinginkomste en eiendom beskou word, dit behoort nie aan die regering of ANC kommunistiese kaders nie.

Verdere rykdom en inkomstes verkry op die JSE uit hierdie eiendomme, is van waarde vir die land en die volk, wat hierdie geboue en infrastrukture vir jare en jare na die Anglo Boere oorlog opgerig en onderhou het.

PLUS , sedert 1994, word blankes totaal en al uit die prentjie geskilder weens swart bemagtiging nogal.   Hierdie tipe van inligting, waar hierdie eiendomme begin en ontstaan word, moet nagegaan word, moet gelys word, dit behoort beslis nie aan die ANC of regering nie.

Ek stem al vir etlike jare saam daar is geen oudit gedoen nie, daar word geld “begroot” en gegee hiervoor, maar dit het nog nooit die eindpunt gehaal van ‘n 100% korrekte bateregister na 1994 nie.    Wie was die werklike eienaars van hierdie sogenaamde staatsgeboue en eiendomme, wat met belastinggeld uit die staatskas aangekoop is.

*

Voorstelle van die minister is nie nuwe konsepte nie: wat reeds in die genoemde ruimte gedoen is, kan gerepliseer word deur eiendomme wat deur die staat besit word. As die eienaar het die regering niemand se toestemming nodig nie en hoef dit nie eens te tender nie, want dit bied hierdie eiendomme aan die publiek in die algemeen, via ‘n voertuig wat op die aandelebeurs genoteer sal word.

Uit ‘n SEB-oogpunt stel die maatskappy die direksie en bestuur aan. Dit sal in staat wees om ‘n swart uitvoerende hoof, finansiële hoof, bestuurspan en direksie aan te stel. En sodra die bestuur in plek is, kan die kwessie van vaardigheidsoordrag aangespreek word.
*
Rassisme en diskriminasie

Indien so iets sou voortgaan – Hier kom nog so ‘n rassekleurtjie van swart bemagtiging by.  Hoekom moet net swart bemagtiging hierby baatvind, hierdie geboue is in die eerste plek vervreem wat nie die swart bemagtigers sin was nie.   Die regering het nie die ANC se geld gebruik vir hierdie aankope van geboue nie, maar alle belastingpligtiges het daartoe bygedra, aangesien die staatskas, wat afkomstig is van alle belastingpligtiges, en nie net swart bemagtigers nie.

Hoeveel belastingpligtiges is daar aan die einde – wit, bruin, geel, swart, en elke ander kleur wat in die land is het hiertoe bygedra.   Hoekom moet dit net aan swart uitgedeel word en net swart bevoordeel word?    Alles gaan nie oor net swart in die land nie, ons almal gaan onder en verdrink, maar net die elites dryf bo met hul reddingsboeie.

*

Die voorgestelde ondernemings sal as ondernemings (soos die korrupte SOEs bestuur word.    Die geboue sal goed bestuur moet word, want anders sou huurders nie huurkontrakte hernu nie. Die bestuur sal moet fokus op die groei van die onderneming. Namate die onderneming groei – en die ekonomie hopelik stabiliseer en ons ‘n mate van opbrengste in die opbrengste sien, kan die maatskappy papier vir verkrygings en ontwikkeling uitreik. Dit is duidelik dat die maatskappy, as ‘n genoteerde entiteit, toegang tot die skuldmark het en dit vir groei en uitbreiding kan vergroot.

.

Dis natuurlik ‘n ander punt, gaan hierdie nes Eskom en al die ander SOE’s bestuur word, in die grond in.   Gaan al die “swart bestuurders of elite poste” slegs vir swartes , soos tans die geval, gereserveer word, en waar beland al hierdie dan, ook in die elite se sakke, soos met Eskom, Denel, SAUK, SAL en ander?

Om swartes te bevoordeel en aan te stel soos met die SOE’s het ons almal benadeel en het swart bemagtiging absoluut niks vir die armes beteken nie.   Dit is ook ‘n internasionale misdaad om na 26 jaar steeds diskriminerende en rassistiese wetgewing toe te pas en ons land in chaos te dompel.

*

ROOI GEVAARLIKTE FLIKKER SEDERT 1960 REEDS, TOE ANC BEGIN HET OM DIE LAND TE SABOTEER

So ‘n inisiatief kan nie van die grond af gedryf word nie. Dit sal op senior regeringsvlakke ingryping benodig om die proses te motiveer en te bevorder. Die uitdaging sal wees dat indien die regering dit te veel kompliseer met swaar prosedures en regulasies, dit waarskynlik nooit die lig sou sien nie. Maar dit hoef nie so te wees nie. Al wat nodig is, is dat die Departement van Openbare Werke ‘n portefeulje van eiendomme moet identifiseer wat besit word deur byvoorbeeld die nasionale regering, wat die eerste sodanige entiteit kan vorm.

Soos genoem, hoef u nie ‘n tenderproses te ondergaan nie: ‘n korporatiewe finansieringsonderneming met genoteerde eiendomservaring kan adviseer en help om ‘n span saam te stel: die uitvoerende hoof, finansiële hoof en die bestuur en die noteringsproses kan bevorder.
.

Watter internasionale belangstelling sal daar wees as daar steeds rassisme en diskriminerende in die bestuur en beheer van die ANC is?

Watter waarborge gee dit aan enige belegger?   Korrupsie soos nou? Om nog verdere elite poste te skep en self verryking, gaan beslis nog meer skade as goed doen.

Hoekom moet daar byvoorbeeld afgewyk word van tenderprosedures waarvan heelwat reeds korrup is?   Die huidige tenderprosedures is ook onderworpe aan swart bemagtiging en regstelaksies se wetgewing.

Skaf eerstens diskriminasie en swart bemagtiging af , want indien dit voortgaan sal so iets op ‘n nog groter ramp afstuur.

*

Misdaadfaktor – 15% VAT inkomste

DIS HOEKOM DAAR MISDAAD IS IN DIE LAND

Die SA regering sal ook soos ander regerings, uit hul pad gaan vir ekstra inkomste.   Iets waarmee nie rekening gehou word nie, is dat enige vorm van misdaad, kring uit en ook hierop word belastings (VAT 15%) gehef, hetsy mediese sorg of versekerings en beveiliging… dus hoe groter die misdaadfaktor, hoe groter is die inkomste aan die staatskas.   

Versekerings en mediese eise beloop maandeliks hoog uit ons eie sakke.   Die aangeleentheid is nie deur Mboweni uitgelaat nie.   Versekerings wat uitbetaal.

Wie gaan so iets wegstoot as dit sonder enige uitgawe of arbeid wees, behalwe die misdadigers wat dit pleeg, word moontlik ook betaal vir hul dade.   Word hul gevang is hul “verblyf” van die beste gehalte in ons tronke.

Vuurwapens wat so bekom (gesteel) word, is waarskynlik die duurste artikel om te vervang en indien dit later gebruik word in ‘n moordsaak word daar vinnig daarvan ontslae geraak, sodat  niemand ‘n vinger na die moordenaar kan wys nie.   Diegene wat dus gewettigde vuurwapens het en in risiko gebiede woon, moet hul vuurwapens aanwend waarvoor hul ‘n sertifikaat gekry het en dit nie in ‘n kluis bewaar nie.

Misdadigers sluit nie hul vuurwapens toe nie.   Gebruik die vuurwapen vir selfverdediging.   Wen die regering regtig met die misdaad?   Beslis.   As skade aan huis aangebring is, betaal versekerings uit en nog meer word aan beveiliging spandeer.

*

Mboweni noem dit in sy toespraak en fokus dit weer eens op die diskriminerende en rassistiese swart bemagtiging en regstelaksie wetgewing.

As eienaar is dit nie nodig dat die regering toestemming nodig het nie en hoef dit nie eens te tender nie, want dit bied hierdie eiendomme aan die breë publiek deur middel van ‘n voertuig wat op die aandelebeurs genoteer word.

AANDELEBLOKSKEMA?

So word dalk 1000 aandele verkry vir Rxxx en later is dit R000 werd.  Heelwat mense gaan bly op persele, bou ten duurste, maar hulle het slegs ‘n aandele sertifikaat met ‘n aantal aandele in die maatskappy en besigheid.  Let wel geen titelakte is dan betrokke nie.

!!!!

PASOP OM VIR HIERDIE “BELEGGINGSTORIE” TE VAL 

*

The government is sitting on an economic stimulus goldmine but is not exercising it despite having access to companies, businesspeople and tried-and-tested methods that could unlock a stimulus package for the fiscus the likes of which have never been seen before.  The good news is that Finance Minister Tito Mboweni has emphasised that now is the time to move away from self-enrichment policies, and to look at vehicles that can help unlock true economic prosperity for the country.

Unlock R1.5 trillion property portfolio to boost economy – Mboweni

2 gedagtes oor “Beleggingsopinie – Tito Mboweni – Davos”

  1. […] Tito Mboweni het ‘n paar sake blootgestel met sy toespraak in 2020 te Davos, maar niks nuuts wat ons nie reeds weet nie.   Vir sommiges sal dit as net nog ‘n toespraak van verbygaande aard wees omdat nog meer geld benodig word (of gevat kan en gaan word met onteiening) om die inisiatiewe verder te neem – en moenie die buitelandse belegger se “bydrae” weggooi nie.   Dit klink hoeka al vir mens soos ‘n “ponzi skema” of aandeleblokskema geurtjie.    Daar het al hoeveel mense bloutjies geloop met die aandeleblokskema, dink aan die vakansieplanne, flexiplanne en daar is ook ander plase wat uitgegee word met Aandele.   Nooit word daar ‘n titelakte gekry om in so ‘n gebied te bele nie. Beleggingsopinie – Tito Mboweni – Davos […]

    Like

  2. […] ‘Hy erken ook dat daar nie ‘n akkurate bateregister bestaan nie en word dit algemeen aanvaar dat die regering êrens ongeveer R1,5 biljoen geboue besit, in vergelyking met die hele genoteerde sektor waar die markkapasiteit tussen R600 miljard en R700 miljard is, met die waarde van sy bates net onder of ongeveer R1-triljoen. Op grond hiervan is die regering die waarde van die bates die grootste eiendomseienaar.      Beleggingsopinie – Tito Mboweni – Davos […]

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s