BOIKOT DIE GHOEMA !!! – altans dit wil voorkom of daar steeds onttrekkings is – selfs borge wys hul staal teenoor Afrikaans. Moenie met AFRIKAANS mors nie en nog minder dink ons volks is julle voetvelle om rondgeskop te word. Sangers en kunstenaars is nog minder daar om mee gespeel te word, soos kat en muis in die parlement. Sangers en kunstenaars kan en het nog altyd vir hulself besluit – hoop ook dat hulle leer dat in ‘n multi-kultuur opset, word die “minderheid” van volke as minderwaardigheid beskou. Om blankes te probeer afdreig om ‘n liberale standpunt te probeer bewys gaan en sal nie werk nie. Ons menseregte word vir jare uitgewis – 25 jaar is ‘n baie lang tyd. Genoeg is genoeg.

***
Neem gerus deel op Front Nasionaal aan die gesprekke wat gevoer word –
https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/
***
ALLES OOR DIE VOLGENDE NOMMER
HOEDE AF
Front Nasionaal SA
Front Nasionaal gee hiermee erkenning aan die Afrikaanse kunstenaars wat standpunt ingeneem het en besluit het om weg te bly by die Ghoema Toekenningseremonie vanaand ter ondersteuning van Afrikaans en die reg tot Vryheid van spraak.
Multichoice het besluit om hulle borgskap van die Ghoema Toekennings te onttrek tensy ‘n lied “Die Land” waarin Steve Hofmeyr ook sing, onttrek word. Die beheerliggaam van die Ghoema Toekennings het, met meerderheidstem, besluit om bes te gee en die lied te onttrek.
Dit is gevolg deur ‘n koor van protes teen die besluit en ‘n aantal Afrikaanse kunstenaars en prominente rolspelers in die Afrikaanse musiekbedryf wat hulle in die openbaar van die Ghoema Seremonie en Multichoice distansieer en protes aangeteken het.
Front Nasionaal wil hiermee ons dank en erkenning uitspreek aan die volgende kunstenaars en rolspelers wat onbeskaamd standpunt inneem vir ons taal, kultuur en reg tot Vryheid van spraak:
Hier is van die name wat onttrek het
Jay du Plessis
Nicholis Louw
Bobby van jaarsveld
Bok van Blerk
Dewald Wasserfall
Arno Jordaan
Adam Tas
Corlea Botha
Arnold Coleske
Lianie May
Manie Jackson
Touch of Class
Pierre Rossouw
Heidi
Desmond Wells
Stefan Visagie
Immunadue
Bosveld Stereo
Overvaal Stereo
Bok Radio
Front Nasionaal ondersteun julle voluit.
Groetewense
Daniël Lötter
Nasionale Leier: FN
***
WILLEM PETZER
[…] Front Nasionaal – “Ghoema” – onttrekkings […]
LikeLike